Jongste aktiwiteit:

vet


van die vet van ons land
lewe julle nou al vir twee dekades
die wit beendere steek oral uit
meeste van die sagte vleis
reeds daarmee heen

eeue se bouwerk verniet
met groot gierigheid opgevreet
selfs aasvoëls het nie aas nie
geraamte hang droog
in die wêreld wind

aanstons kom die maerte
smartlike honger en doodslag
gevegte om kos te bekom
ouers vreet kinders
kind vreet ouers

die hele wêreld weet daarvan
soos in bosnië gee niemand meer om
massa vernietiging lê voor ons deur
brood sal duurder wees as geweer
geld by emmers vol sal verweer

sage van nog een westerse beskawing
wat soos in kartage tot niks vernietig word
een laaste donker eeu aan die kom
voor die lig sal deurbreek
as Hy op die wolke kom

©Teãrlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed