Jongste aktiwiteit:

sensasie

 

 

verbasing op jou gesig

uitsonderlike gedagtes

uitbundige vreugde vir iets nuuts

onge-ewenaarde reaksie

wat sal ons nog kan tref

alles wat aandag trek

beginsel van media

kul jou hier  kul jou daar

alles is nou mos waar

olifante met mierkoppe

kameelperde wat mekaar abba

mense wat op wolke staan

politieke professieë galore

alles vir die oomblik

daardie oomblik van plesier

om aandag van werklikheid

af weg te trek en te verbloem

wat die waarheid dalk is

waarop is jou waarheid geskoei

op sosiale media-sensasie

of op die ware Lig en Waarheid

vir die ongelowige ewe dom

en stom van verbaasde krom

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak