
Anderkant die reënboog
My hart lê tussen tussen windpomp en klip
beur uit soos ‘n diasy wat nooit vergeet –
slinger soek vir ‘n laaste gevoel
voor die droogte in sy eie stof verdrink
en die voetpad na nêrens sy afdruk vermink.
Dwarrel tussen kaalkop en kremetart
wyl die son-spook stil verby my gaan
en jou beeld soos ‘n skadu skim aan die verkalkte
reste van my brein hang-
koester ek nogsteeds ons verlang.
My lief, jy sê jy sal altyd daar wees –
wens so ek kon teen jou bors rus,
wens ek kon jou sien in die reënboog van anderkant,
dat die brûe van doods skaduwee kon vergaan
en ons liefde vir altyd kon blink soos die maan.
In ‘n liefdes duet –
om ons liefde te bely in die mooiste neurie-klank
gee ek nogsteeds my hart vir jou lewens lank.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.