Aartsvyand
Aartsvyand
‘n Reuse Korona massa uitstorting van die son het tydens September in die jaar twintig vyf-en-twintig die lewe op planeet Aarde drasties verander. Die son was nie meer die aardbewoner se hoofverskaffer van energie en vennoot van warmte nie – nee – dié hoofkarakter van die aarde se heliosentriese sisteem het verrys tot ‘n drogbeeld van stille vernietiging van’n lewe van gemak en tegnologiese vooruitgang, soos wat aardbewonders lewe op aarde geken het.
Op ‘n helder Suid-Afrikaanse lentemiddag het die son besluit om ‘n reuse plasmawolk in die aarde se rigting te spuug. Sonder waarsku het die bol gelaaide gasdeeltjies na ‘n voorspoedige reis van 15 ure die aarde se niksvermoedende oppervlak binnegedring…tot verreikende gevolge vir die aardbewoners!
Joey Stravos, Kwantum Fisikus van die Universiteit van Kaapstad, was destyds besig met haar meestersgraad in alternatiewe energiebronne. Die aankoms van die gasmassa in die troposfeer is aangekondig in ‘n skielike bleekgeel skakering van die Kaapse uitspansel, met ‘n onmiddelike verhitting van die lug net onder die warm kombers van die stratosfeer. Joey was oortuig daarvan dat een of ander hemelliggaam deur die termosfeer gedring het en nie in die mesosfeer gedisintegreer het, soos ander meteoriete gewoonlik doen, nie. Die episenter van hierdie ongemagtige inbraak was al langs Kaap Alghulas, naby Kaapstad, aan die suidpunt van die kontinent van Afrika.
Alle satelietkommunikasie en GPS seine is onmiddellik verloor.
Regoor die wêreld het skokgolwe van vrees golf-op-golf elke hart deurboor. Merk hierdie gebeurtenis dan die einde van die mensdom?
Helaas nie.
Die son se aanloklikheid het verander in ‘n stille vrees wat elke aardbewonder tot stilte en onderlinge samewerking geskok het.
Die plasmawolk het vinnig en regoor die aarde versprei. Songelaaide partikels het die kragnetwerkte binnegedring en die werk van alle grootskaalse tegnologiese kettings in ‘n oomblik tot stilstand gebring. Water kon nie na huise gelei word nie, en voedsel kon nie geproduseer word nie. ‘n Era van internet, selfoongebruik, sosiale platforms en ander slim uitvindsels het ‘n stille dood gesterf. Besighede het bankrotgespeel en die ekonomie…wel…daar was nie meer ‘n ekonomie nie…
Vir twee jaar moes die aarde terugkeer na die baarmoeder van sy beginjare – vir twee jaar moes aardwesens ‘n gevorseerde moderne ystertydperk intree.
Dit was ses jaar gelede.
Joey staan op die dak van haar etanol-aangedrewe motor en staar deur haar sonbrille na die see van suikkerriet wat ver oor die horison strek. Die lug is ‘n skerp blou spatsel. Haar mond trek wrang. Wie sou kon dink dat die soetheid in hierdie plant die redding van ‘n nasie kan wees?
Haar navorsing was op papier. Haar berekeninge was perfek. Kort voor lank het etanol-produksie as alternatiewe energiebron die van sonkrag verbygesteek. Die son het sy houvas op die aarde verloor.
Die vervaardiging van bio-brandstof vanuit die fermentasie van suikerriet is in Brazilië getoets. Joey was daar, ‘n onervare gegradueerde, ‘n etlike aantal jare voor die sonvlam. Sy glo vas dat etanol – energie die antwoord vir die toekoms van alle aardbewoners is.
Dit is ook daar waar sy Berno Bahrikez, haar vurigste teenstander, doktor in alternatiewe energie, ontmoet het. Doktor.
Berno se antwoord vir die energiekrisis van die aarde is waterstof-brandstof selle.
Joey blaas onvergenoeg deur haar neus. So asof water ‘n onbeperkte energiebron is! Kyk die hoeveelhede platinum wat hy uit die aarde se maag kerf! Sy gee dit tien jaar voordat hierdie katalisator finaal opgebruik is! En dan, wat sal grote Berno dan as alternatief vir die elektroliese van water gebruik?
Die hele proses is onooglik en stimuleer geensins waardering vir moeder aarde en dit wat daar nog van haar oor is nie. Waterstof silos is monsters en onveilig en moet baie versigtig hanteer word. Aardbewoners is bang vir alles deesdae…
In die dae wat gevolg het direk na die sonvlam het Joey en haar span aan ‘n teorie gewerk waar alge direk vanuit sonlig etanol produseer. Grootskaalse algeplase is dwarsoor Afrika aangelê en die Algenol maatskappy is gestig. Berno met sy groot ego het ‘n stokkie daarvoor gesteek. Water was te kosbaar om te mors as groeibedding vir die alge – en kosbaar genoeg vir sy waterstof produksie!
Sy spring af, stof die stewelspore van haar dak af en klim in haar motor. Geruisloos ry sy tussen die suikerrietlande deur tot waar die suikerriettorings soos soekende vingers aan die uitspansel klou.
Die reuk van alkohol klim op in haar neusgate as die deur sag agter haar toevou. Andersins is die lug skoon. Die nuwe wêreldorde verbied ‘n koolstofvoetspoor van meer as twee persent per produksielyn. Die dikte van die osoonlaag het in die afgelope vyf jaar amper verdubbel en gemiddelde temperature van die aarde se oppervlakte het met meer as sewe grade selsius gedaal. Dit wys jou net, waar daar ‘n wil is, is ‘n weg.
Die etanol aangedrewe deure swaai stil agter Joey toe.
Aardsbewoners was vir honderde jare aartsvyand. Kan die Groot Hand die wyser van die tyd terugdraai?
Moeder aarde lek haar wonde en snik in haar hartseer in maan se groot wit sakdoek.
En weliswaar…
nou, na vyf jaar, is die lug skielik skoner, siektes en allergieë is minder, en die aardbewoners is gelukkiger. Almal pluk die soet vrugte van inkeer en omkeer.
Almal behalwe Joey.
Dis verstommend om te sien hoe aardbewoners nie in basiese vrede met mekaar kan saamleef nie. Die gemiddelde aardbewoner is wel belese, vooruitstrewend in aardse kennis, maar algeheel gebrekkig in sy vermoë om sinvolle onderhoubare verhoudings met mede aardbewoners te kweek.
Of met moeder aarde.
Hoe lank moet slim wetenskaplikes die aarde probeer red van sy aartsvyand, die aardbewoner? Hoe lank voor algehele verval weer aan die orde van die dag is?
Joey het geleer om met jaloerse mededingers in vergaderings te sit en selfs gedreig word. Alles net omdat sy die antwoord gehad het. Hul menings en pogings sal en wil nie werk nie.
Een laat aand word Joey se onderhoud met die media uitgesaai.
Baie verbaas het miljoene mense na die uitsending gekyk, verstom om rede geen bekendmaking van die uitsending gedoen is nie, rede was eenvoudig vir veiligheid.
Daar is baie mense wat dit sou wou keer dat joey die media te woord stel.
Vinnig en kort media verslag is voorgelees deur Joey met geen tyd vir vrae deur media want sy en beveiligingspan moes vertrek voor die geheime plek waar die media bymekaargekom het, uitgelek word.
Joey lees duidelik dat elke woord duidelik gehoor kan word.
Wees versigtig vir die Aartsvyand!!! Sy bestaan is waar en gevaarlik, maar een fout wat dit begaan het is om nie op iets groter en magtiger as hul bestaan te reken nie.
Joey glimlag en kyk reguit na die kameras toe, Nee nie ek nie maar waar ek my kennis en wysheid gekry het om ons almal te red !! Stilte.. dan lig Joey haar hand op na bo en wys na die sterre hoog bo in die hemelryk…
God ons skepper van Hemel en aarde, van mens en dier het my gehelp om almal op aarde te help want ons tyd het nog nie aangebreek dat die aarde vernietig word en verdwyn nie…
Joey stop om te praat en draai om en loop weg na die rigting van die veiligheidspan…
Baie lank na die media uitsending het mense en regerings gepraat hieroor, maar nooit weer Joey gesien of van gehoor nie… In die stilte verdwyn soos iemand wie se werk voltooi is te volle.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek