Jongste aktiwiteit:

Kaapstad

Kaapstad

ek staan op die hawe van Kaapstad
met die Waterfront wat verlange bring
liefdeslied wat heimwee aan my hartsnare vat
sing ja kom ons laat ons vir oulaas sing

op die vlerke van ‘n albatros
stuur ek jou my droomwens
op die vlerke van ‘n albatros
tot dit aan die punt van die hemel grens

vissersbootjies elkeen opgetooi
wieg sag in die golwe van die kalm see
wit blou geel groen en in spatsels rooi
bring dit met Tafelberg verlange mee

op die vlerke van ‘n seemeeu
stuur ek jou my droomwens
op die vlerke van ‘n seemeeu
tot dit aan die punt van die hemel grens

hier het ek en jy dae om hand aan hand
gedwaal en winkelfliek drentel gedoen
het ons met ons voete in die kant
wit skuimpies opgeskop as jy my soen

op die vlerke van ‘n flamingo
stuur ek jou my droomwens
op die vlerke van ‘n flamink
tot dit aan die punt van die hemel grens

nou stuur ek net onthou rose vir jou
in my drome op die vlerke van ‘n duif
en brand my kerslig dof en verflou
as jy die laaste keer vir my vaarwel wuif

op die vlerke van ‘n posduif
stuur ek jou my droomwens
op die vlerke van ‘n posduif
tot dit aan die punt van die hemel grens

©Kopiereg Linda du Plessis 12/1/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed