Jongste aktiwiteit:

distels en dorings

 

 

met beswete gesigte

moes edoniete buite eden eet

omdat aarde vervloek was na sondeval

skraal grond, woestynvorming, springkaanplae

plaasmoorde, misdaad, korrupsie en sonde

goddeloosheid sal soos vuur brand

distels en dorings in rook opgaan

selfs rose wat dorings dra

en distels wat blom

braak ‘n nuwe braakland

waar geen distels en dorings groei

waar mielies, koring

en vrugte bloei

 

© Tearlach.

 

 

 

 

 

 

 

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak