Jongste aktiwiteit:

Afrikaans is my herkoms

Kombuistaal! is dit uitgejou.

Verban uit skool en staat.

Dis platvloers en hopeloos grof

net 44 oor wat dit praat.

 

Die taal is nie van Afrika,

Europa toe!  het skares gegil,

maar, Afrikaans is steeds die taal van my hart

so, ek sluk maar die bitter pil.

 

Afrikaans is my herkoms,

my toekoms, my deug.

Ek sal dit uitroep en praat

tot my laaste asem teug.

Afrikaans is my wese,

my kultuur, wie ek is.

Ek sal dit uitbou en koester

tot ek in ewigheid rus.

 

Afrikaans is nie ‘n taal nie.

Dis inherent deel van my.

Dis musiek en dis boeke.

Afrikaans sal ewig bly.

 

Afrikaans is my herkoms,

my toekoms, my deug.

Ek sal dit uitroep en praat

tot my laaste asem teug.

Afrikaans is my wese,

my kultuur, wie ek is.

Ek sal dit uitbou en koester

tot ek in ewigheid rus.

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak