Jongste aktiwiteit:

Ou bekende dorpe

Ou bekende dorpe

Uit my gryse ou verlede

En die vae ou gesigte

Deur die vensters van my lewe

Waar ek was

 

Was dit bloot ‘n hersenskim

Illusies van my lewe

Vergete visioene

Of beelde sonder rede

Wat my laat val

 

Maar ek sal aanhou soek na wense

van lank vergete mense

Maar die tyd kyk deur die lense

en op die stene vind ek grense

 

Kyk die seders staan in vrede

Maar op graniet huil die leuse

Ou geleende mense

Met tyd verbonde grense

 

Kyk die dood was ook ‘n asem

Maar tot einde kom sy waansin

Ek bly na jou verlang

Deur die stiltes bly ek staan en wag

 

Die dood is ‘n bekende

En die hemel ken geen grense

So flits ek deur die geslenter

Van lank vergete mense

Na wie ek verlang…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak