Jongste aktiwiteit:

SKIET STILSTAND

410 woorde

Dis nogal ‘n stryd as jy nie regtig weet waarteen jy baklei nie.
Die monster groei in jouself en vernietig jou liggaam daarna jou wil om terug te veg en laastens steel dit die hoop wat jy gekoester het.
Ek dink die skok kom en omdat ons altyd dink dit kan nie met ons gebeur nie.
Kom ek neem julle saam na my veldslag en die enigste wapen wat hierdie oorlog kan wen.
Ek het geruime tyd in 2019 gevoel ek sluk teen ‘n sementblok vas. My keel was geswel en die knoppe was sigbaar wat my selfbewus gemaak het. Ek het by ‘n medies aansoek gedoen en in 2020 kon en ‘n dokter sien in die verbrand. Die eerste wonderwerk was dat die fonds my aanvaar het met my bestaande kondisies, net genade. Na ‘n sonar en besoek aan die chirug is ek geskuduleer vir ‘n totale thyroidektomie en senu- omleining. Die covid toets is gedoen en daar toets ek positief. Die eerste geval in vierfontein. Die inligting is oor radio overvaal verkondig en was op facebook met kommentare wat my baie ontstel het. Mense het in Mei 2020, nog nie veel van covid geweet nie. Ek het twee weke in isolasie gebly weens my kronies toestand van hoë bloeddruk en hartprobleem het die departement van gesondheid van sebokeng in Johannesburg sowel as van Bloemfontein my besoek. Mense het fotos van my huis geneem, die dorp was ‘n skindernes. Die operasie is 29 Junie 2020 uitgevoer en wat na twee ure in die teater moes wees het verander na ses ure weens komplikasies. My suurstof het bly val en ek is ICU toe. My oë het die deure dopgehou vir my man, maar niemand is by hospitale toegelaat nie.
Met my opvolg na die operasie het ek oorkant die chirug gesit en moes hoor ek het kanker. Alles was gereël by ‘n onkoloog vir bestraling. Ek was vir die eerste keer dankbaar vir ‘n masker. Ek het penregop daar uitgestap terwyl my hart, siel en oë geween het. Die nuus van kanker het deur my wese kom ego.
My man, my enigste liefde het my vasgehou en verseker ons sal deur dit kom. Bestraling het gou gevolg, die isolasie en wit mure. Die groen radioaktiewe pil wat ek toegang tot my liggaam gee. Die gevoel van melaatsheid, die oorweldigende gevoel van magteloosheid het my oorweldig. Die badkamer se koue wit teëls het my vriend geword terwyl ek nagte om die toilet deurgebring het van naarheid. Ek het “why me Lord” geprewel en my alles gegee tot die einde van die liedjie.
Ek verdien nie U liefde nie. Ek verdien niks uit verdienste nie. My vyand het my aangeval, ek het geval, maar ek is nie oorwin nie. Vir nou is daar ‘n skietstilstand. Die kanker is ‘n jaar in remissie.
As ons weer wapens moet opneem weet ek in my hart, ek is ‘n oorwinnaar nie ‘n verloorder nie.
God was voor my in die teater en weer met die radioaktiewe bestraling. Hy sal altyd met my wees, my siel versterk dat my mond sal bely, “God is goed en in beheer”.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed