ambagsman
dat jou eersteling nie joune sal wees
dat jy in geloof wel met jou geliefde sal trou
was dit dalk die warm hart van die houtwerker
wat jou kon lei na die aanvaarding van ‘n kind
dalk die vormende hande wat kunstig werk
ruwe hout in mooi vorms skaaf en skuur
die skeppings drang wat jou kon lei
jou liefdes daad met haar te trou
sy wat geseën was bo alle vroue
Christa D
Pragtig