Meimaand
Wat is dit omtrent Meimaand?
Dalk is dit die gekleurde blare wat net so deurmekaar soos my gedagtes oral rondlê vir almal om met hulle stewels oor te loop.
Ek vermoed egter dis die koue. Dit kom skrop nes so neffens my hart. Dis maande soos die dat die koue en verandering my laat wonder of mens nie kan gaan wegkruip nie. Iewers in die Karoo, waar mens weer kan leer wat dankbaarheid is of in die berge wat ons eie ego’s so bietjie kleiner voel en ons perspektief kan kry.
Dalk langs n bosveld vuurtjie waarin jy kan staar tot waar jy al die vrese, onsekerheid en slegte dinge wat daar diep in jou gedagtes broei, bekyk het en kan besef, die son sal weer skyn.
Daar sal weer ‘n somer kom en ons almal sal weer kan glimlag. Maar vir nou is dit ook goed om ons panser kombersies styf om ons te draai om die koue uit ons harte en gedagtes te hou, want daar is altyd hoop, iets om na uit te sien, al is dit net die warm beker koffie.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek