Die see se sang
Die see se sang
Die see sing so saggies vanogend
bruisende branders breek ritmies
getui-in
getui-uit
getui-in
afgestomp teen die storms binne my
miskien kan ek hier rus en vrede kry
die wippende water maak my seer stil
buigsaam soos die branders, breek my wil.
Sjoe-sjoe
ritmies eentonig heen en weer
daag die stille oseaan my uit
om weer te probeer
al is dit met ‘n kleiner skuit
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.