Jongste aktiwiteit:

Tussen die duine (lied)

my hart reis tussen die duine rond
tussen die fyn waaisand van die tyd
waar skroeiende brandertjies van verlange
oor my wange spoel
soek ek na jou

Koor:
my hart reis tussen die duine rond
straat-op straat-af soek ek rond
duin-op duin-af kyk ek uit vir jou
tussen die duine soek ek na jou

tussen huisies vervalle en verlate
toegewaai onder die sand
waar eens jou spore was
loop nou net spoke snags

op die horison staan ’n gemsbok
in ongeloof en staar
oor die mens wat hy hier gewaar
alles is so godverlate
net ’n geitjie blaf
en ’n jakkals tjank
aan die duine kant

Koor:
my hart reis tussen die duine rond
straat-op straat-af soek ek rond
duin-op duin-af kyk ek uit vir jou
tussen die duine soek ek na jou

ek kan jou nêrens tussen die duine vind
waar ons eens saam gelag en gespeel het
saam as kind ons toekoms drome gedroom het
huisies gebou het in die sand en die wind

ek hoor die winde rou
ek wil jou so graag nog net een keer
weer in my arms hou
my liefde in die diep poele van jou oë baai
gister se hartseer onder die sand sien toewaai

My hart reis tussen die duine rond
tussen die fyn waaisand van die tyd
soos skroeiende brandertjies van verlange
oor my wange spoel
soek ek na jou

Koor:
my hart reis tussen die duine rond
straat-op straat-af soek ek rond
duin-op duin-af kyk ek uit vir jou
tussen die duine soek ek na jou
———–oo00oo————-
©Pieter Mostert




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak