Jongste aktiwiteit:

vryheid (Goud)

sy had genoeg van verwronge onderwater stemme

wat met bruisende finaliteit haar siel binne wil stroom

lamgelê ná die laaste storm het sy oorgegee

terug gesak in die einste malende waters

 

toe het sy ligvoets deur die water gewaad

haar toonpunte in die modder-aardbodem ge-aard

 

sy het die vyandige dieptes

van die water agtergelaat

met die rou aarde onder haar voete

kon sy met vaste(r) tred hardloop

 

op die horison se skof het vryheid haar ingewag

en opregte beloftes van die vrede waarna sy smag

 

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025

 

 

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak