Jongste aktiwiteit:

nering

 

 

jou daaglikse beroep is meer as brood
dit vorm ruggraat van jou voortbestaan
waar hande skaaf en voete vorentoe gaan
word jy geslyp in vreugde en in nood

 

soos gawes wat die Skepper self ontbloot
moet jy jou ambag koester, leer verstaan
en met elke ruwe tree nuwe paaie slaan
en saai sodat die oes kan groei en groot

 

kyk mooi daarna, hou altyd jou gereedskap skoon
wees eerlik waar jy koop, verkoop of bou
en bly jou vakmanskap in klein dinge getrou

 

want soos ’n erfenis wat kinders kroon
sal jou nageslag op jou fondasie bestaan
hul eie hande die tering na die nering baan

 

© Tearlach.

(“Die tering na die nering sit” — beteken om nie bo jou vermoë te leef nie.)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed