add_filter( 'woocommerce_geolocate_ip', function () { return 'ZA'; }, 1 ); add_filter( 'woocommerce_geolocation_ip_lookup_apis', '__return_empty_array' ); add_filter( 'woocommerce_geolocation_geoip_apis', '__return_empty_array' ); Bakhand voor die Meester - INK

Jongste aktiwiteit:

Bakhand voor die Meester

Bakhand in U teenwoordigheid pleit ek om hulp o Heer. Bakhand is my soeke want U hulp is verseker, keer op keer. Sonder U leiding is ek niks, sonder U teenwoordigheid kom alles ook tot niks.

Dink aan my, feilbaar en sondige mens, U was my eerste en sal tot in ewigheid bly, my laaste wens. Voel ek bedruk, dan troos U altyd. U Gees dra my in elke omstandigheid…
Bakhand pleit ek deur gebed wat geen perke ken, geen afstand kan stuit.
Uit my omstandigheid roep ek luid vir u teenwoordigheid.

Wanneer die donker om my vou, weet ek wie ek kan vertrou
Die stille Gasheer in my gemoed
bly die Here, Hy maak alles goed.

Hou U o Heer oor my die waak, wek my ook met dankbaar lied diep uit die hart. U beloof om my nooit te verlaat,
sien my, bakhand voor U raak.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed