Jongste aktiwiteit:

KINTSUKUROI

Gebreekte kruik
is sy uitgewerp,
stukkend geval
maar nog plek-plek skerp…

As die Meester die stukkies
sag optel en met goud verweef
tot ‘n kleurespel en haar huistoe neem
na ‘n plek berei waar die lig deur
die goue krake skyn, ‘n baken
wat elk moeë siel
soos ‘n ligtoring
weer na die troon
toe lei..

© Anton Bosch 07/02/2019




1 Kommentaar

  • See-Jay-El

    Die digter trek hier 'n pragtige parallel tussen die gebreekte brokstukke van 'n lewe en 'n stuk gebreekte erdewerk. Watter pragtige beeld van hoop skep hy nie vir die gebroke vrou, dat God, "die Meester" haar deur sy fyngoud las en seëlwerk sal transformeer tot iets so besonders mooi, Selfs al is daar krake in haar siel, kan sy Lig deur haar skyn en so diensbaar wees vir Hom. Ek dink hier is 'n subtiele boodskap wat hier deurgegee word, dat ongeag van wie jy is, of hoe seer jy het, in jou gebrokenheid het jy steeds waarde en betekenis. Jy moet net toelaat dat die Meester die laswerk doen. Dis opmerklik dat die hoop element in hierdie gedig die seer element oorheers, amper of die digter wil sê moenie fokus op die skerwe en stukke op die vloer, maar kyk wat die eindproduk is. HOOP, INNERLIKE GENESING. Dit is 'n puik stuk wat tot elke mens spreek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak