Jongste aktiwiteit:

Kom vat my plaas- (Rap)

Kind van Afrika, ek daag jou uit
kom vat my plaas, uit my hande uit

waar die winde raas
en die windpompe blaas
waar die aasvoëls draai
en die elemente koning kraai

waar rooiduine roep
na ongediertes op my stoep
rol op jou moue
en trotseer die koue

droom jy van my plaas
waar die winde raas
hunker jy na my huis
of die geld in my kluis

hou op lawaai
hou op onmin saai
kom boer op my plaas
sonder sente
trotseer die elemente

sit op jou hoed
hou op koffie drink
en kuier op my stoep
kan jy boer as die elemente roer
en water is skaars
met wie gaan jy raas

wat jy saai sal jy maai
as jy die regering se arm draai
‘n boom word geken aan sy vrug
die naald se oog is terug

droom jy van my plaas
waar die winde raas
hunker jy na my huis
of die geld in my kluis

die room van my oes
het jy reeds verwoes

kind van Afrika, ek daag jou uit
kom probeer vat my plaas uit my hande uit
—o0o—
©Pieter Mostert

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak