‘n Bastergemsbok en ‘n Swartwitpens
By n groot jag wat gewoonlik maar eenmalig plaasgevind het moes daar baie spesies gejag word deur een klient, wat baie male die eerste en laaste maal na Afrika gekom het. Selby het verskillende pakkette aangebied wat gewoonlik soos die jag verloop het groter geword het. Baie jagters het streng by hulle kwota gehou en ander het uitgebrei en nog ander het my gehelp probleem diere skiet wat hulle baie goedkoop kon kry. As n jagter vir drie weke in my geselskap was dan het ons gewoonlik n baie goeie verhouding opgebou en kon ons sy kwota rek binne perke van die wet en sy begroting. Alles is deur natuurbewaring manne goed gekeur en sy trofee sou uitgevoer word met die nodige staats permitte en toestemming. Die jagkoste was goedkoop teenoor die res van Afrika en as die jagters eers die wild gesien het dan het die jag baie male groter geword. So het John Gleeson sy droom kom verwesenlik voor hy sou sterf om een olifant te skiet en met bykans sestien spesies en amper gesond terug gegaan na sy vaderland. Hy het ook (“ I really stayed too long Pine, but every minute was worthwhile”) baie langer gebly. Natuurlik was alles voor betaal en is alles reg gedoen. Maria het elke derde aand die getalle deur gegee na Selby se kantoor en die rekeninge is daar gedoen, ek het nooit met die geldsake gewerk nie. So het ons maar jagters beoordeel en as hulle in die regte klas geval het, het ons werklik baie moeite gemaak om hulle die volle kwota wat ons kon bied na hulle smaak te laat skiet. Sommige slae moes hulle skuif na ander konsessies vir veral die kleiner spesies wat ek nie laat skiet het nie.
Bastergemsbokke is aggressiewe diere en die bulle verdra glad nie ander bulle by hulle koeitroppe nie. Of dit op wildsplase ook onder onnatuurlike toestande so werk het ek geen kennis van nie, ek ken net die wat nie tussen heinings was nie. As n bul byvoorbeeld by n sloutlek was het geen boksoort van enige soort dit naby gewaag nie. Swartwitpense was ook baie beskermend teenoor hulle koeie en het ook nie ander bulle verdra nie, tog was hulle minder aggressief en nie so aggressief soos bastergemsbokke nie. Daar is min dinge so mooi soos twee bulle wat mekaar opweeg en die stywe nekke en uitpeul oe maak vir mekaar. Ook is bastergemsbokke van die swaarste bokke en weeg die groot bulle baie kilogramme en beslis meer as n koedoe bul. My eie beskeie opinie van die 375 was dat hy eintlik die geweer was vir die groot en swaar bokspesies, hy het met die fabrieks koeels wat ons in 1978 gehad het gesukkel by buffels en in n mindere mate by olifante. Hy was geweer en kaliber genoeg as die skut se skootplasing reg was, al ons kliente was nie meester skuts nie en die 400 greine het net so veel beter gedoen. Ek se dit nie om n kaliber polimiek te veroorsaak nie. Groter en swaarder was net beter en het net meer vertroue ingeboesem by ons wat dit elke dag gedoen het. By katte was die 375 n wonderlike kaliber en selfs op seekoeie het ligter kalibers baie goed gedoen. Dit bly egter een van die mees wonderlike kalibers wat seker ooit gemaak was. Net so het die 458 n baie swak naam gekry tussen jagters oor Kynoch swak patrone gemaak het, tog het ek baie ou jagters gekry wat net met die kaliber alles vir baie jare geskiet het en gesweer het by die kaliber. Dit was dieselfde met die 577 wat nie diep genoeg kon penetreer nie. Dit was maar eie smaak en ook eie voorkeure. Vir ons wat baie met die groot goed deumekaar was, was dit nogal n ontnugtering as n dier nie geval het na n goeie skoot nie. As n kaliber jou een maal in die steek gelaat het sou jy sukkel om weer vertroue op te doen met hom. Baie beter kalibers, kruite en koeels is na my jagdae in Botswana ontwerp met baie groot suksesse, ook het ons land onder sanksies deurgeloop en was alles wat in Botswana gekry was maar deur die RSA ingevoer. Penetrasie was die enkel rede vir Selby om net met die 416 te skiet, hy het die kaliber met sy lewe vertrou. Ons kon nie net skiet met wat ons wou nie, daar was beperkinge. Hier het die kuns van herlaai en goeie koeels baie sin gemaak en kon kalibers tot hulle eie reg kom. So het die 458 met 450 greiners baie goed gedoen en selfs met 400 greine. Bykans alle Amerikaanse kliente het vir Selby herlaai komponente gebring as hulle direk na Botswana gevlieg het en dit het ons op datum gehou met met ons behoeftes. Ek weet nie en glo nie daar was herlaai komponente te koop in ons land nie, as daar was het ons dit nooit gebruik nie.
Ons is terug na Nyati en ek wou die gebied ten suide van ons gaan jag waar Jack die eland geskiet het en die wereld baie groot gebrand het die vorige winter. Hier was n paar kampies wat ons gebou het waar ons ook agter heinings kon slaap. Die suidelike Chobe het nog baie water gehad en die goeie weiding het die troppe wild laat langer bly as gewoonlik voor hulle noordwaarts sou migreer. Omdat daar so baie spesies wild in die Chobe was moes n mens maar besluit vooraf waarvoor jy sou gaan en die ander uitlos wat jy nog moes skiet, anders sou jy dalk nooit werklik uitkom by dit wat moes geskiet word nie. Op die Swerfvlakte en by Rooigrond en Lekgrond was baie bastergemsbokke en swartwitpense, hulle moes net gesoek word. Gelukkig was Jack nie so behep met horinglengtes soos ander kliente nie, dit moes net n mooi verteenwoordiger van die spesies wees. Hier was ook mooi gemsbokke en hier en daar maar baie skaars, was bulle wat se horings ook effe na agter gebuig het. Hy wou egter n reguit horing bul skiet en die more by ons watergat by die kamp was n besondere mooi bul maar ons het nie binne n radius van tien myl om die kamp onnodig geskiet nie en glad nie gejag nie. Ek het net een gekweste koedoe bul een dag by die water geskiet. Ons sou dus gaan vir n bastergemsbok, swartwitpens en en gewone gemsbok en die ander soorte los. Dit sou moeilik wees want op die gebrande veld was ook baie blouwildebeeste en zebras maar hulle was volop en bykans oral oor die gebied versprei.
Ek het al redelik bastergemsbokke geskiet op die stadium maar het net eers weer met Katwindi beraadslaag wat gese het dat die bulle wat hulle troppe verloor het heel op hulle eie loop. Hulle sou naby ander bulle kom maar nie meng nie, dit sou my beste trofee wees om te soek.Ek het al n hele paar bulle by koeie geskiet waarvan ek nie gehou het nie. Hy het my ook gewaarsku dat hulle ongeskik raak as hy gekwes sou word, ek het dit al saam met Selby gesien in die bo lope van die Delta. n Swartwitpens het my ook byna geskraap net toe Ben Grobbelaar by ons begin het en die bok deur boesman kinders se honde vasgekeer was. Geen dier het gehou van honde nie en ek het by die wilde boesmans gesien hoe behendig n gemsbok met hulle honde gewerk het. Ons was omterent vier myl ten noorde van Rooigrond waar daar nog n watergat was wat baie water gehad het en ek het n hele ent weg stil gehou en vir Luka nader gestuur, hy wou my dubbel gehad het en ek het hom die more die 9,3x 74 laat saam ry met sy gewone 404. Ek het dit maar laat doen om vir Jack die lopery te spaar want hy was nog fiks vir sy jare maar daar het n paar jagdae voorgele. Hy het terug gekom en gese dat daar n bastergemsbok naby n groep eland verse was. Dit was n goeie bul en hy het een kant gele en herkou naby die soutlek. Hy sou vir Jack alleen neem en dit was nie vir my nodig om saam te gaan nie. Daar was nie gevaar van ander diere nie en ek sou nader ry tot so agthonderd meter en hy sou weer die berghaan roep gee as hy my nodig gehad het. Ek het die tydjie gebruik om met Jakkie en Kabous op die radio te praat en weer my ouers te skakel met die staat se foon. Ek het lank met my Pa gepraat en oor Paul Autio se jaggie by ons op die plaas. My pa het glad nie gejag nie en het so bietjie gestres oor die jagtery. Hy kon maar net die werkers gestuur het met die 4×4 bakkie en hy sou verder self regkom. Ou Koos het geweet waar die bokke loop en hou en hy kon Engels praat en verstaan en niemand het die plaas beter as hy geken nie. Die manier van afslag om op te stop moes hy maar net vir hulle verduidelik. Jeannie kon dit ook wys aan die werkers en hulle het uitgesien om haar weer te sien. Ek sou wat wou gee om in my eie wereld te kon gejag het maar dit was my nie beskore nie. Ons was vol bespreek en die werklike jagseisoen het voor die deur gele, ek het ook weens ander verpligtinge te min gejag en gevoel dat ek nie my kant ten volle bring teenoor die maatskappy van Selby nie. Hulle sou van Jan Smuts af George toe vlieg en my ouers en ou Koos sou met twee voertuie die drie vrouens en haar pa loop haal. Van daar sou hy net vir Jeannie-hulle kom aflaai en dan weer terug VSA toe gaan weens werk verpligtinge. Hy sou nie nou in Botswana kom jag nie waaroor ek heimlik bly was, ons was net te besig.
Twee dowwe skote kort op mekaar het my laat wakker word en ons het met die bakkies nader gery. Hulle het goed bekruip en kon tot so tagtig meter vorder en die bastergemsbok het by die lek gestaan en sy skoot was reg en die bok het dertig meter gevorder en neergeslaan toe daar n klompie zebras van n heel ander kant af water toe storm en hy n hings baie naby in sy kuiltjie kon skiet. Hulle was besig met die fotos en ek en my boemans met die spore om die watergat. Dit was nou twee bokke en ek het gehoop dat daar boesmans sou wees by Rooigrond anders sou ons die volgende more moes huistoe gaan met die veis. Dit was nog voor middag ete en ons het die bokke gelaai op die “belting” en met die wenaste opgetrek en toe ek nader kom aan Rooigrond het ek rook gesien en geweet dat daar vleiseters sou wees. Ons het die bokke aan die Tambotie opgetrek en gekuip en dit was byna donker toe ons klaar was. Ek het van die snitte vir my boesmans en Luka gehou en ek en Jack sou die aand regte bees biefstuk en aartappels op die kole gaarmaak. Ons slaap plekke was afsonderlik omhein van die boesmans af wat ek laat doen het om die honde en ander klagtes uit te hou. Daar was vier glasvesel hutjies in ons plekkie en Jack wat taamlik kon lawaai in sy slaap het sy eie plek gehad en ek myne en Luka syne langs my en die boesmans ook hulle eie. Ek het die spesifieke groep nomade geken en hulle was soos altyd baie dankbaar en teen donker was daar maar min vleis in ons gedeelte oor en het hulle vure hoog gebrand. Ons het lanterns gehad om lig te verskaf en ek en hy kon lekker sit en gesels en die geluide by Rooigrond se water na luister en Luka het vir ons vertel wie watter geluid maak en hoekom. Die boesmans het ook elk een n groot bier gekry en baie gou was die tonge los. Luka het ek as my gelyke behandel en hy het saam met ons eers whisky en later by die vleis n glasie rooiwyn gedrink. Baie jare se jagte het hom geleer kos maak op n vuur en hy was goed daarmee. Die kuipe was toe gerol in sakke in sout en het aan die boom gehang. Luka het weereens die wilde boesman bure die wette gaan voorlees, hulle het dit teen die tyd goed geken.
Soos gewoonlik was ek vroeg op en het die vuur gemaak brand en ek het langs die heining gaan sit en die diere by die water dop gehou. Daar was baie soorte en die rustigheid van die reservaat het my opgeval. Behalwe vir ons en die boesmans was hier nie gejag nie. Ons kon nie n breukdeel van die wild skiet nie en baie vleis van die boesmans het hulle by ons gekry. Tog was die idee dat hulle moes selfvoorsienend wees binne die reservaat. Hulle het baie anders gelyk as toe ek die eerste wilde boesmans raak geloop het en n mate van tevredenheid het oor my gespoel. Hulle was versorg en nie meer slawe nie en die mense was in n goeie mediese kondisie. As hulle mediese probleme gehad het sou hulle n hardloper stuur en die mediese mense sou baie gou by hulle uit kom. So ook met probleem diere. Tog het die swerflus waarvoor hulle so bekend is hulle maar gedurig gepak, daaraan kon ek niks doen nie. Hulle was kinders van die veld en hulle het geglo dat hulle die veld besit.
Ek wou oor die Swerfvlakte na Lekgrond toe ry, dit was n redelike afstand met lae Mopanie veld en groot gebrande vlaktes wat nou na die somer begin vaal word het maar nog baie kos gehad het. Ek het geweet dat daar sou boesmans wees by Lekgrond. Ons het baie wild gesien maar die eerste moes of n gemsbok of n swatwitpens wees. Luka het my op sy bakkie se radio gestop want daar was twee gemsbokke aan die baklei op n groot stuk pan en ek het my 8mm vir Jack gegee. Daar was nog bokke wat gewei het maar die twee bulle was doenig met mekaar en hulle is deur die hoe gras weg wat omtrent n vyfhonderd meter se bekruip sou wees. Ek het gese dat hulle beide bokke kon skiet vir ons boesmans by die kliniek ook en op die bakkie se dak gaan sit met die verkyker. Hulle kon lekker baklei en het hulle dan aan geen ander dier of mens gesteur nie. Hulle het tussen die gras weggeraak en ek het maar gehoop dat daar nie leeus naby was nie. Ek kon hulle volg waar hulle tot byna op die kant van die droe pan gekom het en het die stof van die twee gesien en vir Luka waar hy die skietstokke staan maak sodat Jack kon sit en skiet. Sy eerste skoot het die bok in sy spore laat sak en die ander een was baie verbaas en het n rukkie gestaan en toe die dooie en getakel. Ook die skoot was goed en hy het bykans teen die ander een gele, ek en Jas het nader gery. Die fotos is geneem en die pense uitgehaal en ons sou deur n redelike ruigte ry na die volgende nedersettinkie. My boesmans was no bo-op die bakkie se dak rak want ek wou n swartwitpens he.Ons het lank gery deur die veld en alles gesien maar nie n swartwitpens nie. Ek kon al die Kremetart sien wat by die kampie was toe hulle met die stok aan wys dat ek moet stop. Daar was n paar bulle wat loop en wei het en op pad was water toe. Hulle was vier in totaal en Luka het drie skietbares kon uitwys. Ek wou hulle met die bakkie afsny voor hulle by die water sou kom wat so drie myl weg was en daar was n groot oop gedeelte maar dit was n wye wereld en ek het nie geweet waar hulle presies sou loop nie. Ons het op die kant van die ruigte gaan staan en ek het vir Luka en Jack gestuur om na n klein eiland bykans in die middel van die vlakte te gaan en weereens gehoop dat daar nie leeus sou wees nie. Hulle was so driehonderd meter weg toe my moed my begewe en ek agterna is. Hierdie was leeuwereld en hulle was ongeskik. Hulle het net stelling ingeneem onder die paar palms toe ek by hulle opdaag. Ek het werklik gevrees vir leeus tussen die palms.
Dit sou n lang skoot wees soos ek geskat het waar die bokke sou uitkom en oor die kaal stuk pan sou loop. Ek het die 8mm wat op 150 gezero was en redelik plat geskiet het met die 180 greiners se teleskoop afgevee en vir Jack lekker maak sit en my afstandmeter by my gehad. Daar het ander wild ook oor die vlakte geloop, baie volstruise en wildebeeste en zebras en n paar tsessebes en ons het redelik gewag vir die swartwitpense want daar was nou n ligte stofstreep oor die pan. Hulle het nader aan ons uitgekom as wat ek te wagte was en op die meter was dit 130 meter en dit was nou ses bulle n redelike ent agter mekaar. Luka het gese “Zin tato” die derde een wat werklik n imposante bul was. Hulle het bly loop en ek het vir Jack gese om op sy nek te vat want hulle het nie geweet van ”lead” nie. Die skoot het die bok laat sit maar hy het met n vaart weggevlieg en in die stof van die ander diere weggeraak. Ek kon nie die skoot sien nie want ons het laag op die grond gesit en agter my het ek die bakkie met Jas en Sixty in eerste rat en later in tweede rat hoor aankom. Luka het gese dat hulle nou al beter bestuur. Toe die stof gaan le was die die bok weg en die hele pan leeg en ek het die spoor gaan vat en dat Jack dryf terwyl ek op die spoor gedraf het. Al werklike swak aspek van die holpunt koeels was dat hulle nie maklik deur n dier gegaan het nie en die bloedspoor dus swak was. Tog kon ek duidelik die hoewe al hoe wyer sien oopmaak en die een been wat begin sleep het. Ek het my geweer vir Luka gegee om op die neus van die bakkie mee te sit en begin draf op die spoor want ek wou die bok he voor hy die volgende ruigte sou begin haal. Jack se skoot moes te ver agtertoe gewees het, die 180gr was swaar genoeg en die bok moes geval het. Daar was baie spore van baie soorte diere maar ek kon die spoor hou en het die volgende ruigte gehaal en ek het nog nie eens die bok weer gesien nie. Ek het op die stadium seker al 800 meter gedraf en sy spoor is reguit in die Mopanies en ek het die dubbel by Luka gevat en ek en hy is verder op die spoor. Die bul het sy agterkant in n sekelbos gehad en hy was kwaad vir ons, dit was moeilik want ek wou nie sy kop stukkend skiet nie en dit was ruig sodat ek nie aan sy sykante kon kom nie. hy het gedurig op sy kniee gaan staan en dit het my die plan gegee om hom op die skof tussen die blaaie te skiet met die 9,3. Hy het net daar geval en ek was werklik verlig. Om n bok te kwes was nooit lekker nie en die opvolg moes so gou en effektief as moontlik wees. Ons het hom gelaai en die fotos by die kamp gaan neem want dit was te ruig waar hy gele het.
Ek het die bok aan sy horings opgetrek in n boom en die pens en harslag uitgehaal omdat ons nie sy keel wou gesny het nie. Die midderif is oop gemaak en die niere en vetderm verwyder en ook die groot are langs sy niere sodat hy van die verkeerde kant af kon lekker uitbloei. Swartwitpense het ons maar min geskiet maar hy het van die lekkerste biltong na die kleiner rietbokke springbokke en rooibokke waarvan ek weet. Ek het die bok na n ruk laat sak dat sy nek darem nie te lank uitrek nie en van hom wou ek biltong maak. Jack se skoot was net agter die ribbes te hoog om die pens te vang en te laag om die ruggraat te tref. Een van die mees ideale kwesskote. Ons het ook die aand by die nedersetting geslaap en Luka het n baie kruppel leeu mannetjie gesien, dit was werklik n baie groot leeu maar sy boud het gesleep. Hy was alleen by die watergat. Die donker het ons gevang en ek wou die volgende more gaan kyk na die leeu en nog n wildebees skiet. Ek het die boesmans gaan uitvra oor die leeu, niemand het van hom geweet nie. Ek het nie leeus hoor brul in die nag nie maar Jas het gese dat daar een baie hard met n hees stem gesteun het, Luka het ook die leeu gehoor maar gese dat alleenloper leeus nie brul nie en as hulle seer gehad het sou hulle probeer skuil.
12 Mei 1978