Que Vadis Afrika
Waarheen met Afrika?
Ek het onlangs met ‘n hedendaagse “verligte” persoon gesels oor die idealisme van mense om Afrikane op te hef. Juis die wat voorheen minder bevoorreg was as ander. Dit was ‘n heftige gesprek wat gewissel het van die blote idealistiese siening to starre realisme.
Na bykans drie ure se geredekawel het ons besluit op die volgende antwoord op ons probleem:
Dat daar geen mag ter wêreld is wat die agterstand wat daar ontstaan het as gevolg van watter oorsaak ook al genoem, sal kan inhaal by die agtergeblewenes nie. Daar is eenvoudig nie genoeg geld of tyd daarvoor nie. Jy kan tog nie die hele wêreld tot stilstand dwing en alle ontwikkeling op “hold” sit tot die agterstand ingehaal is nie.
Die agtergeblewenes, sal self dalk die volgende duisend jaar eers hul Industriële revolusies en alle soortgelyke Rubicon’s moet oorsteek en ervaar soos deur die Europeërs dit moes doen, voor hul sal opvang.
O ja, en dan is die vraag ook nog of hul ooit sal kan inhaal, want teen daardie tyd sit die meeste hedendaagse Europeërs dalk al op Mars en ander planete. Dalk het hul dan al evolusioneer na AI robotte of iets dergeliks!
Jou mening hierop is welkom. Onthou egter hierdie gesprek gaan nie oor rassisme of party politiek nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.