Jongste aktiwiteit:

Die kwessie van kliente en gewere en n krokodil by die Linyati
vir

Die kwessie van kliente en gewere en n krokodil by die Linyati

Jack het moeilik sonder n teleskoop geskiet, die grootste kaliber wat ek gehad het met een op was die 375 en na hom die 338. Hy het lekker met die 8mm geskiet maar dit was n te ligte geweer vir die groot goed en die wet het dit ook nie toegelaat nie. Daarby, as daar n fout sou kom sou Selby my vermoor as die kaliber keuse nie reg was nie. Hy wou met n teleskoop skiet en die 375 was wat hy in sy land al mee gejag het, hy het nie Barnes se koeels geken nie en vir hom was hulle indrukwekkend. Hy het met die 338 ook geskiet en vir my was dit n baie akkurate geweer, hy het egter die 8mm as n ligte opsie verkies. Ek is weer skietbaan toe met die twee kalibers en die dubbel 416 en ons het lekker geskiet. Hy was tevrede maar ek nie, die blote feit dat ek moes leer om vinnig met die dubbel te herlaai het my gekortwiek. My Rigby het drie in die magasyn gevat en een in die loop, ek moes nog myself oortuig dat ek vinniger vier skote kon skiet as die slotgeweer. Ek sou dit met oefening later baie goed regkry en kon twee skote kort na mekaar baie vinnig gooi en ook akkuraat. My groeperings het mooi gekom en ek kon op 50 meter die slot geweer ewenaar, dit het ook baie oefening gekos. Ek moes leer om meer links of regs te mik wat maar enkele millimeters was. Ek kon my skote beter deurvolg met die dubbel as met die slotgeweer, tog het altyd meer vertroue gehad in die slot geweer as die dubbel. Ek kon verder akkuraat skiet met hom, hy het egter meer getrap teen my lyf as die dubbel hoewel hy swaarder was. Selby en ek het saam met die dubbel geskiet en hy het saam gestem met my. Ons was egter die groter kalibers gewoond en terugskop het ons nie veel gepla nie behalwe die 500Jeff wat maar altyd n pes was tot hy by Ginger Van Zyl gekom het en later meer hanteerbaar was. Selby was n ou haelgeweerskut en het my leer anders aanle met die dubbel. Ek het ook oor verder afstande beter gevaar met die gaatjie visier wat lekker groot was as met die V visier. Selby het gese dat ons nie maklik verder as 80 meter skiet nie, hy sou verbaas wees, ons het al verder geskiet op gekweste diere met sukses. Hy was net nie by nie. Jakkie sou met die 425 maklik 125 meter skote doen met sukses as dit moes. Hy het n ongeskikte poena olifant koei so ver geskiet reg agter die oor en sy het geploeg.

Jakkie het n probleem gehad by die rivier, hoewel hy jagters gehad het moes hy n krokodil gaan klop wat die makorros aangeval het. Probleem diere was my werk en dus my probleem en die krok het op n baie ongelee tyd gekom. Ek was net aan die gang met die Aussie jag, ek sou moes onderbreek of vir Jack saam neem na Jakkie om daar te gaan jag terwyl ek die krok moes soek. Ek het vir Jakkie gevra vir n seekoei en dit sou reg wees, dan kon ek tyd probeer maak vir die krokokdil. By Jakkie was ook bosvarke en bosbokke wat ek maar min gehad het en sy buffels was ook in groot getalle. Ek en Jack en Luka en my boesmans moes dus skuif na die rivier toe. Katwindi sou die ander jonger manne se jag voortsit. Jack was genoe en sou ook n krok wou skiet as hy die kans gekry het. Ons het dus die volgende middag na die trofee versorg was gery en het teen die laat middag by die Linyati gekom.

Die inboorlinge wat by die rivier gewoon het, het ook maar die gevare nie regtig ernstig op geneem nie. Seekoeie was altyd probleme op die water en die ligte bootjies wat Kabous vir hulle van glasvesel gemaak het om die bome te spaar het menig male deurgeloop. Tog sou hulle die volgende dag weer op die selfde water gaan, dieselfde met krokodille, hulle het geweet van bederfde krokodille, tog het hulle hulle baie min daar aan gesteur. Alles is met toordery vereenselwig tot die dier dood was, dan was hy kos om te eet en alle toordery vergeet. Terwyl ek in die Caprivi was het ons baie groot krokodille langs die Kwando rivier gesien, veral as ons met die helikopter gevlieg het, Jakkie en ek was seker dat hulle groter as die van die Chobe was. Die bevolking daar het een dood gemaak wat n werklike reus was en ek nooit weer die gelyke van die een gesien nie. Bruce Kinlock was n kenner van krokke en hy het ook gese dat Uganda se krokke baie groter was as by ons. Die feit dat die Kavango so n digte bevolking gehad het en ook in die Chobe en die Linyati kon dalk n faktor wees. Hier was egter groot krokodille en toe ek op die Kariba was het ek werklik reuse gesien. Hoewel ek al n hele paar geskiet het en laat skiet het het ek nie veel van hulle sintuie geweet nie en het darem hulle gewoontes geken. Bruce het my baie mooi verduidelik dat hulle ongelooflik goed kan ruik, hulle sig is nie so goed nie maar die gehoor is baie goed. Die manne wat kom krokodille oes het by ons vroeer het vir ons drie “croc traps “ gegee wat byna soos n strik gewerk het met n bakkie se veer. As hy aan die aas kom trek het was hy gevang om sy bek of nek. Jakkie het hulle gebruik as hy probleme gehad het. Dit was egter nie selektief nie en het bykans enige grootte gevang. Dit was ook gevaarlik want jy moes in die water gaan om die goed te stel.

Krokodille het maar bederf met die inwoners wat met die makkoros gaan visvang het en as hulle dan geskraap was deur een op die water het hulle van die vis vir hulle gegooi en het probeer die kant haal ongedeerd. Die natuur bederf baie gou en hulle sou dit net meer doen tot dit n probleem was en hulle met spiese op die water gegaan het. Dan sou hy bloot die bootjie omgooi met gewoonlik katstrofiese gevolge. Seekoeie en gewoonlik net die bulle het ook makorros omgekeer, by hulle was dit net gebieds beskerming, koeie met kalwers het dit ook gedoen maar minder as bulle. Daar was n redelike verkeer op die riviere, sommige mense het familie gehad in die Caprivi en ander het weer handel gedryf oor die water, ons kon dit nie keer nie want dit was eeue oud. Die konflik met die watergediertes ook en al verskil was dat die inheemse mense nie die goed mag dood gemaak het nie, dit was ons werk. Hulle het wel baie probleme skelm dood gemaak, ek sou seker ook in hulle posisie dit gedoen het.

Dit was soos altyd lekker om weer vir Jakkie te sien en die mak buffel en die zebra en die vlakvark met drie keintjies. Die bokke wat Manwasi vir Jeannie gegee het was nou ses en hulle moes almal saans in die basis slaap. Hier was dit meer n hiena probleem en nie so erg n leeuprobleem soos by ons nie. Kabous het vanaf die “lodge” gekom en Herman Bekker was ook by en ons het heerlik om die vuur gekuier. Ek het die gebied baie goed geken en hy het my verduidelik waar die probleem was en ek sou met die boot en Maburu en my boesmans, Luka en ook Jack die water gaan verken die volgende more. Ons sou n makkoro saam sleep en n paar babers probeer vang en daarin gooi en dit op n spesifieke plek anker waar die water vlak was. Hy het ook stink binnegoed gehad van sy jagte en die sou ook saam gaan. Die jagters by Jakkie was Amerikaners en die verskil tussen die manne en Jack komende uit Australie was nogal opvallend, ek het vir Jakkie jammer gekry. Maburu het gaan baberlyne stel oornag om te kyk of ons nie kon vis gehad het die volgende more nie. Hy moes sorg vir toue en ook draad en tange het Jas reeds in gepak. Ek was reeds voor ligdag by die ou boomstam en net n rukkie later het hy met n bos babers opgedaag en gese dat meer as die helfte van sy vis deur krokkodille gevreet was.

Die nagte was nou koeler en die krokodille nie so aktief nie, ek sou graag in die nag op die water gegaan het maar hulle sou maar in enkele gevalle daar wees. Hulle sou nou wag tot die son begin warm word en dan op die sandbanke kom le en ook die bevolking pla. Ons het eers met die rivier op gery tot waar die spesifieke krok geboer het en die makorro in die vlak water half op die kant vasgemaak met die stink goed en die babers in. Daar was n mooi Anaboom op die kant so veertig meter van die aasplek af en ek het die boesmans en Luka n leplek en en skuiling laat bou. Soos met luiperds moes dit ook bo toe wees, hy het later die bootjie geskuif sodat ons dit nie moes raak skiet nie en ek en Jack en Maburu is met die boot verder stroom op. Die seekoeie was volop en hy het nog nooit n lewendige een gesien nie. Veral n kleintjie is baie mooi en die koeie sou weg van die bulle wees met hulle en hulle wegsteek op die eilande en tussen die papirus. Die Linyati is werklik n wonderlike mooi gebied en die voels veral baie mooi, diere sien jy maar min van die bote af weens die hoe papirus maar die water gediertes sal altyd daar wees. Daar was groot troppe olifante in die water en die gebied naby die rivier het reeds al begin olifant skade toon, baie bome was gebreek of geringbas en sou vrek. Ek het n paar kilometer rivier op gevaar en ek en Jack het lekker gesels, sy land het ook snaakse diere gehad wat net daar voorgekom het. Ons het n groep spelende otters gekry en ek wou aan land gaan waar die bos n bietjie meer oop was en n rukkie met hom gaan loop en spore verduidelik. Die boot het n loopplank gehad wat met n wenas laat sak was sodat n mens kon droogvoets aan wal gaan. Hy het die 375 geneem en ek die slotaksie 416 en ons het begin loop met Maburu wat die boot sou oppas. Maburu het moeilik geloop want hy was deur n boesman gifpyl jare gelede in die bobeen geskiet en die gedeelte het bykans opgedroog, dit was maar die rede dat ons hom as bootdrywer gebruik het.

Daar was n redelike groot vloedvlakte langs die rivier en ek het probeer spore optel op die sandbank en kon n ietermagog met n kleintjie optel. Vir my sal hy altyd een van die wonders van Afrika wees, as die kleintjie kom moeg raak dan sou hy op sy ma se rug ry en soos hy groter word sleep sy agterbene later en die spore het dit aangedui. Die spore was vars en ek het dit maklik gevolg en seker na driehonderd meter die twee gekry waar hulle besig was om n vrot boomstam oop te breek agter miere en insekte aan. Die voorbene word nie gebruik om op te loop nie, hy gebruik die stert en die agterbene en met die voorste sterk naels het die wyfie die bas en vrot hout oop gebreek. Dit was die eerste maal dat ek gehoor het die dingetjie kan ook geluide maak, net sulke snork geluidjies wat die wyfie vir die kleintjie gemaak het. Die het saam met die ma met n lang tong miere en ander insekte gevreet. Ons het so tien meter weg gaan sit en hulle deeglik beskou. Die boesmans het geglo dat as jy hom sou sou raakloop in die veld sou jy baie gelukkig wees en sou jy n baie goeie jagdag he. Hulle was naglewend maar ek het tog baie in die dag gesien en my altyd verkyk aan hulle. Jack het gese dat hulle ook so iets in Australie het wat soos n krimpvarkie lyk, wat eiers le en tog n soogdier is. Ek het die naam “Ikidna” op my bandopnemer opgeneem. Dit was blykbaar ook n insek en miervreter wat net so fassinerend was. Ek wou vir hom gaan wys hoe die wyfie haar kleintjie beskerm en toe sy my gewaar het sy met die kleintjie onder die pens haar opgerol. Ons kon net die twee spene sien en ek het later gewonder of sy meer spene sou he. Daar was baie leeu en luiperd spore en ek was bang omdat ek al jagter was en is terug na die boot. Ons het n duiker gekry wat deur n luiperd in n mik van n boom gehang was en ek het die spore gelees as die van n wyfie met twee kleintjies, Jack was verbaas oor my my bietjie spoorvernuf, dit moes al beter gewees het want ek was byna twee en n half jaar in Botswana. Ek het die sleepsel van n luislang gekry en dit gevolg tot by die water maar kon nie die slang sien nie. Dit moes n groot slang gewees het met n bree sleepsel. Net n week tevore het ons een gesien wat volstruis eiers vreet en ek het gewonder of dit ooit gedokumenteer was dat hulle dit doen. Ek het prof Fritz geskakel en hy het dit nog nie gesien nie maar wel gehoor daarvan by n ou oom O P M Prozesky wat een maal saam met hom by my was maar daar was geen foto bewys nie. Prof het gese dat sien op n foto, glo sal wees, ek was nie die kamera soort nie.

Ons is met die boot terug na die makorro en kon droogvoets afklim en is na die skuiling wat deur Luka-hulle gebou is. Ek het vir Maburu stroom af gestuur tot waar die rivier n draai maak en redelik wyd loop en die stroom nie so sterk was nie. Dit was ook waar die meeste seekoeie geboer het. Dit was werklik n lekker skuiling en ons kon tot binne in die makorro sien wat sien wat veertig meter weg op die sandbank gele het, die babers was naby die bootjie vasgemaak aan n paal en daar was selfs n ding wat na n mens moes lyk gemaak met n ou baadjie aan in die bootjie. Ons sou beslis die bootaanvaller hier skiet. Al wat altyd irriterend was, was die gewag en die tyd kon maar stadig verby gaan in so n skuiling. Dit was die enkele rede dat ek nie so lief was vir luiperds skiet nie, na drie dae in so n skuiling weet jy later waar elke voeltjie nes maak. Tog het die natuur my nooit verveel nie, net die feit dat my sig eintlik maar beperk was tot net die sandbank. Ek het vir ons kos saam gebring en ons het twee skiet stoele gehad en ons kon maar insluimer hoewel dit vir my maar altyd moeilik was. Die windjie was reg en ek kon darem my pyp opsteek so elke dan en wan. Na seker drie ure en met die besoek van n visarend wat hom lekker dik gevreet het binne die boot en met n jong baber later oor die kant van die boot is, kon ek otters hoor tjirp en het die koppe bo die water gesien. Dit sou n ramp wees. Hulle was vernielsugtig en kon bykans hulle gewig aan vis vreet en die res van die kos na hulle gate neem. Tog was hulle baie oulik en vermaaklik om dop te hou en hulle ouers het hulle ook maniere geleer bykans nes bobbejane en die kinders is gedurig getugtig. Ek kon my verkyk na die voorpote wat bykans nes handjies was en waarmee hulle selfs die bekke kon afvee. Tog het daar ook gedurig een wag gehou en die gesinnetjie was sewe sterk. Hulle het omtrent my vis verwoes toe een skielik skree en hulle almal tegelyk water toe kyk. Van die babers binne die Makorro het nou op die sand gele en die otters het al langs die sand af beweeg tot so dertig meter van die bootjie af en in n bondel gaan sit. Dit was snaaks om die aktiewe diere te sien stil sit en die oe was op die krok wat stadig uit die water gekom het, hulle het skerp skree geluide gemaak. Omdat ons hoer as die water was kon ek nog drie krokke sien agter die grote waar hulle nader gekom het net onder die water.

“ If you want to clobber a croc you must get ready Jack. I want one Pine, they are protected in Australia. We will give them time to settle and I will nominate the one for you. It will be difficult because they will be looking in our direction, the side on shot is the most preferred one, otherwise from the front, the one just lower than the eyes or the better one, down his throat. They will go for the water if wounded and is usually lost even if you break their spine. Sometimes they all stay on the sandbanks and the others will also give us a chance, don’t rely on that. Croc behaviour is not written in books, very unpredictable just like buffalo. Be ready the 375 is zeroed at fifty yards, it will be a bit closer, more like forty yards or even more closely. I will back you up with the 416 with the hollow bullets.”

Die geraas van die spul otters moes die ou grote kalm gemaak het en hy het stadig nader gekom met nog een wat byna sy grootte was links van hom. Ek het vir Luka geknik en gewys na die ligter een van die twee en hy het teen die Anaboom se stam sy 404 gemaak rus. Die twee in die water was nog kleiner maar steeds baie groot en die waggelende grote het tot langs die bootjie gekom en by die baber gaan le. Die ander een het links gekom na van die derms wat die otters daar gelos het en dadelik begin vreet, dit het die grote gemaak die baber vasvat en net so le met die vis in sy bek. Langs my kon ek Jack se asemhaling hoor vinnig word en ek het my geweer laat vassuig op die krok se voorkop. Luka het net vir my gewag. “ Are you ready Jack. Yes Pine I can take him. Then do it!” Die skoot het die krok laat stil le en Luka was n entjie agter en my eerste skoot was ook vir Jack se krok wat ek deur die baber in sy bek geskiet het. Luka se een het stil gele en hy het hom nog n skoot gegee en op die vlak water was een wat ek voor sy oe geskiet het en hy het stadig omgedraai en sy geel pens gewys. Die boesmans is soos voels met die tang en draad weg en ek het ook nader op die bank gaan staan en die een met die geel pens dopgehou en my geweer vol gemaak. Die vierde een was nou weg en die seekoeie het geraas laer af in die rivier en die voels was stil. Sixty het die een in die vlak water gaan vasmaak en met die tou na die sandbank se kant gekom en dit aan die makorro gaan vasmaak, ek het gewonder hoe dit sou lyk as die krok die bootjie sou begin sleep. Luka het langs my die water dop gehou, bang soos ek dat die boesmans kon gevang word. Ons het Matabele gepraat “ Zin tato ingwenay ifele.” Hulle was al drie dood. Dit was baie beter as wat ek verwag het, ver op die vloedvlaktes het ek die tromme gehoor wat die pos gestuur het en ook Maburu se boot wat op pad was. Daar was nie n manier hoe ek die goed sou gelaai kon kry nie. Ons was met die luukse boot op die water en Kabous sou my skel as sy boot vol bloed en mis sou raak. Ons het eers die fotos geneem en toe met die wenas die drie krokke half teen die boot se kante vas gemaak met die sterte agter toe en die makorro soos die more saam gesleep terug na die kamp. Toe ons begin ry het die eerste bevolking opgedaag, Luka het hulle in die kamp se rigting beduie.

Ons het by die basis gekom en die hoofman van die gebied was n nuwe een wat nie in my tyd daar was nie. Hy het n bakkie gehad en het sy pa opgevolg wat verlam was van beroerte. Hulle was klaar daar en baie hande maak min werk en die drie krokodille was baie gou op droe grond en in die slag stoor waar Jakkie se manne hulle afgeslag het. Die skedels moes vir die staat getoon word maar Jack kon syne teen n minimale fooi koop wat hy ook gedoen het. Die ander twee velle en skedels het ek by Jakkie gelos. Dit was goed genoeg om vir die museum te kon gaan.

4 Mei 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed