Grondgebied genade
Grondgebied-genade
die grond onder my voete het U gegee om te betree
elke asemteug en dag aan my geleen
my hartklop die ritme van U liefde vir my
my aardse woning geskenk om U te eer
elke paadjie wat ek neem is my keuse wat U gee
U genade vir my van Bo ‘n seën
om U kind te wees en myself aan U opdragte te wy
U my Leermeester Wie my elke dag leer
as die afdraai-donkerte om my lewenspad vou
sal U my kom haal met U skitterende Lig
waarmee ek met vertroue elke tree kan gee
op my genade grondgebied deur die hele wêreld heen
U lei na plekke waar ek rus sal vind en U my sal vashou
vrede en vreugde waarheen ek kan vlug
en dankbaar elke aand my hoof kan neerlê op die onbekende weë
waarheen ek U volg op U grondgebied wat U aan my leen
©Kopiereg Linda du Plessis 18/1/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.