Jongste aktiwiteit:

enkeldoorn

 

kan een naam soveel beteken

 

van Enkeldoorn in Rhodesië in 1890

tot Chivhu in Mashonaland van vandag

op voetspore van die Afrikanertrekker

tot in annale van die Afrikaanse kerk

 

jy kan ook Enkeldoringboom wees

met vele medisinale gebruik en skadu

wat vryalgemeen voorkom in ons land

waar bos-en-dier en mens ontmoet

tot enkeldoringnoemnoem se soet

 

in die Bronberg-gebied beteken jy baie

jou tradisionele medisinale gebruike bekend

teen byna enige pestilensie werk dit

geslagsiektes, maagpyn, asemhalingsprobleme

vele ander probleme genees jou konkoksies

 

van Kwazulu-Natal tot Masvhingo

oor middellande en bergreekse heen

strek jou gebied waar jy floreer

daar het jy alles gesien gebeur

die vryheidstrewe van afrika

gruwelike hebsug van konings

jou jaarringe kan alles vertel

jou blom-en-peul onthou

selfs deur die maag

van die herbivoor

 

Ó Tearlach.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed