as jy dromme hoor
laatnag se taksiegeluide
soos dromme oor duineveld
klink soos stemme van dooies
wat optrek in stryd teen doderyk
so klink stemme van oral op in land
waar dromme slaan – vure brand
opruiende toesprake regeer
diep ondermaanse drang
na vore tree in grynslag
wat oor dae versprei
maande se onteer
respek is verloor
vrees is oorwin
impis gevorm
harte gepomp
met dwelms
van haat
strydperk
uitgespel
staan op
staan op
vir Jesus
laat Sy vaandel
vooraan pryk
Sy Leërskare
in slagveld
lei
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.