
bergie
jou vuil snotbesmeerde gesig
vodde en lappe van wat oor is
bruin van maande se stofslaap
bloedelope oë drup dwelmsap
waar het jy die nag deurgebring
teen watter muur het jy geslaap
reêndruppels sit nog in jou hare
meng nie met die vetterige vuil
wie was jy in jou menselewe
wat het jou tot hiertoe gebring
vrae en vrae bly onbeantwoord
tot ondernemer jou kom oplaai
wie se medemens is jy ou man
wie en wat het jou so verniel
is dit net jou eie vernielsug
het jy net afgeval van brug
© Tearlach.
(Haweloosheid is vandag een van die ernstigste sosiale probleme wat bykans niemand kans sien omaan te spreek nie)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.