Nuwe hart
Plant my op ‘m heuwel
naby ‘n dam
‘n dam
met ‘n blinkpad na die maan
Op die dam se rand
op warm sand
waar die water
sondruppels spat
Ek wil
na die hemelruim staar
wil sing en dans
en my stukkend lag
Oorvul die dam
skitter jy
in glans na my
nuut!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek