Jongste aktiwiteit:

Amptenaar

ongeag die taak
wat netnet die familie
in pap en onder velle hou
alles is reg hier meneer
glimlag die amptenaar

ongeag die taak
ons soek na verhogings
in pap en velle bronne
net sonder risiko meneer
vra die amptenaar

dan tjailatyd
huistoe is nou al taak
waar oë toe val in tv klug
niemand vra ń nuwe kanaal
die amptenare is vas aan die slaap




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed