epog
liefdes druppel in leliekelk
lewende geur van jasmyn
nektar-liefde sonder pyn
wat nooit ooit sal verwelk
oranje kleur in aalwynblom
versoete geur in die heuning
van koffie tee of gemmerling
wat nooit verbleik of verstom
my hart lewe in die natuur
ten spyte van lewensmerke
dankbaar tot die laaste uur
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.