n Leeu in die lang riete
Ten ooste van ou Manwasi se kamp byna teen die rivier was ook n bevolkingskampie. Hulle was naby die rivier en ek het moeilikheid gehad om die mense te oortuig om te plant en te saai. Mense wat naby die riviere gewoon het was nie so gediend om te plant nie want die water het genoeg gebied om te eet. Dit het ook maar sy druk op die vis en ander protein bronne van die rivier geplaas, iets waarop hulle ten volle geregtig was.
Hulle was toegelaat om alles wat in die water gewoon het te eet, behalwe seekoeie en herkouers. Hulle was ook van n ander politieke party as die res waarmee ek gewerk het en daar was toordokters waarvoor ek nie tyd gehad het nie. Dit was seker net normaal dat as die bevolking nie met my wou saamwerk nie ek dan ook minder aandag aan hulle sou gee.
Om te gaan werk waar jy nie welkom gevoel het nie was nie vir my nie. Dit het n lang aanloop gehad want die mense het aan die tsetse spuitspanne vleis verkoop wat hulle in strikke gevang het en ek het hulle daaroor aangetree. Hulle het my gesien as n betreder van hulle gebied en ek het besluit om n lae profiel te handhaaf en alle staat inmenging te stop. Probleem diere kon ek nie stop nie want hulle het rond beweeg tussen nedersettings anders sou ek nie soontoe gegaan het nie.
Ook was dit opmerklik dat baie van die natuurbewaarders wat ek nie mee oor die weg gekom het nie van hulle gekom het. Ons het dus besluit om die standaard werk vir hulle te doen en niks meer nie. Die nonne was nie welkom by hulle nie en ook nie die staats veearts nie. Dit was net die een groep mense in die hele gebied wat so opgetree het en ek het geweet dat as ek sou kla by die minister hy net die weermag sou stuur en ek was nie lus daarvoor nie.
Dit was ongesond vir mak vee langs die water en omdat hulle nie mense daar wou toelaat nie het hulle vee ook nie eintlik meer geword nie en was dit maar van die agtergeblewe mense by ons. Die hoofman en sy toordokters het basies n skrikbewind gevoer en ek het dit laat begaan. Die regering sou dit wel op een of ander stadium uitsorteer. Hulle het staatsinmenging as indringing gesien en het, soos ek gehoor het ook geweier om te stem.
Dit was n misdaad in Botswana as jy geregistreer was om nie te stem nie. Tog het die hoofman die toelaag van die staat aanvaar en dit het hom my, met afkeur daar toegelaat. As ons sou gaan vleis aflaai was dit asof ons hulle die vleis skuld, dus het hulle minder gekry en so sou die gevoel net vererger. Die toordokters moes ook eers die vleis goedkeur of seen of wat ook al en ek het n paar male my afsku daaroor gewys. Ek was maande gelede laas by die plek en het op n stadium my mense daar verbied. Wat my betref het hulle nie bestaan nie solank die natuur nie daar onder gely het nie, indien wel sou ons optree en ek sou die staat se hulp inroep. Hulle was soos met alles, ook baie ontevrede met die donkie belasting wat ons ingestel het.
Hulle het eintlik in die gebied van ons Ingwe konsessie geval, dit was waar die snaakse jagte gedoen was en ook van Kabous se gestremde jagte. Die konsessie sou reg deur die jaar jag want dit was nooit groot trofee nie en was maklik om te skiet maar het baie tyd geneem, n baie groot deel van ons luiperd kwota is elke jaar daar geskiet. Dit was ook hoogs betalend want dit was werklik al waar die tipe jagte aangebied was. Dit was nie my soort jag nie, ek kon nie vir ure saam met n mens wag dat diere na my toe moes kom nie.
Johan Adriaanse was reg ingestel vir die tipe ding en hy het die natuur en sy diere geken en sou baie soutlekke en ander lok middels uitsit en weet waar watter spesies voorkom. Hy was n kenner van handwapen jag en het ook boogjag bemeester, ek het ook nie daarvan gehou nie maar het nooit ander soorte jag gekritiseer nie. Ek was ook nie n haelgeweer jagter nie maar het dit nooit afgekeur nie. Vir my was jag met n koeelgeweer die ding waarop ek versot was en ek het dit geniet. Ander vuurwapens en soorte jagte het my nie so bekoor nie.
Die kwessie van Luka wat by my wou kom woon en jag het ek en Jakkie opgelos, hy het n baie hoe dunk van Luka gehad en was spyt om hom te verloor maar hy was nooit n man wat nie kon rede insien nie. Hy sou hom vervang met Rey se broer, Jaques, wat toe ook al n geruime tyd by Selby was en baie goed gedoen het daar.
Luka wou baie graag met n dubbel skiet en ek het eers met die 8x57R en later met die 9.3×74 laat oefen en hy was versot op laasgenoemde. Dit was n duur geweer wat Jeannie se pa vir my gegee het en ek het hom mooi gemaak verstaan dat hy nie beskikbar was nie. Ons het met die geweer 286gr Barnes geskiet en hy was van die min dubbels wat werklik akkuraat was maar geensins n langafstand geweer nie, verder as 150 meter was hy met die oop visiere nie so akkuraat soos n vastebrug geweer nie. Wat my betref was hy die ideale luiperd- en leeustormloop geweer hoewel die greine maar vir my min was. Swaarder was maar vir my net beter en penetrasie was bykans die eerste op die lys gewees by kaliber keuse. Hy het n eland vir die konstruksie manne met die geweer gekiet en was versot op hom. Later het ek n 404 by Selby getrek vir hom. Paul Autio het al sy groot 5 met die 9,3 geskiet en was versot op die kaliber, ek het nie regtig vertroue gehad in iets ligter as 400gr nie. Dit was maar persoonlike keuse en niks anders nie.
Een van die natuurbewaarders wat by die probleem kamp gewoon het, het laat weet dat n leeu mannetjie hulle baie lasting geval het en dat hy n probleem vir hulle was en ons hulp gevra. Die spesifieke mannetjie het sy bes probeer om in hulle basis te kom en om vee te vang in die nag, omdat hy alleen was, was hy n probleem. Ons het laat swarthaak takke aansleep vir hulle vroeer die seisoen en hulle het selfs dit met n mate van minagting bejeen. Probleem diere was my probleem en ek het dat Katwindi en Luka hulle regmaak om die leeukwessie te gaan ondersoek. Ek het die 416 en die 8mm geneem en Luka die 9.3 en Katwindi soos gewoonlik die 404. Ons het met die twee staatsvoertuie gery en die boesmans by die huis gelos want dit was net een leeu en met hulle leeuvrees was hulle net n ergernis. Ons het by Manwasi se kamp vertoef en hulle het nie veel van die leeu geweet nie hoewel die twee kampe nie verder as vyftien myl van mekaar was nie. Ek het so bietjie met die ou gepraat oor sy bure om so goed as moontlik voorberei te kon wees. Hy het ook nie vir hulle tyd gehad nie en hulle as beesdiewe beskou. Hy kon my egter raad gee hoe om hulle te hanteer.
Ek het nooit in hulle basis in gegaan nie en die natuurman het my kom sien buite die basis. Hy was nog steeds suur en het net gese dat hy ons die spore sou gaan wys. Hulle was suur omdat ek die 303’s wat die staat hulle mee uitgereik het laat afvat het want hulle het met die gewere gestroop, meer as wat hulle toegelaat was. Eers het ons probeer kontrole hou oor die getal ammunisie wat hulle geskiet het, dit het glad nie gewerk nie en ek het hulle laat ontwapen en die gewere is terug gestuur na die regering.
Die leeuspore het om die krale van die beeste en bokke gele en dit was nie snaaks nie want dit is hoekom daar krale was. Ek het drie slaysters gesien wat onder die sand weggesteek was en en Katwindi daarop gewys en gewonder of die leeu nie dalk al uit n yster losgeruk het nie. Dit was net die spore van een mannetjie en hy al om die kraal geloop en later ook om hulle basis en ek kon sy merke sien waar hy die grond gemerk het en ook waar hy gele en brul het. Ons het probeer om abnormaliteite uit sy spore te lees maar kon nie sien of daar tone weg was of dalk beseer was nie. Ek het maanhare teen die een swarthaak gekry en die was swart en lank en dit moes n groot kat gewees het want hy het ook n diep spoor getrap in die sand.
Ek het n ent op die spore geloop en die ander twee moes ons bakkies bring want ek wou hulle nie naby die basis van die mense los nie. Hulle basis was so drie kilo,s van die rivier af en dit was seker maar vir vloede want die water kon vinnig opstoot al het dit nie gereen nie. Dit het nie by hulle gebrand nie en ek was nogal spyt daaroor want die riete was gewoonlik lank langs die rivier en dit was nie n leeu skuilplek van nature nie maar hulle sou dit gebruik as die wereld kom warm word vir hulle. Ek het gewonder hoekom die mannetjie alleen was en dit het my gepla, hulle was gewoonlik in troppe, iets moes met sy maters gebeur het want hy sou oorspronklik uit n koalisie trop kom. Leeu mannetjies loop nie soos luiperds of bobbejane alleen nie. Daar moes n rede wees.
Dit was net so voor tien die more en die mense het nog nie hulle vee uitgejaag nie want dit sou die spore uitwis en toe ons begin loop het hulle daarmee begin en ek het in die rigting van die water geloop en die spoor was baie groot en ek het gedink dat dit n baie groot mannetjie moes wees. Hy moes al teen vroeg die more begin loop het en hy het in n rigting al parallel met die rivier gegaan maar tog n hele ent weg en ek het gewonder waar hy sou drink want sy spoor was nie by die mense se water nie. Ek het nie die area geken nie maar het geweet dat die rivier links van my was en nie te ver nie.
Ek het vinnig gevorder en kon nie werklik uitmaak of die spore begin warm word nie en het die bakkies agter my gehoor aankom, op n stadium sou ons een los en net met een verder gaan. Die son was vroeg warm en ek het gewonder wanneer die leeu laas gevreet het, met die ongemaklikheid by die mense was ek nie goed genoeg ingelig nie. Mannetjies wat alleen geloop het, het swaar gekry om iets te vang en die kompetisie met ander leeus en ook hienas het hulle baie laat honger ly. Hy was ook in die gebied waar n sterk trop wildehonde gejag het en hulle sou sy lewe versuur. Roofdiere het mekaar verjaag en prooi gesteel by mekaar en nie mekaar in hulle areas toegelaat nie.
Die gebied suid van die rivier het behalwe vir die hoe riete langs die rivier ook die gewone Mopanie veld gehad met hoe bome, miershope en meer palmeilande as verder weg. Nader rivier toe was meer ruig en verder suid meer oop en ek kon ver genoeg sien om minstens twee skote te kon skiet as dit sou moes. Dit was redelik kort gewei en die gras het nie hoer as my kniee gestaan nie en nog nie begin groei na die winter nie. Uit ondervinding by die Odendaals van Ghanzi het ek baie male groot leeus sien wegraak in gras korter as my enkels. Selfs die swart maanhare kon so goed by die winter gras inpas dat dit bykans onsigbaar was.
By Ghanzi was n meer savannah tipe werld, waar hier langs die rivier was hulle weer meer geneig om in die ruie palms te gaan wegkruip. Gekweste leeus het in die palms gaan wegkruip en sou van daar storm of net probeer wegkom van hulle agtervolgers tot hulle dit nie meer kon uithou nie. As ek net die leeu kon gesien het dan sou die hele agtervolging ook meer vir my sin gemaak het. Een swak mondering van my jagdae in Botswana was dat ek baie male so vasgevang was met eie gedagtes dat ek konsentrasie verloor het. Ek het te veel geloop en dink en te min aandag aan die werk waarvoor ek daar was gegee. Ons het net met sagtepunt koeels geskiet op leeus en luiperds en later toe Barnes met hulle hol loodkern koeels gekom het was dit die beste waarvan ons op die stadium geweet het. Op enige warm agtervolging was my geweer gelaai en nie op veilig nie, n skoot moes so vinnig as moontlik kon geskiet word. In die Caprivi het ek en Rob n mensvreter agtervolg vir drie dae en ons het op sy spoor geslaap, ek het gedink hoe effektief die ou R1,s was wat semi outomaties kon skiet met n 20 rondte magasyn. Wonderlike geweer by probleem diere waar die doel was om die probleem op te los en dit nie n werklike jagtog was nie.
Ver agter my kon ek die bakkie hoor aan kom en voor my was n troppie rooibokke en ek het langs n Koorsboom stam gaan kniel, die bokke het nie van my geweet nie en het skuins links van my gekyk en geblaas en gesnork. Die wind was perfek vir my en effens in my gesig en die ape het ook bek opgesit. Daar moes n roofdier naby gewees het,of dit die leeu was het ek nie geweet nie. Die leeu het my werklik onverwags betrap en het tussen die bokke ingestorm en met n geweldige stof wolk kon ek hom sien maar hy het sy bok gemis. Dit was dertig meter weg en bokke is weerskante van my verby en die leeu het net so skielik weer weggeraak want die bakkie se gedreun moes hom sy jag gekos het. Ek het hom net n oomblik gesien voor hy verdwyn het en kon nie skiet nie. My gewaarwording was dat hy groot was met swart maanhare en dat hy moes lanklaas geeet het want sy pens het hoog in sy lieste gesit en deur die stof het hy verdwyn met die ape wat aanhoudend gekoggel het. Hy moes voerentoe gewees het want daar het ook bobbejane geraas en tarentale. Katwindi het met die bakkie gestop en ons sou die spoor verder neem per voet, hulle sou eers n ent loop en ek agterna met die bakkie en dan sou ons saam loop.
Ek het nog nie oggend geeet nie en hulle is op die spoor en ek het sommer by die bakkie gestaan en eet toe ek n skoot hoor en ek het my koffie het op die grond uitgegooi en is met die bakkie vinnig nader. Die skoot het my nat geklink maar in die bos kon dit n boom of die sand ook gewees het. Die leeu het nie ver gegaan nie en het na die rivier se kant tussen die Mopanies gehardloop toe Katwindi sy skoot gooi en hy was dit eens dat hy die leeu voor die agterbene getref het maar te ver agter toe. Hy het n brul gelos en byna gerol en is vort, half pap is sy agterlyf. Hy is reguit na die rivier toe op pad en dit wat ek my lewe lank gevrees het was besig om te gebeur, n leeu in die lang fluitjies riete waar n mens byna nie kon loop of beweeg nie.
Die riete groei tot so ver soos n paar honderd meter van die water af en was byna ondeurdringbaar behalwe vir die enkele seekoei paaie wat maar nie veel wyer as n meter was nie. Die paaie het ook nie reguit geloop nie en die uitsig was beperk tot minder as drie meter. Ander diere het ook van die paaie gebruik gemaak en omdat die riete so vertrap was kon daar nie spoorgesny word nie want dit was n mat van riete onder ons voete en daar kon ook nie sag geloop of beweeg word nie want alles het gekraak. Ek het al buffels gesien in die paaie loop en olifante en daar was net enkele bome wat ons nie kon sien nie want die riete was drie meter en hoer. Daarby het die wind die pluime bokant ons koppe geroer en dit het nog meer senuwees gegee.
Ons het na so tien meter omgedraai en op die rand van die riete gaan sit en eers planne gemaak. Die leeu was gekwes maar nie swaar genoeg nie en op n baie swak plek op sy liggaam, daar was nie bene gebreek nie en ook nie baie belangrike organe behalwe miskien die niere nie. Die skoot was reg dwars en kon sy pens geraak het maar is agter sy ribbes deur. Ons het baie geloof in Barnes se koeels gehad maar as dit nie bene op so n kort afstand geraak het nie dan het hulle ook nie so goed gedoen nie, net soos enige ander een seker ook sou gedoen het. Daar het n dik boom op die rand van die riete gestaan op n effense hoe grond en ons het so hoog as moontlik ingeklim om oor die wuiwende riete te kon sien. Dit was onmoontlik om die wydte van die riete te kon skat maar ek het gedink dat dit tussen drie en vierhonderd meter moes wees voor ons by die rand en ook die water sou uitkom. Ons kon nie nader paaie sien wat by die pad aangesluit het nie en hy het soos n slang gekronkel reguit na die rivier toe. Op plekke was hy duidelik sigbaar en soos ons nie kon verder sien nie het die wuiwende pluime die pad laat wegraak. Dit was nie net die leeu wat my bekommer het nie maar ook ander goed soos seekoeie en selfs olifante. Ons het besluit om in te gaan twee manne langs mekaar en een agter, daar was net nie plek vir drie langs mekaar nie.
Die sykante van die gang was werklik ondeurdringbaar, dit was een soliede massa riete en so hier en daar het n paar riete dwars gele waaronder ons moes deur buk. Dit het stadig gegaan en ek was agter en die twee voor my. In my enigheid het ek gedink aan die Israeliete wat seker ook so moes gevoel het en net so bang was soos ek toe hulle deur die see moes getrek het. Daar was werklik geen wegkom kans nie en ons het stadig gevorder en sou mekaar aflos en het so suutjies probeer beweeg soos ons kon. Die insekte wou ons lewend opvreet, alles was in oorvloed tussen die riete en dit was bykans onhoudbaar warm. Bokant ons het die wind gewaai en die pluime het so n suis geluid gemaak. Dit het te stadig na my mening gegaan en die spanning was amper onhoudbaar. As die gang net reguit was dan kon ons verder as die drie meter en sommige kere minder gesien het. Ek het gewonder of daar al n meer en sekere selfmoord poging in Afrika was as waarmee ons op die oomblik besig was. Al troos wat ek gehad het was dat die grond nie onder ons sou wegraak nie want die pad was goed gebruik deur baie swaarder diere as ons. Ek het gewonder wat die Skepper se doel met die ruie riete was en my voorgeneem om as ek dit sou oorleef so veel as moontlik van die goed af te brand in die toekoms. Ek kon n boom tussen die riete sien en die gang het daarheen gelei. Dit was n Wildevy en langs aan het n miers hoop gestaan en daar was n effense oop kolletjie en ons het op die hoop gaan sit en verder saggies planne gemaak en water gedrink en gerook om die tsetse vliee so n rukkie weg te hou.
Luka het in die boom opgekilm, Wildevye is ruie bome en hy moes tot heel bo klim om te kon sien, hy het gese dat ons ver oor halfpad was deur die riete en dat die rivier n strand het en dit was nog so 150 meter riete tot daar. Die gang word wyer nader aan die water en die strand was 50 meter breed. Ons was nog besig om te gesels, bykans onhoorbaar toe iets in die riete raas en ek opgevlieg het reg om te skiet. Katwindi het gese “Umthini” daar het twee otters verby gekom salig onbewus van ons en al spelende met hulle snaakse geluide en toe hulle ons sien het hulle deur die ondeurdringbare kante net weggeraak. Ek was dood seker dat dit die leeu was en my verligting was groot. Weer het ons dit bespreek, as die leeu in die gang was sou die otters nie daar geloop het nie. Hulle kon ook vanaf die kante die gang in gekom het. Dit en die feit dat die afstand minder tot by die rivier was het my meer moed gegee en die slag is ek en Luka vooruit. Hy links en ek regs en Katwindi moes die water dra. Stadig voetjie vir voetjie en die gang het ook meer en skerper draaie gemaak. Dit was asof ons deur n loopgraaf geloop het. Geweldig senutergend en ek het geweet dat ons na die episode baie uitgeput sou wees.
Daar het n kolgans uit die gang n ent voor ons opgevlieg en ons kon die gans net hoor en nie sien nie maar sy moes kuikens gehad het want sy en die mannetjie het reg oor ons gevlieg en geroep. Ek het gewonder of hulle vir ons of die leeu opgevlieg het. Die gang het wyer geword en Katwindi het langs Luka ingeval en nou kon ons skouer aan skouer loop, steeds so sag as wat die dooie riete ons kon toe laat. Ons het n bol kenmerkende swart leeumis gekry en daar was bloed in en Katwindi het gese dat dit n pens skoot moes wees en ook sy merkplek was bloed in so sy niere moes ook geraak gewees het. Diere met nierskote het gou pap geword en dit was nou al bykans twee ure wat die leeu gekwes was. Hy het nog nie water gedrink sedert ons op sy spoor was nie en die tog deur die riete het vir die eeste maal vir my in plek geval. Hy wou ons deur die riete afskud en was op pad water toe en ons kon net nie sy spore op die dooie riete sien nie. Ek het gewonder of hy klaar gedrink het en weer op sy spoor sou omdraai. Net so skielik soos die ondeurdringbare riete begin het het dit ook opgehou en ons kon die strand voor ons in die gang sien want die laaste tien meter was redelik reguit. Ons is suutjies tot by die begin van die gang en het onopmerklik probeer op en af teen die strand sien. Die leeuspore het vars op die wit sand voor ons gele en ons is stadig uit die riete uit. Die strand was bykans n honderd meter breed met geen plantegroei op nie en was besaai met olifant en seekoei spore en ook hulle mis. Die leeuspore het water toe gelei en ons het teen die riete gaan staan om die strand te kon beter sien. Ons kon bykans 500 meter na weerskante sien en daar was nie n enkele boom op die sand nie.
Katwindi het die leeu eerste gesien en hy was tweehonderd meter na ons linkerkant toe stroom op besig om water te drink en hy het weg van ons af gekyk. Daar was so n effense sandbank tussen ons en hom. Die sand was los en ons het weggesak byna soos los seesand maar tog begin draf agterom die leeu om hom teen die water vas te keer, hy was salig onbewus van ons en met die water besig. Daar was so veel krokodilsleepmerke en spore op die sand en ek het gedink dat hy baie dors moes wees om nie daarvoor bang te gewees het nie. Leeus was nie opgewasse teen krokke nie en sou gewoonlik gryns en knor by gevaarlike water, hy was op sy pens besig en toe ons sestig meter van hom af kom het ek gaan kniel en my eerste skoot geskiet skuins van agter op sy kortrib om die voorste been te breek en ook sy hart te raak. Die leeu het opgevlieg en in die rondte gedraai en sy sykant probeer byt en ek kon die bloed op sy een boud sien. Ons het net so bly staan en hy het ons gewaar en probeer waggelend storm maar Luka se twee skote het hom soos n byna onsigbare hand plat gevee en hy het bly le met stert wat nog n paar male geswiep het. Met die skote het daar baie watervoels opgevlieg en ek wou ons prys dat ons so stil beweeg het dat hulle ons nie gewaar het nie. Seekoeie wat ek nooit gesien het nie olifante en krokokdille wat tussen die riete was het met n lawaai weggestorm en ons het nader geloop. Die leeu was dood en ek was baie danbaar en papnat van die sweet.
Dit was n groot mannetjie wat redelik af in kondisie was maar hy was beslis nie oud nie. Ek was te moeg en uitgeput om die leeu af te slag maar die ander twee wou nie daarvan hoor nie en daar was nie n boom in sig vir skaduwee nie. Ons het begin slag en was n uur later klaar, Katwindi wou die vel he om hom te herinner aan sy moeilikste leeujag ooit. Die leeu se kakebeen het erg sergekry maar was nie af nie, hy moes n skop van een of ander prooi gekry het en sy gesig was erg opeswel en sy bokaak ontsteek en van sy bo tande was erg ontsteek en twee het uitgeval. Hy moes deel gewees het van n sterk koalisie wat hom nie verder saam met hulle laat vreet het nie. Katwindi se skoot was prsesies soos hy verduidelik het, te ver na die agterkant toe. Sy niere en sy dikderm was geraak maar nie sy pens nie.
Daar was n vlak klien inham wat uit die water geloop het seker so twee voet diep en ons het n paar skote geskiet daarin en daar ons afgespoel. Hier het n by my op n baie delikate plek gesteek waar ek nie kon krap as ander mense gekyk het nie. Dit het die swem nie die moeite werd gemaak nie. Ons is met dieselfde gang weer terug na die bakkie toe en het beurte gemaak om die vel en skedel te dra. Luka was in die gang byna deur n pofadder gepik en hy was eintlik baie gelukkig dat die slang teen riete vas gepik het en net die slag sy been sou tref. Ons het by die onvriendelike mense se plek die vel gaan wys en die toordokters het gese dat dit nie die regte leeu was nie. Ek het my daar aan afgevee en is eers by Manwasi aan en toe huis toe.
3 Desember 1977