Jongste aktiwiteit:

Nimbus van heimwee

Hoe plak mens tyd weer aanmekaar vas
daar by die gekoekte knoop in ons las
soos sandkorrels wat deur ons vingers val
lê ons ontsnaarde spore oor my lewenswal.

Jou sagte soene swaai nog oor my wang
elke keer as ek so innig na my duifie verlang
ek voel jou steeds bruisend aan my are hang
met ons geheime inpetto die tortel se sang.

My woorde klink dalk nou leeg en verboemel
stil-stom deur ‘n yskoue wêreld verfrommel
maar ons minneversies is getatoeëer
oor my hart se gebreekte snare tot jou eer.

Gee ons tog net een oomblik in tyd weer saam
spring saam met my oor die rand van die maan
huppel deur die eindpunt van ons melkweg
en vul my siel laggend om jou leemtes te versleg.

Die hartseer feit van hierdie goue uur
is verglaas in die skrif teen die muur
ek is vol hiemwee hier en jy is daar
my liefie, dit maak my trane loodswaar.

Ek skryf vir jou bekoorde lumier gedigte
soms soek ek jou oë in vreemde gesigte
laat jou hart weereens in my voetstappe sink
sodat ek jou half-glas oorvol vol kan skink.

Vandag plant ek vir jou ‘n spierwit rosie
in my tuin langs ‘n outydse son horlosie
waar tyd geboorte kan skenk aan ons drome
onder die skadu van pers jakaranda bome.

Ek reis dikwels na ons plekkie ver agter nou
waar jou Old Spice geur aan my gisters vasklou.

© 2016 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
*1950 A G Visser styl gedig




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed