Jongste aktiwiteit:

Desember 2023 – Veldslag projek

Beste INKers

Die vakansie seisoen het nou aangebreek, en ek verstout myself deur sommer te aanvaar dat ieder en elk ruim tyd gaan rantsoeneer vir ‘n opwindende en sikkepit komplekse uitdaging.

Die tema vir Desember is: “Aan die vooraand van ‘n groot veldslag”

Die veldslag hoef onder geen omstandighede fisiese oorlog te wees nie. Die skrywer kan die tema op eie manier interpreteer, maar dit mag nie so ver afwyk dat die tema nie herkenbaar is nie.

BAIE BELANGRIK!! NEEM KENNIS!! 
Ek gaan ook oor hierdie tydperk uitspan saam vriende en familie. Ek vra dus dat julle geduldig sal wees aangaande die uitslae en kommentaar. Moet asseblief nie vir Anze lasting val met navrae aangaande dit nie. Ek sal poog om dit so gou moontlik af te handel sodat dit gepubliseer kan word. My dank byvoorbaat.

DIGTERS:

  1. Gebruik die tema om jou gedig te ontwikkel.
  2. Daar is GEEN voorskrifte aangaande rympatrone, lengte, of vorm nie.
  3. Jy MOET ten minste een neologisme skep. Dui jou nuutskepping onder jou vers aan en verduidelik dit indien nodig.
  4. Jy MAG NIE die tema as titel gebruik nie.

MENINGSTUKKE:

  1. In minder as 400 woorde, gee jou mening oor die nodigheid (of nie) van moderne “veldslae” tussen nasies, vennote, vriende of familie.
  2. Meld asseblief jou woordtelling.

RUBRIEKE:

  1. In minder as 400 woorde, skryf jou rubriek oor ‘n persoonlike “veldslag” waaroor jy getriomfeer het.
  2. Meld asseblief jou woordtelling.

ARTIKELS:

  1. Kies jou gunsteling veldslag uit die geskiedenis en doen navorsing daarvoor.
  2. Deel die feite met jou leser in minder as 800 woorde.
  3. Dui jou woordtelling aan.

VERHALE:

  1. Skryf jou kortverhaal in minder as 1000 woorde.
  2. Interpreteer die tema op welke wyse ookal.
  3. Jy mag nie die tema as titel gebruik nie.

Innoverende skrywers doen dit, sonder skaamkry of swaarkry tot hul dit klaarkry, in AFRIKAANS.

Mag die voorspoed en Gods genade jul elkeen se deel wees in hierdie feestyd. Aan elkeen ook, wat nie Kerstradisie volg nie, wens ek voorspoed en goeie dinge toe.

Lekker skryf
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed