Jongste aktiwiteit:

Gert Vlok Nel
vir

Gert Vlok Nel

Beautiful in Beaufort-Wes

En jy was beautiful in Beaufort-Wes
en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
en jy het op grafte en op treine
en op Ford Fairlaine se agterseats gevry
en nou is jy en jou man both computer analysts
en laas winter you tried to slit your wrists
en nou kan jy nie meer slaap nie,
nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie,
nooit ooit weer vir my soen nie

En mooi mooi mooi was jou woorde ook
terwyl jy menthol sigarette rook
en daai sweet sweet dinge vir my sê
terwyl jy sweet sweet in my arms lê
en die presiese woorde het ek presies vergeet
ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
en jou kaal liggaam onder ‘n cool summer cotton dress
nie meer slaap nie, nie meer lag nie
nie meer iets vir mekaar doen nie
nooit ooit weer vir mekaar soen nie

En dis miskien soos ‘n storie uit die Huisgenoot,
maar jy’t een aand skielik vir my weggestoot
en in die rear view mirror jou gesig gekyk
en gesê “miskien moet ek gelukkiger lyk”
daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
en het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
en soos ‘n roeiboot in die rivier afdryf
ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer iets ooit reg doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie

En die laaste herinnering waaroor ek sing
is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry
tot anderkant die ding dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
en dit was my wake-up call my lief
jy’t gesê wees asseblief lief vir my
maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
en ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer so iets doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie

© Gert Vlok Nel

i sagte reën het agtermiddag

i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.

ekeenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.

in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar ’n helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.

Rivier

Rivier, o rivier jy’s die diepste woord wat ek ken
op jou kon ek vaar na die see & na haar in die hoop
om haar hart te wen, maar woestyn is die woord
waardeur ek moet reis om haar hart te wen

Laasnag het ek in Pretoria geslaap
in die verkeerde stad by die verkeerde vrou
wat gemaak het dat
ek moet reis na jou toe in die Kaap met my hoed
in my hand deur die mees vreesaanjaende land
o my Liefling, kan jy my hoor daar waar jy slaap

Laasnag het ek in Bloemfontein geslaap
was bly ek kon in een dag so ver kom was bly
daar is nog blomme wat hikers optel (wou jou bel)
was bly die liefde gaan my nie verby was bly
dis nog net 1000 km vanaf die Kaap

Laasnag het ek in Colesberg geslaap
oorkant daai garage waar die prostitute wat die lorries bring
omdraai & terug hike na die Kaap ek het deur die lang
nag sommiges gesien
huil ek het enkeles gehoor sing miskien oor die
mixed feelings wat
om om te draai bring

Laasnag het ek in Beaufort-Wes geslaap
in die Wagon Wheel Motel wou jou bel
wou jou vertel ek is droomloos
vuisloos lewensmoeg & het genoeg gehad &
wil vir ewig by jou kom slaap & is nog net
500 km vanaf die Kaap

© Gert Vlok Nel

laaste herhinneringe aan magdaleen
– Gert Vlok Nel

toe jy my gelos het
het jy nooit weer i dooie woord geskryf
nie. ek het.
die boland hurk in jou somerrok se gewig.

ek het gese^ “as ek krismis kom vir jou”
kry i dennebol, wag geurig op die stasie
ek sal uitleun by die venster. malmesbury. clanwilliam. vredendal.
al die pad deur switserland.
(ek onthou ek het gehuil so, in die wind)

“ek het jou” in i droom gesien, het jy opgemerk
tydens rugby, tussen i miljoen mense.

“in my bestaan” was jy die Woord wat vlees geword het.
“dis dalk i cliche” het jy (later) gese^ in wind, wind, wind.

jy’t grond & sout & water in my hart losgemaak
een aand in melkbaai terwyl ek la mer
speel in jou hare met die see as tweedestem.
(geen swem verby die punt nie)

nou le^ al die liegstories van die kollektiewe siel
& die vaad’re naak. alles & God kan altyd weer gevind
word. maar jy is vir ewig taboe soos die see
(& die see loop leeg dieselfde uur as ek)

“ek moet vir jou” iets se^ se^ jy.

“ek’t jou” noukeurig liefgehad
in i swaar jaar vol ligte seisoene.

ek het i foto van jou op stellenbosch, jy’s 19
voor die stadsaal, ek ruik jou nat hare terwyl
ek skryf. 7 jaar

daar is i triestige geheim die saterdag
wat gekom het met die dwingelandy van dinsdag, werk
verwerking. geld. vergelding. daai jaar
toe ek hokke moes begin bou
(om duiwe binne te hou)

ek sien jou orals
dis i duur, belee” cliche
(dit klink so fokken kak maar dit is so fokken waar)
het ‘n obskure plattelandse poe”t gese^ teen skemer.

toe jy weg is, het ek jou 3 x weer gesien
jy’t my naam nie 1 x weer genoem nie. jy is my verby
in ‘n wereld van verworwe grense & verkende taiga.

“ek wil vir jou” iets se^ se^ jy in my hare. “moenie asseblief.”

jy’t getrou met i man, van sanlam. ek weet
waar jy bly. dat jy
wasgoed baldadig laat wapper in jou vooryard.
ek het een nag verbygery, in totale nood. julle het formidabel
geslaap. die wasgoed het my aangerand.

konnekteer vannag met my in i droom, sjant my uit,
uit uit die gedig uit.

vanaand na i woeste winddag, i vreemde donderbui
het i telefoon
oorkant die grafstil straat, in die groot dormante skool
dringend gelui

en vanaand verlang ek onbeskaamd na jou,
na tyd. kom staan jy weer voor
my, ootmoedig, & alleen. jeanne d’arc.
“ek het jou….”
nie lief nie
se^ jy.

*Somtyds neem digters vryhede met die taal. So ‘n digter
vat ‘n kans dat wat hy doen nie altyd suksesvol sal wees nie.
Die volgende gedig, waar Gert Vlok Nel groot risiko’s neem
beide stilisties en in sy woordgebruik, is myns insiens baie
suksesvol.

OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
Eenvoudige spoorwegstories.
Deur Gert Vlok Nel
Tafelberg, 1993

oproep

Goegie was veraf vandag
vandag toe ek hom bel
en vanuit die kruik vertel
heel godse dag gesit en paint se^ hy
toe in die kar geklim, toe berg toe gefokkenry
kaalgat vleis gebraai hoog bo iewers oers
by galopping van einders, toringing (w(o(l(k(e
toe in die kar geklim en terug gery
toe veraf geklink vir my.

desember & see

groteske wolke beweeg bo-oor die toneel

ons twee arme spoowegdo^ners op hermanus –
dit het die heel eerste aand subkultureel wreed geree”n
oral om i army-bivvy. i halwe afstand van ons in mis
het rykes in i fokkenmansioninthesky (in die heelal)
gedine & wine. ek wou nie dat jy kyk & sien nie.
dalk sou hulle brutaal brood drink en vir ons
wyn gee.

dit was ons eerste outing see toe, op 16 & 22.
vanaf beaufort. lift hermanus toe. Attie my broer
en ek. jy’t stormy weather gesing in die nag as
bevestiging & vergissing. maar summertime sou
nie beter gedoen het nie. stilte ook nie. sundown
was i moerse comedown. “nag At,” het ek gese^.
“Ja”

5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
jeans & truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
was gou warm, t.s.v. die kak drizzle. ek
wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
maar het alreeds alles weggegee
aan herhinnering & pyn

om nou, got-jare later, te berg uit vadems donker
trog, vasgenael teen dek en maspaal, vloekende hollander
elke keer wat ek bo-oor kruis, of
ek herrangskik freneties
dekstoele. of preweling. of ek bid tot got, ons hotnotsgot.
of iets At maar die’ belowe ek jou At:
rym se moer:

ons het een dag gebly: dit was aand
en natuurlik mo^re. daar was lig. “dis die 1ste
dag van die res van ons lewe,” kon ek se^.
dit was die 2de oggend op die 3de planeet van die son.
ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
van die kro, en die ekwilibrium van oe”. ek ril
by herinnering ana hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het

1) ons het gehaaik. 2) ons het onrus gehaal.
een twee drie dis i kak plek die moes ons sing
bo-oor die STEREO van die nice holes of ass wat ons
opgelaai het. in opgeboude kombi. ons het by enige huis geklop.
“kom in” het jan rabie gese^. (lieflike radyse in die hand.)
in die hoek het ettienne leroux soos i soutpilaar gesit, saam met
elizabeth, sy lot. sy blik

was toegetrek. hy’t ons en jy’t hom nie herken nie.
“ons soek Daan verwey, i pel van ons,” het ons gese^.
teen uitgebasterde aand was ons op die plato, in fatale
ree”n, by matjiesfontein, teen 160k.p.u. ons kopligte
het getippex oor opgehewe heuwels, vae huise, petite lig.
3) ek onthou vanaand At, vir wat dit was, jou blik:
om te lewe is onnatuurlik.

die posisie aan die einde van
Gert Vlok Nel

die gang was donker, gepriem.
die blokkiesvloer het peristaltiese bewegings gemaak.
maar net in my alewige verbeelding.
“kom saggies,” het Ma gese^. “Pa slaap.”
(op pad huis toe, oor die oop stukkie veld,
het ons opgekyk: die berg was besig om noukeurig te brand.)

“hoe was die fliek.” die fliek was nie.
“i riller.” (wanted: bybysitter.) “dit was goed.”
goed. Ma maak koffie. in die kombuis.
halfeen. die gezoem van die yskas.
“oom Jakkie het…”
Pa geslaan.
se^ Ma.
“hoekom Ma?” het Altus met gewaarmerkte pyn
gee”kwisiteer. hy’s nou i sendeling in outjo, namibie”
niemand moer jou pa nie, Ma, was die strekking,
veral niemand soos oom Jakkie nie
relatief gesigloos in die kaap, hier in voldonge
sterre & wenteling, dorpsdronkaard.
“kak,” het ek gese^ vir die rekord.

moenie so vloek nie het Ma ges^e “oom jakkie
is oom Jakkie.” en Pa was Pa. “Pa is ons Pa, Ma.”
het ons gese^ dalk. oom Jakkie is my broer (Ma)
“maar Pa is jou man, Ma.” ja
Ma was so oud, afgeskei, so 40.
“die berg brand, het julle gesien?” ja Ma.
die buitenste verband, het ek dit gesien?
“nee,” skryf ek

oom Jakkie was al weg, af in die straat. “gaan slaap,” se^ Ma.
die huis sou ons insluk, ek kan nie meer onthou
nie. o.a. Pa was i tier in die huis
Ma dikwels i prooi. in die berg was tiere uitgewis.
ek onthou & ek onthou. oom Jakkie het gesterf
en Ma en Pa is op sylyne ingesjant
Ma mooi, Pa in sy mees godsverbitterde verband.
(die rym is vir Pa)

maar oom Jakkie het akuut gesterf, in 1978.
die voorbereide aarde het hom in deskant ingeneem
soos die wind die gesang, teer en koud nes die seisoen.
ek onthou, met deernis, die nag van gepriemde gange
hoedat ek en oom Jakkie na mekaar moes
kyk, vanuit ons unieke posisies van stilte
& verset, aan die eindpunte van die lang straat:
lampe, bome, huise die
volmaakte woede van die lug bo,
die huise, bome, lampe.

Waarom ek roep na jou vanaand

die posisie aan die einde van
Gert Vlok Nel

die gang was donker, gepriem.
die blokkiesvloer het peristaltiese bewegings gemaak.
maar net in my alewige verbeelding.
“kom saggies,” het Ma gese^. “Pa slaap.”
(op pad huis toe, oor die oop stukkie veld,
het ons opgekyk: die berg was besig om noukeurig te brand.)

“hoe was die fliek.” die fliek was nie.
“i riller.” (wanted: bybysitter.) “dit was goed.”
goed. Ma maak koffie. in die kombuis.
halfeen. die gezoem van die yskas.
“oom Jakkie het…”
Pa geslaan.
se^ Ma.
“hoekom Ma?” het Altus met gewaarmerkte pyn
gee”kwisiteer. hy’s nou i sendeling in outjo, namibie”
niemand moer jou pa nie, Ma, was die strekking,
veral niemand soos oom Jakkie nie
relatief gesigloos in die kaap, hier in voldonge
sterre & wenteling, dorpsdronkaard.
“kak,” het ek gese^ vir die rekord.

moenie so vloek nie het Ma ges^e “oom jakkie
is oom Jakkie.” en Pa was Pa. “Pa is ons Pa, Ma.”
het ons gese^ dalk. oom Jakkie is my broer (Ma)
“maar Pa is jou man, Ma.” ja
Ma was so oud, afgeskei, so 40.
“die berg brand, het julle gesien?” ja Ma.
die buitenste verband, het ek dit gesien?
“nee,” skryf ek

oom Jakkie was al weg, af in die straat. “gaan slaap,” se^ Ma.
die huis sou ons insluk, ek kan nie meer onthou
nie. o.a. Pa was i tier in die huis
Ma dikwels i prooi. in die berg was tiere uitgewis.
ek onthou & ek onthou. oom Jakkie het gesterf
en Ma en Pa is op sylyne ingesjant
Ma mooi, Pa in sy mees godsverbitterde verband.
(die rym is vir Pa)

maar oom Jakkie het akuut gesterf, in 1978.
die voorbereide aarde het hom in deskant ingeneem
soos die wind die gesang, teer en koud nes die seisoen.
ek onthou, met deernis, die nag van gepriemde gange
hoedat ek en oom Jakkie na mekaar moes
kyk, vanuit ons unieke posisies van stilte
& verset, aan die eindpunte van die lang straat:
lampe, bome, huise die
volmaakte woede van die lug bo,
die huise, bome, lampe.

Hillside lullabuy

Ek bly hier in die dorp waar die treine fluit
& die sjanters nag na nag die treine op
Spore skuif
& ek is heel allright
Onthou die dag toe jy by my sou bly…
Hoe het ons storie toe verder verloop?
Treine wat sjant, treine wat bly
Treine wat altyd hier in kringe ry

Droom van my & laat my vry vannag

Vanoggend vroeg was daar ‘n harde slag
Onder by die kant van die railwaybrug
Maar als was heel allright
Dit is net dat ek so na jou verlang
& in die meantime maak alles my bang
Al my woorde lê leeg in my hand
Want my hart slaap by jou waar die treine
Sjant

Droom van my & laat my vry vannag

Moenie my hier vergeet nie

Moenie vir my hier vergeet nie
(wat het jy gesê? wat het jy gesê?) ek het gesê jy moenie
Moenie vir my alleen agterlaat in hierdie land
Waar hulle nog hekse verbrand nie
Hierdie aaklige aaklige land nie
Moenie my hier vergeet niet
Dixie, ek weet nie of jy weet nie sonder jou vul
Alles wat ek rondom my het my
Hart met woordeloosheid & dread al die mense
& geboue wat ek
Rondom my het al die jare & sukkel & shows wat ek nou
Voor my het al die dead end jobs wat ek agter my het
Al die blou blou lug wat ek
Bo-oor my het & al die dooie geliefdes wat ek
Onder my het & veral die leegwordende bed
Jy
Moenie vir my hier vergeet nie
(wat het jy gesê? wat het jy gesê?) ek het gesê jy moenie
Moenie vir my alleen agterlaat op hierdie dorp
Waar ek grootword het nie
Waar niemand meer iets mooi in my sien nie
Waar vreemde waiters my bedien nie
Monie my hier vergeet nie
Dixie, ek weet niet of jy weet niet hoe leeg is die pool-halls
Van my jeug pocketed are the balls & die musiek het
Gestop in die hartseer dance-halls & die blou cue-chalk het
Grys geword in my hand terwyl ek vir ’n oomblik
Deur die venster gekyk het na iets buite
In die land jy
Moenie vir my hier vergeet nie
(wat het jy gesê? wat het jy gesê?) ek het gesê jy
Moeniemoenie vir my alleen agterlaat op hierdie planeet
Waar die Here nie meer van ons weet nie

Timotei shampoo

Wat het gebeur my pragtig daai Desembermaand
Toe ons geleef het soos jetsetters in Gordonsbaai
In daai warm overpriced flat bo op die Portofino Ice Cream Parlour
Within view van die kaai
En die wind wat aanmekaar aai aai waai
En daai brief van someone uit somewhere in my hand
En die wind wat draai teen skemer aand
Van die see na die land
En die flat wat eensklaps soos vallende boeing plummeting to the sea
En jy wat vra why me
En jou naak lyf skielik oor my swaai en snik why
Met jou hare in my mond soet en sag
Soos edible underwear van aarbei en Timotei sjampoe

Oesters op melba toast en perrierwater
Daardie laaste oggend son op die balkon
En nog nie eers 8 uur nie
En buite die happy screams van vakansiegangers met ice creams
En jy wat skielik scream en die gordyne ruk uit hul kosyne uit
En topless vries in die ruit
Soos ‘n overexposed foto uit ‘n ou familie foto-album
Of ‘n ou magazine
Ek dink ek sien dit nou
Jy se we have lingeres in chambers by the sea
Maar al daai poetry shit means nothing now to me
En toe’t jy jou ou gordyne uitgehaal uit die laai
Wat jy gekoop het op ‘n krismis special by Edgards in Gordonsba
En die somer was in sy maai
En ek wat se ek ek raai ons het gaan draai by Jane Seymore
En is subsequently weer terug by Timotei sjampoe

Polisiesirenes daardie nag
En toe crash 3.31 op die wekker
En wakker was ons nee nee
Ek was allen ek dink
Ek onthou nou my lief waar was jy
Waar was jy
Want ek was so allen en buite het dit be
En jou jumbo golf was gone
En gone down was the moon
En die pleiades middle of the night
En ek wat frantically phone
Vanaf ‘n tickeybox na die hospitaal
En mumbo jumbo met ‘n vakerige nurse
Nee nee nee jy was nie daar nie
Maar in die warm overpriced flat vind ek jou
By die bay window met jou hande buitentoe catching the rain
Ek het jou gesien uithardloop se jy
En smile en se bring jy goeie nuus vir my
Het hulle uiteindelik my lyk gekry
Doen my ‘n guns en balsem vir my in Timotei sjampoe

Wat het gebeur my skugtige voortvlugtige pragtige
Daai ongelukkige desembermaand
Toe ons onsself gesien het as ‘n sun setting in Gordonsbaai
In daai warm overpriced flat bo-op die Portofino Ice Cream Parlour
Within view van die kaai




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed