Jongste aktiwiteit:

Jeannie is weg VSA toe en ons jag saam met die Aussies
vir

Jeannie is weg VSA toe en ons jag saam met die Aussies

Baie manne het by ons kom jag van baie lande in die wereld, baie kon goed skiet en ander minder goed, die beste was die Duitsers, hulle kon bykans almal goed skiet. Die manne van Australie kon skiet. Hulle het die biljette en raad wat Selby se vrou Miki en die kantoor gepos het baie sorgvuldig deurgewerk en was goed voorberei. Daar was n sanksie veldtog vanaf hulle land teen ons land en omdat hulle via ons land gekom het, het hulle nie gewere saam gebring nie. Dit was nie n probleem nie, ons het genoeg gehad. Alle gewere moes egter deur die jagkonsessie houer gerigistreer gewees het by die staat. Hulle het af en toe om gekom en kom tel en seker gemaak dat daar nie wette oortree was nie. As n nuwe geweer opgedaag het, het Selby bykans dadelik met die satelietfoon die goed geregistreer. Dit was maar net die nommer en die fabrikaat en die kaliber en die ondernemer. Voor my was 303,s vir n tydperk nie toegelaat nie, soos so baie koloniale lande was militere kalibers verbied vir sekere tydperke. Baie oudstryders het nog onwettige gewere gehad en dit was maar die enkele rede. My gewere het ek weer deur Kabous se pa laat registreer in ons land en dit was dus dubbel op papier, met my lisensies het Botswana se regering nie n saak gehad nie, dit moes net deur Selby se onderneming ook gedoen gewees het. Ek weet tot vandag nog nie hoe kliente wat met hulle eie gewere gekom het se permitte gewerk het nie, hulle was toegelaat en daar was sekere dokumentasie gedoen en dit is al wat ek geweet het. Wapens wat hulle geskenk het was tesame met n brief gedoen en dit het dan agter gebly as die manne so vrygewig was en is in Botswana op dokumentasie geneem en ook in ons land as dit ons sin was.

Toe die jag begin het, het ek besluit om vir Jack saam met my te neem, hy kon nie die afstande doen wat die jonger manne gedoen het nie en Luka sou my mede jagter wees soos Selby se reels dit verplig het. Altyd twee jagters en twee voertuie. Ek sou weer twee boesmans saam neem per keer en een los vir opleiding by die basis. Dit is alles noukeurig met die manne bespreek en hulle was tevrede soos ons dit voorgestel het. Luka het die 404 gehad en ook Jack en ek het die Rigby gehad, partymaal die nuwe dubbel maar meestal die slotaksie waarmee ek vertroud was. Ons sou ook die 8mm of die 6,5 saam neem vir ligter bokke wat baie male langer skote vereis het want hulle het teleskope op gehad. Dit het begin koeler word en die jagte was meer draaglik en daar kon in die veld geslaap word. Die voertuie was leeubestand en ons kon op spore ook slaap. Daar was ook die boesman nedersettings wat ons gebou het en drie oornag plekke wat ons ook gebou het met heinings om waar ons kon slaap. Maria het vir ons reggemaak vir drie aande uitslaap want ek wou in die rigting van die Tshikando panne gaan waar daar groot swartwitpense en bastergemsbokke was en die bulle in bultroppe geloop het. In die noorde op die Savuti was ook mooi troppe maar daar was Ben en Jakkie se konsessies en die kamera mense het ook by Selby se konsessie by die Gubatcha heuwels gekom en lastige vrae gevra. Ek het besluit om binne die Chobe se grense te bly. Dit is nie ver van van Nyati af na die panne toe nie en ons sou die volgende more vroeg begin ry. Hierdie keer sou Jas agter bly en Twenty en Sixty saam gaan.

Dit was nog donker en ek het op die dek gesit met die stasiewa klaar gepak die vorige aand en Katwindi en Luka het saam koffie gedrink en hulle sou na die Mababe gaan en indien hulle nie daar regkom nie noord draai na die Savuti. Die hordes diere het my altyd so vasgevang in my eie gedagtes want die prentjie by die watergat het elke paar minute verander. Jack het die vorige aand by my kom sit toe ons patrone gelaai het, dit was in sy land ook gedoen maar hy het dit nog nie gesien nie. Die boesmans moes bo-op die dakrak sit en op die uitkyk wees vir gemsbokke, bastergemsbokke, swartwitpense koedoes en springbokke wat gewoonlik meer na die suide was. Dit sou die eerste keuse bokke wees en dan die ander soorte. Hier na die suide was baie mooi trofee want dit was n meer kalk en soutryke deel as langs die rivier en met die migrasie sou baie bulle wat uitgestoot was hier agter bly tot die weiding te skaars geraak het. Later in die winter sou die meeste diere noord wees tot die migrasie weer begin na die reens en hulle weer sou suid gaan.

Koedoes sal maar altyd koedoes wees en bly, ek het hulle voor my Botswana jare en daarna op baie plekke gejag, hy bly n uitdaging en die bulle is fyn en dit is asof die spesies n voorgevoel het. Die grys spoke van Afrika het nie verniet die naam gekry nie. Botswana het mooi bulle gehad, donker grys met lang horings en die mooi maanhare onder die nek. Hulle was nie bang vir toeriste voertuie nie maar die wat deur die veld gery het weg van die paaie af het hulle wantrou. Opvallend vir my was altyd die aantal kolle langs die wange, dit het baie verskil. Sommige het net twee gehad en die meeste wat ek gesien het was vyf kolle. Ook die bekende V op die neus rond die bok af as een van die mooistes en ook die mees uitdagendes van die bos. Hulle skor blaf geluid het my al menige male in my lewe laat wakker skrik uit my dagdromery en die twee groot ore sit nie verniet langs sy kop nie. Anders as die wat ek mee groot geword het het hulle nie die duidelike opmerklike strepe gehad soos in my wereld nie. Daar was strepe maar baie dowwer en ook die getal het verskil tussen bokke. Dit was een van die trofee wat die meeste kliente wou gehad het en dit was ook van die moeilikste bokke om te skiet. Die een oomblik het jy hom gesien en dan was hy weg vir ewig, op sy spore kon jy loop, jy sou gelukkig wees as jy dieselfde een sou kry. Hulle was egter volop en met moeite het al ons kliente hulle koedoes gekry.

Hoe verder daar na die suide gegaan word raak die wereld minder ruig en word dit later n gebied waar lang skote geskiet word. By die panne was dit sommer oop en sou daar nie werklik gejag word nie, wild kon die voertuie baie ver sien. Ek het reg suid gery om die Potopolo kanaal by n sekere Kremetart oor te steek want die grond langs die water was vals en ek het al daar vasgeval en sou dan die panne van uit die suide benader. Hier was groot troppe springbokke en baie mooi ramme by en ek het vir Luka gestuur met die 6,5 en die 270 wat by hom was om vir Jack te neem vir een. Daar is enkele bome en die gras was nog hoog na die somer en ek het op my bakkie se dak by die boesmans gaan sit en met die verkyker hulle dopgehou onder die skaduwee van n kameeldoring. Hulle het reg teen die wind bekruip van boom tot boom en die totale afstand vir Jack was seker vyfhonderd meter wat hy moes loop. Ek het die meester Luka dopgehou en geweet dat een ekstra man die jag sou kelder, hy is van boom tot boom en Jack het bygehou en ek het later nader gery tot so driehonderd meter van die bokke af en hulle gesien aanle. Dit was n groot trop bokke en die bekende gebler/ knor van so n weiende trop was ver hoorbaar en dit was maar die kommunikasie van die spesies. Die bokke het skielik gaan vassteek en ek kon die skril geluid van n breekop arend hoor toe die skoot klap en ek die bok sien neerslaan en ek het die harde klap van die 6,5 gehoor wat harder as die 270 was. Bokke het in alle rigtings gespat en drie jagluiperds wat ek nooit gesien het nie het by die bakkie verby gehardloop en ek het nader gejaag , daar kon leeus ook wees. Dit was altyd lekker om n jag vanaf die kantlyn te kon sien gebeur en hierdie een was perfek. Die bokke het bly beweeg en wei en Luka het hulle met die breekop se geluid gebriek. Weer het die natuurkinders my verbaas, hulle was eeue voor my met hulle veldkennis. Dit was n pragtige ram, ons het die pens uitgehaal, die midderif gesny en hom aan sy kop gehang vir n tyd om uit te bloei omdat ons nie sy keel kon sny nie want hy moes gekuip word. Die fotos het nou op Luka neergekom en hy was knap daarmee. Die mense wat van Rhodesie afkomstig was, was baie verder gevorder as die inheemse rasse. Ons sou die aand in die veld van die bok gaarmaak. Ook iets waarmee Luka baie goed was. Hy het n paar vars volstruis eiers opgetel en moes nael vir die vale om van die mannetjie weg te kom. Dit was die boesmans se geliefkoosde gereg en ek het menige boesman n hele eier sien opeet.

Ons het gery na n groep boesmans se plek wat ek Syferwater gedoop het en waar n klein fontein was wat nie brak was nie. Op pad het ons drie ou blouwildebeeste gesien en Luka was lus vir hulle, hierdie slag sou Jack die 8mm neem. Hulle is taaie diere en gaan moeilik dood by n swak skoot. Gelukkig was die wereld hier oop en sou ek hom met die bakkie skraap as dit moes. Ek het gese dat hulle al drie moes skiet, dit was n groot groep boesmans en die trofee sou gratis wees. Weer het Luka die bekruip werk gedoen en die twee het mekaar verstaan want hy was Engels vlot magtig. Hy het eers vir Jack laat skiet en ook n tweede een en toe wat vir my n wonderlike skoot was het Luka die laaste een in die hardloop geklop dat hy gat oor kop met n stofwolk neerslaan. Luka was van al my jagters die beste skut, hy was beter as ek. Dit was drie mooi ou bulle en ons sou een kuip en in die sout toe rol saam met die springbok. Die res sou vir die boesmans wees. Jack was in ekstase, dit was n wonderlike jagdag en dit was nog n uur voor middagete, en ons is na Syferwater. Jy sal die Aussies nie beindruk met die inheemse volke van Afrika nie. Hulle ken hulle nasie wat hulle het en dit gaan nie goed af by hulle nie. Rassisme was baie erger in Australie in 1978 as in my land of Botswana. Die boesmans wat nomade was en waaroor ek so bekommerd was, het hy geen saak mee gehad nie. Hy het hulle as “aborigines” gesien en dit het hom nie aangestaan nie. Hulle was baie groter rassiste as ons en ek het dit vir hom gese. Hy het gese dat hulle leef in die grote land Australie maar dat dit eintlik n land van ateisme is en dat my jammerlikheid en geloof sou uitgelag word in sy land. Ek het die bokke gelos by die boesmans en besluit om in die veld te gaan slaap. Ek het n baie groot deel van my lewe in die opheffing van die mense in gesteek en ek sou nie kritiek van enige mens aanvaar nie. Ek het die suidelike leeus geken en geweet dat ons nie baie sou slaap nie, dit was sy keuse, leeus of boesmans. Hy was meer lus vir die leeus en dit sou hom die ware Afrika leer ken.

Ons het tussen twee bome gaan kamp, die een n Worsboom en die ander n Anaboom en so n ent weg was n paar Maroelas. Dit was oop om ons en die maan was nog nie vol nie maar baie naby. Die springbok was lekker soos hulle altyd sal wees en Luka het sy beste probeer en die fillette van die wildebeeste ook. Die wyn was goed en die aand was mooi en ek kon die leeus hoor praat van ver af. Hier naby die panne het net nomadiese leeus geloop en hulle was altyd honger en ek het hulle hoor nader kom. Ons het n lekker dag gehad en ek sou altyd vroeg gaan slaap en teen lank voor ligdag opstaan en vuurmaak en die dag beplan. My mense sou op die bakkie slaap en ek en Jack in my stasiewa. Die bakkie was reg ingerig en ek sou graag wou buite slaap maar die leeus het my afgeraai. Hy het al geslaap en ek en Jakkie het op die radio gepraat en ek het my misnoe vir hom verduidelik. Soos hy maar was het hy gese dat hy moes maniere geleer word. Jakkie en ek het leeus geken, ons was maar net enkele dae in Botswana toe ons die eerste maal tussen hulle moes slaap met die ou Ford F 250,s. Die slaapbankies agter in die stasiewa was maar smal en n man kon nie rondrol nie en die skuifvensters het ek altyd oopgemaak vir vars lug. Die twee kuipe was in die sout toegerol en met die wenas in sakke op getrek aan die wors boom. Die bakkie waar Luka hulle geslaap het was met n seil toegemaak oor die tralie werk wat die leeus moes weg hou.

Ek het gele en dink oor my boesmans wat so onbeskaafd en rou was toe ek hulle die eerste maal gesien het en hoe mooi hulle nou gelyk het met die olyfgroen oorpakke en die skoon gepoetsde militere stewels, die groen pette en hoe graag hulle netjies wou wees. Vir my was dit n persoonlike oorwinning om die opheffing van die drie te kon doen en hoe lojaal hulle was al het hulle soms pak gekry. Jack het langs my gele en snork en ek het by die voorste deur uitgeklim en op die neus gaan sit en my pyp opgesteek. Die tabak rook het vir Sixty laat praat onder die seil en hy het dit weg getrek en my van hulle bakkie af beskou. “ Kapitanie moette slape, die reeus was al hie hulle isse baie naby. Luik net die lug, ene reeu. Ek ruik die leeus Sixty, het jy nog tabak? Ekke salle mole vat, die reeus gane lastig laak.” Die sterk leeureuk het my weer die bakkie laat opsoek en ek het agter die stuurwiel gaan sit en gesien dat dit maar tienuur was en lank aan my pyp gesuig. Die maan was op en helder en onder die sak met die kuipe so tien meter voor die bakkie was vier leeus. Dit was mooi maanhare maar nog jonk en hulle het die sak wat so lekker ruik en die bloed druppels daaronder geruik en bespuit later. Ek het na die linkersitplek gevoel en die koue lope van die dubbel gestreel en gewonder hoekom die staat nie meer kla oor ons die uitskiet van nomade gestop het nie. Langs die bakkie kon ek nog die dowwe kole van die vuur sien en die ander bakkie wat so ses meter weg gestaan het en die gefluister van die manne agter op. Jack het geslaap en ek het geweet dat die leeus sou brul. Ek het hom gaan wakker maak. “ Come and have a look, there are lions surrounding us.” Hy het voor by my kom sit en ek het die geweer by my geneem. Hy wou nog gaap toe spring die leeu op die bakkie se neus en staan n rukkie en toe op die dak. Daar was nog komberse en ons water kanne en roosters op die dakrak en hy sou hulle verskeur en ek het die bakkie aangeskakel, dit het die leeu laat afspring met n dowwe “oemph” en ek het die bakkie afgeskakel. Hy het voor die bakkie gaan sit en ons soos n hond bekyk. Die ander al snuffelend rondom die bakkies. “ Dammit, I’d love to shoot one of these beasts, they are huge and it seems afraid of nothing. They are indeed Jack, they are still young but fully grown. We will get one for you, may be in the morning, if you would wound it tonight the others will devour it.” Toe begin die leeus brul en dit was later n koor van leeubrulle wat oor die vlaktes getrek het. Ek het gaan slaap en Jack het gese dat hy baie min geslaap het. Ek was vroeg op en het die vuur opgemaak toe dit net lig word en vir hom tee geneem, sy oe was taamlik rooi en hy het pap gelyk.

Ons het begin ry met die boesmans op die dakrak en hulle moes sommer die leeuspore ook volg en kyk vir aasvoels wat sou begin draai as die son opkom. Dit was vroeg en die wild sou na die koel nag teen die son staan voor hulle begin wei. Tog moes ek reg oos en dus teen die son ry om die leeuspore te volg. Leeus was nie ons eerste keuse nie maar was op die lys van die kliente. Ek het geweet dat koedoes teen die son sou wees en dit was nie lank nie of Twenty het n paar bulle tussen die lae Mopanies gesien. Daar was drie besondere bulle by en ek het gedink om saam te jag weens die leeus maar Luka het gese dat die bakkies liewer moes ry na waar die palms n digte eiland gemaak het en ek sou hulle daar kry. As hy net my dubbel gehad het was hy nie vir leeus bang nie. Die dubbel was vir Luka soos n sierraad en n geweer waarmee hy geleer jag het in Rhodesie en ook in Zambie . Hy en Jack is by die bakkies weg met die dubbel en die 8×68 met n teleskoop op. Ek kon koedoes sien maar het reg noord gedraai na waar die aasvoels begin draai het en dit was n hele ent van Luka af. Ek het weereens Selby se reels verbreek maar het volle vertroue in Luka gehad en op die pad het Jack gese dat ons inheemse nasies darem baie beter as die van sy land was. Ek was nie beindruk met sy rasse klasifikasie van mense nie, as dit sy opinie was kon hy dit maar vir homself gehou het en ek het dit so gemaak verstaan. Ons was almal gaste in n land met n swart regering wat vir my baie goed was en die soorte praatjies was nie hier toegelaat nie. Hy moes ook met sy familie praat wat saam met Katwindi en Temba gejag het, ek het geweet dat die twee manne van my meesters was en nie hulle strooi sou vat nie. Hulle het al gejag saam met baie van die wereld se hoe lui en het geweet wat hulle doen. Hulle was wat jag betref my meerdere en ook hulle mense verhoudinge was op n hoe standaard. As n man die werk kon doen en beter as my nasie was het ons geen keuse gehad as om hulle te gebruik nie. Jakkie het botweg geweier om ooit weer jong jagters van Selby in diens te neem. Hy het gese dat hy genoeg van ergernis gehad het.

Daar was n swartwitpens gevang deur leeus en dit moes al vroeg aand gewees het want hy was amper opgevreet. Dit was n baie mooi bul met lang horings wat enige trofee jagter sou trots gelaat het en ek sou die horings kom afneem by hulle later. Hierdie slag was dit vyf leeus en ook vyf nomade en twee het nog gele en vreet terwyl die ander al dik was. Daar was twee groot ou mannetjies by en ek het besluit om met die bakkie weg te beweeg nader aan Luka en miskien terug te kom vir een van die ou manne. Ons het gaan stop baie naby aan n jakkals nes en hulle was ontevrede en Sixty kon nou al die bakkie beweeg waar ek dit wou gehad het. Hulle het die bakkie bly jaag en ek het nog braaivleis gehad van die vorige aand en hulle gevoer. Hulle het later baie mak geword vir ons toe ek Luka se skoot hoor klap en nader gery het. Op die oop gedeelte kon n mens skote ver hoor maar die een het baie nat geklink en Twenty het die pad gewys. Hulle het n baie mooi koedoe bul geskiet en Jack was in ekstase oor die 8mm wat die bul baie gou omgestoot het. Hy het die kaliber nie geken nie. Ons het die fotos geneem en die pens uitgehaal en vuur gemaak vir oggend ete.

“ Jack enjoy your breakfast, I want to have a go at a troop of lions not far away and there is one hell of an old man wich will make you proud. Pine don’t spoil my appetite, it,s been such a nice trip so far, after last night I really want to shoot a lion. They did nothing to make me sleep in comfort, they owe it to me. Nothing is for granted in Botswana Jack, make no mistake about that. Things can change very quickly here and it can also get nasty. Lions are not for the faint hearted, it will challenge your courage. We will be hunting on foot and this time I will accompany you. I will appreciate it Pine.” Ons het klaar geeet en ek het in die leeus se rigting gery en die bakkies gelos by die boesmans wat nou darem al effens kon voertuie beweeg. Die koedoe was gelaai en dit was n mooi bul, nie uitsonderlik nie maar baie mooi. Luka en ek het Matabele gepraat, hy was nou my junior maar met die dubbel en ek met die getroue 416 en Jack met die 404. Ek wou net een spesifieke leeu skiet, n ou mannetjie met baie snare oor sy neus. Hy het geslaap toe ek daar weg was n paar uur gelede en sy nasie hou van slaap. Op die stadium het ek werklik leeus geken en ek het my self as n goeie leeujagter beskou. Van die vier groot vyf was hulle die voorspelbaarste en ek het nie meer leeu vrees gehad nie. My bekommernis was die aasvoels wat al in die bome sou wees en ons sou moes baie mooi bekruip. Van die bok sou maar min oor wees.

Ek het weereens seker laat maak van die gewere en ons sou moes minstens n myl loop en dan skiet en stil sit. Ek het die voortou geneem en hoewel daar baie diere langs die pad was het ek reguit koers gekies na die palms waar ek geweet het hulle was. Die blare het begin val en het maar gekraak onder ons voete maar slapende leeus het net die mens as vyand gehad behalwe vir hienas wat skaars en in klein troppe was in die suide. Ek het werklik my beste vernuf probeer ten toon stel en die wind getoets hoewel reuk by leeus nie so n faktor was soos by olifante nie. Ons kon baie naby kom want Jack het bly kla oor sy geweer nie n teleskoop gehad het nie. Ek was spyt dat hy nie die 8mm gehad het nie. Ons kon tot baie naby kom sonder die aasvoels wat al op die grond was se gekekkel en die ou leeu het op dertig meter op sy sykant gele met sy bors reg na ons toe. Hy sou moes oor sy knie skiet en ek het hom tot in die kaal gedeelte gelei toe die aasvoels begin raas en opvlieg. “ Get ready, he will stand up, then whack him on the shoulder, he will go down and we will be there for you.” Die mannetjie het net op sy vol pens gaan le en met sy geel oe probeer soek in ons rigting met die twee van die ander wat ek kon sien, dit het my gepla. Ek het nie gehou van leeus wat ek nie kon sien nie.“ When you are ready, take him, I am at your side.” Die skoot het die leeu plat gehad en die ander het met vol pense weg gedraf en omgekyk en een het vas gesteek, ek het die geweer op hom gehad en hom hard geskel, hy het ook weggedraf met die vlieende aasvoels en hulle mis wat soos toue gehang het in die lug. Die leeu was nie dadelik dood nie en het die grond om hom gebyt en geknor en geraas. “ Take him again on the shoulder.” Dit was sy einde en ons het lank so in die stilte na die skote gesit en die dooie leeu beskou. Ver weg kon ek die bakkies hoor nader sukkel met die leerling bestuurders.

“Good shot Jack, he never had a chance, your first one was a bit too low, the next one hit the spine, he is an old warrior, just like you. You led this lion trip Pine, I must congratulate you, it was done by a master in his own class. No Jack, there will always be something to learn, I was just lucky. No Captain, you did the best, I have hunted many lions, in Zambia and Rhodesia, Katwindi told me about your lion hunting capabilities, he rates you the best. Thank you Luka, we as a team will always do our best.”

Hulle het die fotos geneem en ek het die swartwitpens se kop gaan afsny want ek het sy horings op minstens 40” geskat en dit was n ware trofee, by die basis het hulle 43 gemeet, ek het altyd swak geskat, tot vandag nog. Ons het die leeu gelaai en is huistoe. Vier trofee in twee dae was genoeg. Die taksidermie manne moes slag en hoor wat die klient wou gehad het en ek het nie vir nog n snork aand saam met Jack in die stasiewa kans gesien nie.

30 April 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed