DIE STRUGGLE IS REAL
Dis koud my vriend, dis baie baie koud!
My bene pyn, my jare word oud.
Ek kannie slaap nie, ek is so moeg.
So gedaan van die lewe se geploeg.
Die “kaya” van my met sink gebou
hou nie uit die winter se ysige kou.
Maar hier moet ek opslaan, die lewe te duur
vir iemand soos ek uit my portuur.
My tuisland is ver geleë van n stad.
Daar vergaan ons in armoede se smart.
Na stede moet ek kom om geld te verdien
‘Seblief my vriend kyk verder as wat jy wil sien.
Sal ons ooit verstaan
sonder die huil van n ander se traan?
Sal ons ooit begryp
sonder ervaring van n ander se knyp?
PAULA PAXTON©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Nee ons sal nie. Mens moet dit aan jou eie lyf voel.