n Nuwe jaar bring nuwe veranderinge
Met die vakansie het ek maar gedurig gedink aan maniere om meer te laat jag want ons het die kwotas gehad en om dinge meer vlot te laat verloop. Ek het n boek saam geneem wat Jeannie na n week weggesteek het maar ek het die bandopnemer gehad en so my aantekeninge gemaak. Een van ons grooste kopsere was die voorbereiding van trofee’s. Baie kosbare jagdae is deur n geslagtery in beslag geneem en sonder dat Selby dit geweet het, het ek n plan gehad. Baie jagte was in die somer gedoen en dit het probleme veroorsaak met hare verlies en ons kon ook nie altyd gou genoeg slag en sout nie. Met my besoek aan Vic Falls het ek die twee taksidermie manne baie mooi gemaak verstaan dat hulle by elke jagkonsesssie een man met n bakkie moes voorsien. Ek sou die arbeid voorsien en die man sou verantwoordelik wees vir die voorbereiding en slag van trofee’s. Hy moes n bakkie he en sy werk ken en te alle ure beskikbaar wees en die navrae en probleme oor trofee’s het ek gerieflik na hulle toe geskuif. Die sout en ruimte sou ons voorsien maar ons kon nie n tien dae jag met drie dae se slagtery onderbreek nie. Ek sou sorg vir behuising vir die manne en verder moes hulle selfvoorsienend wees. Ek wou so veel as moontlik laat jag en die ruim kwotas gebruik want dit was tog die doel van ons bestaan in Botswana.
Selby het my geroep op die radio en hy wou weet watter nuwe mense ek aangestel het want hulle was by hom. Ek het hom my optrede verduidelik en na elke konsessie is n man gestuur en die jagter moes die arbeid gee en hy moes slag en ook dan noodwendig die vleis indien moontlik na die bevolking neem. Hy was eers soos met alle vreemde dinge vies maar sou my later baie dankbaar wees. Dit het n groot gedeelte van ons ophou werk weggeneem. Dit het ook ekstra werk geskep en dit was in lyn met die staat se opdrag. Ook kon velle en tande baie gouer weggeneem word en hulle moes reel vir permitte en dat die goed reg gedip word en die administrasie doen. Ons het baie werk vir die twee opstop firmas gegee en hulle kon nie anders as om by my te moes inval nie. Selby het my van afpersing beskuldig en dit was nie my doel nie. Ons het 2,5% van ons kommissie afgeskryf en baie moeite en ergernis gespaar. Natuurlik sou ons hulle help waar ons kon maar dit het net te veel tyd inbeslag geneem en ek was moeg om kliente se navrae te beantwoord. Hulle werk het begin met die eerste mes wat sou sny tot waar die klient sy kop kon ophang. Dit is so aan hulle uitgespel en so moes dit net werk. Daar was aanvanklike probleme maar dit was gou uitgesorteer.
Bruce en ek het al baie gepraat en ek wou he dat hy wat opgelei was in natuurbewaring alle aspekte daarvan oorneem. Ek sou alle konsessies hanteer en ook die bevolking en dan soos gewoonlik probleem diere. Sy gedeelte moes die toeriste insluit en ons het op n baie noue samewerking besluit. Om werk af te baken kon net tot voordeel wees van ons almal en toelaat dat dinge nog meer vlot sou verloop. Die hoofdoel vir die bou van Nyati was natuurbewaring met die opheffing van die bevolking. Die natuurbewaarders wat hy kom erf het, het geen agtergrond gehad daarvan nie. Hy het n reuse taak gehad met opleiding en ek was bly dat dit nie my werk was nie. Hulle idee van natuurbewaring was eeue verwyder van Bruce se idees. Ek het hom sterkte toegewens. Die kunsmatige water in die reservate was deur Jakkie se ouers gediens en in stand gehou en so ook die heinings wat die nomade moes teen leeus beskerm. My probleem sou die standaardisasie van die jagkonsessies wees en ek het lank daaroor geherkou en besluit om elke konsessie te gaan besoek en persoonlik te gaan praat. Daar was genoeg kwotas toegeken vir alle jagters en daar moes n standaard wees wat kliente en die bevolking betref. Ek het dit met Selby ook bespreek maar hy was nie n man vir vrede met die bure nie, hy het al met van die kosessiehouers gebots maar tog vir my goeie raad gegee. Die staat het my aangestel in beheer van die jagkonsessies en ek moes dit doen. Baie van die konsessiehouers was baie ouer en meer ervare as ek en baie langer in die land werksaam. Van hulle was dertig jaar in Botswana en het my land as n land van onderdrukking gesien. Ek was n junior wat vir Selby met ons land se invloed en geld oornag ryk gemaak het, dit was nie die waarheid nie. Selby met sy vertroue in ons nasie het baie bygedra tot die mense se denke. As hy liewer net stil gebly het sou dit beter gegaan het. Die vooruitgang van sy konsessies was net deur harde werk en goeie onderhandelinge en niks anders nie.
Selby se maatskappy het ses jagkonsessies gehad en ons het n standaard gehandhaaf wat hy vir ons gestel het. Daar was nog veertien konsessies van ander jagters en ondernemers en party van hulle het nie die riglyne nagekom nie. Die riglyne was deur die staat neergele en op papier en ek het met die vasstelling daarvan niks mee te doene gehad nie. Ons het begin met die opheffing van die bevolking uit n blote humanitere oogpunt. Die regering het dit as die norm aanvaar en so is jagkwotas baie meer gemaak met die doel dat die bevolking by die natuurlike bron sou baat. Daar sou moes n gesindheids verandering by van die mense plaasvind en dit sou my taak wees om die wette toe te pas. Dit sou nie maklik wees nie en ek het lank my probeer voorberei en raad by Bruce gevra. Sy raad was eenvoudig. Hou n beraad met die manne waar die regering alles aan hulle uitspel en wit op swart sit en hulle teken n kontrak en hulle hou daarby of hulle hou op met jag. Hy het niks van hulle insette gese nie en dit het my gepla. Daar was n baie groot wesenlike verskil tussen die praktiese toestande en dit wat in kantore uitgewerk was. Elke konsessie het sy eie voor en nadele gehad en verskil van die een langs aan. Dit sou moes n buigbare iets wees wat kon aangepas word na gelang van omstandighede.
Op die stadium kon ek my redelik goed in Engels uitdruk en hoewel ek die vak op hoer graad in matriek gehad het was dit beslis nie my sterkste vak nie. Die meeste ondernemers was engelssprekend en daar was maar n mate van verwydering en teenkanting en ook jaloesie teen Selby wat so n reuse sukses gemaak het. Ek was nie gebore in die ou koloniale Afrika nie en het anders groot geword. Ek het ook al op tone getrap en was sekerlik nie die mees beminde man wat die staat kon aanstel nie. Ek het met Peter Williams gepraat oor die sake en ek wou hom sien by die regering en indien moontlik saam met die betrokke ministers. Hy het vir Mark Mclane met die helikopter gestuur en ek en Jeannie is weg na Gaberone waar alles weer net soos tevore gereel was. Pres. Kghama was nie beskikbaar nie want hy was siek maar die adjunk president het saam met vier ander ministers ons te woord gestaan. Dit was verkiesings jaar in Botswana en dit was die een jaar wat die staat hulle beste voet wou voor sit. Ek was nie bereid om net n wet te gaan toepas wat deur die staat uitgespel was nie. Dit het ons n ekstra dag gekos maar ek en Peter het n blouskrif voorberei en dit so voorgele en n beraad moes dan gehou word. Die standaarde is opgestel en op kontrak basis voorberei en Peter moes die konsessie houers gaan inlig wat dit moes teken en dit sou op Maun geskied. Natuurlik het dieselfde kontrak vir Selby ook gegeld en hy moes dit ook bywoon. Dit was vir my n bron van kommer. Botswana was nooit n land wat werklik baie van demokrasie gedink het nie en om net n jagkontrak af te dwing was nie vir my nie. My idee van n beraad het radikaal verskil van die staat vir wie ek gewerk het. Die outokratiese tipe van regering en die afdwingbaarheid sou nie gewerk het nie. insette van konsessie houers was vir my van baie groot belang, vir die staat nie. Dit het my met hulle kop aan kop laat bots en hulle was my werkgewers.
Ek moes werklik baie fyn diplomasie aan die dag le en het lank met die betrokke ministers beraadslaag. My idee was om al die rolspelers in te roep en die staat se voorstelle voor te le en te bespreek en die gevoel van die manne op die grond te kry. Hulle moes hulle insette kon lewer en dan n kontrak teken en daarby hou. Om iets af te dwing sou nie gewerk het met ou koloniale mense nie. Teen hulle sin het hulle dit aanvaar en die beraad is gehou. Ek het my skielik tussen twee kante van vyande bevind. Die staat aan die een kant wat nie wou beraadslaag nie en die ondernemers wat my as instrument van die staat gesien het. Ek het vir Peter met wie ek n lang pad al geloop het eenkant toe geroep en gese dat ek onwelkom voel en gaan bedank. “ How in the blue moon will I be able to explain this to Seretse Kghama? He appointed you personally and will kill me. You can’t do this. I will speak to the other ministers. Do what you have to do Peter but I will not go on like this. You can’t just tell the outfitters what the government wants and expect them to agree to everything. They pay for their right to hunt in Botswana and do a lot for the rural people, they have been here since you were at university and know this country much better than you. You came from Oxford to Africa and surely know the difference between right and wrong and you know that the only people that will suffer are those in the rural areas. We need the outfitters, we must convince them to do things the way for the benefit of both parties. Will you do that? I can only try, if you will back me up. Then let’s do it.”
Hy het die bal na my kant toe gegooi en sekerlik iets geleer van werklike demokrasie. Ek het die staat se kant verduidelik en die ondernemers toegelaat om hulle saak te kon stel. Hulle het dit gedoen en n nuwe kontrak met wysigings is aanvaar wat vir die jagters en in n mindere mate die staat wat oral hulle sin gekry het aanvaarbaar was. Ek was werklik dood moeg die aand toe ons gaan sit op die balkon want dit het tot bykans elfuur die aand aangehou. Dit was so lekker in Botswana maar daar was altyd die onbekende menslike faktore wat met goeie beredenering in ag geneem moes word. Die meeste ondernemers het gekom en my bedank, die staat wat my baas was, was nie so beindruk nie. Jeannie het gese dat hulle kommunisties wou optree. Ek het gedink dat sy reg was en die volgende uitdaging sou wees om die jagters by hulle kontrakte te laat hou en dit te eerbiedig. Ek het dadelik grond gehad om op te staan en besluit dat ek dit sou toepas. Die feit dat ek in n mate kant gekies het vir die ondernemers was vir my regverdig, hoe die staat dit sou hanteer vorentoe was hulle probleem. Die mense was in die land om die land te dien en hulle sou ook moes daarby hou. Ek het hulle almal die volgende more gesien en die beleid uitgespel en dat dit sou reg moes uitgevoer word. Hulle was tevrede. Ek was nie so tevrede nie en het gedink dat Peter my in die diep kant ingegooi het met onmenslike en eenogige optrede.
Een jagter het na my toe gekom wat n konsessie suid van ons Wankie konsessie gehad het en hy wou terug Engeland toe weens huwelik sake. Hy het die Serapa konsessie gehad vir drie jaar, dit was langs die pad wat ten noorde van Nata gegaan het na Rhodesie en die Caprivi. Dit was n klein konsessie met n vulstasie en padstal en hulle het redelik gejag. Hy het n belaglike lae prys gervra vir sy inhoud en ek het dit gekoop en die konsessie gehuur by die staat. Hier het ek werklik nie gedink vooraf nie en my maar op die Gewer beroem om my te wys wat ek met die konsessie sou doen. Die eienaar was John Hanks en hy wou Engeland toe gaan agter die vrou aan. Dit was naby ons Wankie gedeelte en sou nie so moeilik wees om te hanteer nie. Jeannie het gese dat ek besig was om myself uit te brand met nog n konsessie. Die maatskappy wat ons basis gebou het, het n man agter gelos om die plek op te pas, hy was van Duitse herkoms en na my in die selfde skool. Sy naam was Otto Hesler en sy vrou se naam was Elke. Ek het nog steeds nie die staat vertrou nie en sterk gedink om my eie onderneming by Serapa te gaan stig en te jag en die wette na tekom en te vergeet van mense en afguns en taal verskille. Toe ek die huur by Peter Williams gaan teken het ek hom baie mooi gemaak verstaan dat ek in my eie taal gatvol was om aanhoudend die pion tussen mense te wees. Ek wou ook nie afgedreig voel in n land wat vir my baie goed was en ek my beste jare van my lewe en my beste insette gegee het nie. Vir die eerste maal het hy gesien dat n Afrikaner nie op hom laat trap nie, outokraties, kommunisties noem dit wat hy wou, ek sou werk op my terme en my beste gee. Hy moes my verkeerd bewys. Hy kon tien Oxford grade he, hy sou my nie oortuig nie en hy het geweet dat sy land nie sonder ons kon klaarkom nie. Hy het in n lugreeling kantoor gewerk en ek onder Afrika se son, ek het sy werk reg gedoen en hy moes sy mond hou. Ons is nie lekker uitmekaar nie en dit kon my min skeel. Ons het meer in twee jaar vir sy mense gedoen as in die totale geskiedenis van die land, hy sou moes aan sy mense verslag gee en dit was verkiesingsjaar. Sy bek was dik en ek het daarvan gehou. Die waarheid sou altyd seevier, ek het niks gehad om te vrees nie.
Otto Hesler het aan my laat blyk dat hy baie graag in Botswana wou agterbly na die ses maande verby was wat hy die basis moes oppas. Hy het nie veel van jag geweet nie maar baie belang gestel en die Serapa konsessie het vir my begin sin maak. Ek het nie baie geld na die besoek aan my ouers oor gehad nie en het alles wat ek gehad het betaal vir die konsessie. Dit was 4100 Pula. (Op die stadium het die staat my 4000 Pula betaal vir elke probleem dier wat ek sou skiet en ek het dit met Selby om die helfte gedeel.) Dit het alles selfs die meubels en drie honde en vier gewere en twee bakkies ingesluit. Daar was twee petrol pompe en een diesel pomp en n groot kafee en dan die gewone huis en slag plekke ens. Daar was ook oornag plekke vir bestuurders want na donker mag daar nie gery word nie omdat dit binne park grense geval het. Die man het sy klere geneem en is weg agter die vrou aan. Dit het baie skielik gebeur en my onkant gevang en ek moes Kabous se sakekennis inroep. Ons is saam met Otto soontoe en Kabous het die plek een kyk gegee en gese. “Pine ek gee jou 10,000 Pula vir 50% aandeel en ons hanteer die plek om die helfte. Kabous ek kan dit nooit aan jou doen nie, ek het 4100 betaal. Ek staan by wat ek se, jy kan dit vat of los. Die plek is die mees noordelike plek met staat krag en ek wil in die bees en vleis handel inklim. Die mense het geen mark vir hulle vleis nie en hier is duisende beeste en ons kan hier slag en versprei.” Ek en hy was soos broers en het saam groot geword en my gewete sou my pla. “ Goed Kabous, ek sal jagters kry en die jagte hier hanteer, jy sorg vir die res op n 50% basis, maar as ek die dag hier onttrek skuld jy my niks en dit geld ook as jy onttrek. Ons deel alle winste kwartaaliks. Dit klink vir my of ek jou geld steel. Ek het jou n aanbod gemaak en is tevrede, ons het net ons woord en daar sal niks op skrif wees nie.” Ons het saam die konsessie hanteer en dit sou tot en met die bek-en-klouseerlyn se bou n baie betalende besigheid wees. Daarna het Kabous die hele plek afgebreek. Baie beeste is daar vir jare geslag en na Zimbabwe en ons land uitgevoer.
Ek het saam met die koop vier gewere gekry en twee cruisers waarvan ek een geneem het en Otto sou daar kom werk en hy moes vir ons die plek bestuur. Die drie honde was twee foxterriers en een foxie\foxhound kruising. John Hanks het gese dat hulle baie goeie jaghonde en veral leeuhonde was en baie gehoorsaam was. Hulle is saam met my na Nyati toe en ek het vir Luka en Katwindi gestuur om die jagaspekte te gaan ondersoek. Hulle was baie beindruk en het terug gekom en gese dat daar baie mooi wild van baie spesies was en dat water n probleem kon word in die winter. Waar water nie volop was in die winter nie het die jagte baie meer suksesvol verloop en kon diere naby die water gesoek word. John Hanks het nie eens 20% van sy kwota jaarliks geskiet nie. Ons moes twee jagters kry en sou dit eers later doen. Die res van die mense het ons net so gehuur en Kabous het manne laat kom wat sou werk tot Otto kon wegkom by Nyati en die besigheid hanteer.
Ons het die geweerkas net so gelaai en ek het nie eens gekyk watse gewere dit was nie en eers by die huis het ek gesien watter fonds dit was. Daar was n 425 Westley Richards. n Egte “Double Square Bridge” 416 Rigby met n groter magasyn wat vier patrone kon neem en n 222 Winchester mod 70 en n Brno .22. Op die 416 was ek onmiddelik verlief en die 425 was n mooi geweer en die ander twee nie werklik baie werd in Botswana nie want ek het die kalibers min gebruik. Ek het die 222 vir Jeannie gegee en saam met die 270 het sy nou lekker ligte gewere gehad. Daar was n baie mooi versameling jagmesse en ek wou dit alles met Kabous deel, hy wou dit nie he nie. Sy belangstelling was op ander dinge gerig. Die man se gewere was baie goed opgepas en versorg maar die res van sy besittings was maar vuil en nie so netjies nie. Die konsessie het net so veel voordele as nadele gehad want baie kliente wou weg van die beskawing jag en hier het baie voertuie gekom en gegaan . Vir ander kliente het dit weer gepas en was dit aanvaarbaar. Die kafee en brandstof het baie goed gedoen en dit sou sorg vir baie vinnige uitbreidings. Kabous was nie n man wat iets kon stadig doen nie, binne maande was daar beeste geslag en het ons nie meer jagters daar gehuisves nie maar die gebied vanaf die Wankie gediens met jagters. Dit het die ou Afrika se jag emosie verloor met die baie mense wat daar gewerk het en die beeste en voertuie. Dit was later na my tyd bekroon as een van die beste ondernemings in Botswana en daar was baie wild vleis ook uitgevoer tot die wereld van die gevreesde bek-en-klouseer gehoor het en alle hoefdiere ten noorde van die lyn net daar moes bly. Nog net die brandstof pompe is vandag oor en n klein kafee.
Selby het my geroep op die radio en wou weet met so n paar Jack Daniels’e of ek nou gaan brandstof smous en of ek Portugese familie het wat my nou n kafee eienaar gemaak het. Ek het hom gese dat ek gaan leeu “meat balls” verkoop en hy het heerlik gelag. Hy het ons die beste toegewens en later het ons bykans die alleen handel van brandstof in die noorde gehad, en het Kabous laat brandstof aflewer by almal wat bestel het. Ek wou niks met die finansiele aspekte uit te waaie gehad het nie ne het net die jagte en bevolking gediens. Kabous was n sakeman en ek was net n jagter. Hier het egter baie mense gekom en gegaan en ook gewoon en hulle was deur die Angikaanse sendelinge gediens met alle menslike behoeftes.
Ek het vir Luka en Katwindi gestuur tot by Ngoma se brug om die die ander meubels te gaan haal en die DKW jeep wat Spyker vir my sou saambring vanaf Katima en dan moes hulle tien van die glasvesel makorros saam neem vir Oom Dirk du Toit en met die goed weer terug keer Nyati toe. Ek en Jeannie het gaan bobbejane skiet wat ek al n paar slae gesien rooibok lammers vang het. Die bobbejane was net so groot soos die wat ek geken het in die Karoo. Hulle was vir my ligter van kleur en het in groot troppe voorgekom. Sy het twee baie groot mannetjies geskiet wat ons met die honde vasgekeer het en ek kon die nuwe honde sien werk in die veld. Vir die eerste maal het die jag met honde vir my werklik sin gemaak in Botswana, hulle kon net help met die opvolg van diere en my genoeg kans gee om my skote te kon reg plaas. Die kleiner honde het perfek saam met die groter Rifrugte gewerk en al die honde was gekastreerde reuns en almal was binne dae verlief op Jeannie. Ek het egter die nuwe honde by Luka en Katwindi laat bly want hulle was die Matabeles gewoond waar hulle vandaan gekom het. Die vyf honde was bykans te veel en ek het geweet dat Jakkie honde soek en ek sou hom kontak. Hy het ook by Selby jong Rifrugte gekry wat nog ongeleer was en die honde kon hulle leer. Later sou ek die honde baie dankbaar wees.
Jeannie was baie verlief op die DKW jeepie en dit sou later vir my n bron van kommer word as sy en die ander vrouens veld toe gaan met die ding en alleen was. Die meubels wat ek vir Bruce laat maak het was pragtig en ek kon ook nog daarvan in my kliente se slaap plekke sit. Ons moes regmaak want daar was n groepie Amerikaners op pad na ons toe wat n redelike klompie trofee wou skiet.
18 Januarie 1978.