Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

TOE SPOTTERY SE HART GAAN STAAN

RUBRIEK
Soos dit seker in enige kaalvoet seuntjie se lewe gaan, moes ek ook ’n spottery gedurende my kinderjare verduur onder die venynige tonge van ander kinders soos: ‘Haai kyk ouens, hier kom ou Piet Ore aan. Kyk sy ore lyk soos aanhalingstekens waartussen sy afdraande longdrop-bakkies hang. Ja, kyk sy neus lyk soos ’n misplaaste uitroepteken, wat in vetgedrukte letters tussen die kommas van sy padkaart-oë op sy bolip aftuimel, terwyl sy onderlip, wat lyk soos verslyte motorbande, krampagtig aan sy mieliepit-tande klou. Dan het almal geskater van die lag. Ja, julle ouens, kyk mooi na ou Piet Ore se deurskynende pienk ore. Toe hy twee jaar oud was het sy ma sekerlik gewonder of hy wil loop en of hy wil vlieg. En, haai Piet Ore, pasop tog net dat ’n dwarrelwind jou nie vang nie, anders draai jy dalk jou eie nek om.
Ma kon my nie beskerm teen sulke vernederende gespottery nie ek het dikwels my pyn en woede in die magtelose trane van haar oë gesien.  Dit lê soos jaarringe in my wese gegraveer op die emosionele vlak van my lewe. Hiérdié tonge was verwoestende emosionele swaarde in my jong lewe as kaalvoet-seuntjie. Ek moes net eenvoudig ’n uitlaatklep vind anders sou ek my kop verloor. Daarom het ek as jongman by die land se spesiale taakmag aangesluit om daar ’n uitlaatklep vir my opgekropte emosies te probeer vind.
Tydens my opleiding en tot groot vermaak van sy mede-soldate, het ek knaend deurgeloop onder die skerp vernederende tong van my instrukteur: ‘Jou ore lyk soos askoestiese satelietskottels en jou neus soos ’n wankelende radiomas wat bokant jou morsekode-snor uittroon. Sou die vyand ooit, ons in ’n hinderlaag lei en op ons begin skiet sal ons veilig skuiling vind deur net agter jou ore die dek te slaan en veilig daaragter weg te kruip.’
Op patrollie het stilte skielik die klankgrens gebreek en die aarde in infrarooistrale oopskeur. Geskroeide vlees en been en bloed het my neusvleuels gedikteer en spottery se hart het gaan staan terwyl masjiengewere angswekkend kletter.
Die versoeking kon ek nie weerstaan om uit benoude humor triomferend te skree: ‘Sersant! Kom kruip julle almal net veilig agter my ore weg …’

————————–oo00oo———————
©Pieter Mostert
STERGRADERING: SILWER
(Woorde = 385)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak