voorpos
hoe is jy gekies
wat het jou gekwalifiseer
is dit jou onafhanklike siel
jou waagmoed sonder aarsel
het jy die gevoel van ewigheid
daardie gevoel van que sera sera
wat jou byna roekeloos laat
telkens op die brandwag
die voorpos van lewe
staan jy onbuigbaar
stil maar dieper
as die grond
waaruit
jy kom
© Tearlach.
(“voorpos” is ’n geldige Afrikaanswoord wat veral in militêre en veiligheidskontekste gebruik word en beteken ’n posisie of staanplek wat voor ’n hooflyn of front gevestig is.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.