Ek is hier, vir altyd …
wanneer woorde soos bliksems om jou val
wanneer die lewe voel soos ‘n donker dal
wanneer jy twyfel, en is spyt
weet dan ek is hier, nou en vir altyd
wanneer die dade van ouds jou seermaak
wanneer gebeure van lank gelede jou hart raak
wanneer verwyte jou siel uitbuit
weet dan ek is hier, nou en vir altyd
wanneer probleme soos ‘n kombers om jou vou
wanneer jy sukkel om iemand te vertrou
wanneer gedagtes warrel-waai wyd en syd
weet dan ek is hier, nou en vir altyd
wanneer jy voel jy het iemand nodig
selfs al is woorde soms oorbodig
‘n baken, ‘n lig, in jou alleenheid
weet dan ek is hier, nou en vir altyd
© borrels
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
borrels tien goue sterre vir hierdie werk