Ons storie
Ons storie.
Ek is die pen
jy die papier.
Ek vlek my siel
tussen jou lyne.
Ek skryf die woorde
jy gee hul ‘n tuiste.
Ek vul die lyne
jy lees tussen hulle.
Ek dans met my hande
oor jou skoon blaai.
Jy ken my woorde
ek ken jou elke lyn.
Die ink reuk so vars
jou wit dra ‘n storie.
Ons ken mekaar
volmaak vir mekaar.
Die blaaie raak vol
soos ons, die stories vertel.
Elke woord kry sy lyn
elke lyn kry sy vers.
Soms kwaad geskryf
soms fouteloos ontvang.
Soms vol verdwaalde punte
Soms sonder vol lyne laat staan.
Ek sal aanhou skryf.
As jy sal aanhou vertel.
(C) Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.