Liefde (Italiaanse sonnet) -Silwer-
Liefde ontmasker die chaos van duisternis
spieël-klei* my uit die stof van die aarde
wasem in my die asem van Sy waarde
en dig uit my ribbebeen deernis
slang het die genre in Liefde se gedig betwis
naak-verbrou probeer ek Liefde vermy
in die aandwindjie roep Liefde na my
agter vyeblare oë ek om vergifnis
maar Liefde het uit Sy eie ribbebeen
Sy Seun gedig om my te red
vir my ongehoorsaamheid te ly
in Getsemane het Liefde geween
op Golgota het Liefde my gered
om vir ewig in die genade van Sy gedig te bly
——————-oo00oo—————-
©Pieter Mostert
(* ‘spieël-klei’ = ’n Neologisme. ‘Spieël’ verwys na dit waarin die beeld van God weerspieël word as ‘model’ waarvolgens Hy die mens formeer uit ‘klei’ saamgestel uit die stof van die aarde.)
3 Kommentare
-

Ricco
Eersteklas! Ricco
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek