Heimwee (Italiaanse sonnet) -Silwer-
daar is soveel mooi herinneringe aan jou
jou skoonheid springgety ’n refrein
kontoer die kraters van my brein
bloeisel die orgidieë wat my hart hou
my oë trane die winde van onthou
neurie jou hart se liefdesein
proe die vingers wat jou lippe basuin
kameeldoring-sandskrif* ons belofte ewig trou
maar nou spieëltjie daar heimweë
raam saam eggo’s van ons herinneringe
bou ek my verlange op Sy naam
eendag sal ons twee na baie lewensweë
uitgekerf deur emosionele jaarringe
weer saam in Sy teenwoordigheid staan
——————-oo00oo—————-
(© Pieter Mostert)
[‘Kameeldorig-sandskrif = ’n neologisme. Dit dui op die briefies wat ons destyds vir mekaar met ’n Kameeldoring in die sand geskryf het.]
3 Kommentare
-
Ricco
Spesiaal en elegant! Ek is nuut hier en werk stadig deur almal se werk om jul besonderse kuns te leer ken. Met respek Ricco
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek