opdrag 7
die reuk van oggendlyf
eggo steeds teen die binnemuur
wat met voornagwarboel, sekuur
die smaak van pyn weg kon vryf
en die eksegese van òns teks kon beskryf;
uur
na uur
verder, verder weggedryf
na werklikheid van nèt wens
waar gister se soet
en lyflief steeds, weer die bitter skink;
weer (en weer) verskuif die grens
van vroegdag, tot waar winter
gister sy geel kom skink
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie