Jongste aktiwiteit:

oorvloed (Goud)

die heelal koester die aarde in oorvloedige seën

dit eggo en bons van sonstraal en reën

die sonsondergang se eb en vloed

~ die dag se terugtrek…die nag se sterregroet ~

 

is oud soos die aarde maar telkens splinternuut

die aardse polsslag klop in ritmiese saluut

 

met elke dagbreek vol beloftes

loop die aarde oor wat die oggendstond van vol is

grond, water,vuur en lug

gee mildelik lewe sonder selfsug

 

in die hemelruim gebeur als in tydwaarde

en net so ook op die aarde…

 

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025

 

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak