Jongste aktiwiteit:

narsisme

 

langsame, onbuigbare en wanaangepasde gedrag

dui op jou oordrewe gevoel van selfbelangrikheid

vernoem uit griekse mitologiese figuur Narsissus

wat op sy spieēlbeeld in waterpoel verlief geraak het

 

ek sien jou spoggerige narsistiese plasings

oral op sosiale media en jou volgelinge

wat “diensvaardig die uwe” handeklap

min wetende dat jou megalomaniese gedrag

veral tuis tevoorskyn kom in afbrekende effek

 

in jou meerderwaardigheidswaan sien ek

ook jou preokkupasie met jou gewaande sukses

jou briljantheid en die spesiale persoon wie jy is

jy beskou jouself as die “boodskapper”

van alle “boodskappers” presies en finaal

deur jou plasings bevestiggend herhaal

 

ongelukkig is die slegte nuus wel bekend

dat jou funksionele verswakking nog verder

soek na oorgrote behoefte aan bewondering

verminderde vlakke van empatie met ander

weerspreking van kritiek teen jouself

met nog meer onttrekking van realiteit

gevolg deur intense subjektiewe angs

 

wat moet ek met jou maak, my vriend ;

ja, jy is nog my vriend al verstaan ek nie

besef ek dat jy dalk nie eers bewus is  

van jou afbrekende invloed op mense nie

sal mense van verligting sug – wanneer

jou stem dalk stil raak op sosiale blaaie

wie sal jou onthou vir jou “sin van geregtigheid”

biologies of geneties – jy is “anders ; geestelik-siek”

 

Ó Tearlach.

(NPS is ’n geestesteuring wat gekenmerk word deur ‘n lewenslange patroon van oordrewe gevoelens van selfbelangrikheid, ‘n oorgroot behoefte aan bewondering en verminderde vlakke van empatie met ander.)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak