verlorenes
wanneer is jy verlore
jy voel jy sak weg, verdrink
elke nuwe uitdaging raak teveel
nuwe dinge wat jou kop laat draai
alles gaan oor menslike prestasie
as jy nie kan wen nie is jy verlore
vergeet jy die klein dingetjies
wat by jou verbyglip
die klein suksesse
negeer jy hul
plek in jou
lewe
met die
ouderdom
kom die wysheid
herinneringe
in nuut
beskoue
perspektief
niks is
tevergeefs
alles is genade
ontvang dit met
dankbare hart
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.