Jongste aktiwiteit:

ongeblus

 

een emmer vol van jou is reg

jou woorde glashelder diamante

jou gedagtes verhit die atmosfeer

suiwer die hardste staalveer

 

jou gees sweef eeue al rond

oor berge en dale van mensegrond

die grondstof van hul denke

jou ongeblusde wenke

 

sonder die krag van jou gees

sal daar geen korrosie kan wees

jy moet daar wees om te reageer

lewensregressie af te weer

 

trane is nie vir jou nie

in jou stel dit hoe hitte vry

verander jou silikate in glas

wat kliphard wil ontlas

 

word jou siel stil vrygestel

neutraliseer dit die plofkrag

verander gevaarlike elemente

in bruikbare instrumente

 

ongeblus is jy steeds

laat jou nooit blus, ou gees

behou die goeie magte

van al jou kragte

 

Ó Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed