sensuele vonk
jou sagte vel dra nog die vroeë dou
die varsheid van lente in jou loop
skep drome in ‘n ryp gemoed van hoop
sus my gedagtes in jeugdige vertrou
in jou oë glinster ‘n diep onthou
eeue-oue wysheid so stil verloop
wat niemand met rykdom kan koop
die skatkis wat jou siel so veilig hou
jy is, toujours et jamais, die brand
van jonge geur met ‘n antieke krag
wat saggies oor my koue lewe waak
ek vind rus hier in jou sagte hand;
wysheid van die eeue in donker nag
en jou ou siel my drome sag aanraak
© Tearlach.
(toujours et jamais beteken letterlik “altyd en nooit” in Afrikaans)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.