Jongste aktiwiteit:

YHWH Mei projek Silwerklas

YHWH

my tyd het stof geword

en die laaste woord is reeds gesê

die stilte het nou opgehoop

deerlik dra ek die dood

binne-in my ontheemde liggaam

wat my einigste maandaat was

om die aarde lief te hê

nou word ek laai vir laai uitgepak

en dis net die leë binnekant

wat my nog raak en ek kom

lê nou die my lap van my lig

voor Sy deurboorde voete

dis met my eie woorde geknoop en hy

glimlag wanneer hy ligvoets daaroor loop

in die eenvoud van die vier mure om my

vergeef ek voor jy my daarna vra

my leef is blaardun geherfs

en diegene om my is oorweldig deur

die dun deuntjie van verdriet

want nou gaan ek terug na daardie

onstuimigheid wat voor my was

YHWH




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak