Ongeskikte buffel
Die man van Siemens wat vir my die 8×68 gestuur het het se naam was Herman Grundigh en sy jag was wreed onderbreek weens n sterf geval in sy familie. Hy moes nog n lechwe, puku en n rietbok skiet maar kon toe nie sy jag voltooi nie. Selby het gevra of ek nie maar die bokke vir hom wou skiet nie en dan laat monteer en stuur nie. Die taksidermis manne was ons baie goedgesind want hulle het baie werk by ons gekry en hulle sou die versending doen. Ek het nog nooit op die stadium n puku geskiet nie en ek het nog n paar dae oor gehad voor my jagtersgroep sou kom. Hierdie drie spesies was van die bokke wat die minste gemigreer het en hulle sou maar net rond beweeg maar nie so ver suid gaan soos die ander soorte nie. Hulle was ook maar net soos die ander baie van water afhanklik maar was meer moeras bokke wat nooit ver van water sou gaan nie. Hulle het die meeste voorgekom in die Savuti en die Linyati vloedvlaktes. By Jakkie was n baie mooi rietbok kuip met werklik indrukwekkende horings en hy het dit vir my gegee, ek moes dus net n puku en n lechwe skiet. Ek het besluit om maar die 270 van die staat te neem want hy was lekker akkuraat en meer as genoeg geweer vir die spesies.
Die gedrag van puku en lechwe is baie dieselfde. Puku was net meer skaars en nie sulke groot troppe nie. Lechwes sou baie male in groot ram troppe voorkom waar daar glad nie ooie by was nie. Katwindi en Luka en Temba was terug van die olifant skietery en hulle het minder die slag gekry wat aangetas was en die uitskiet van bulle is vir eers gestaak tot latere kennisgewing. Xolile was besig met die boesman opleiding en hy het elke dag een geneem met die DKW jeepie en die .22 en dan gaan skiet of bestuurs opleiding gegee. Hy was werklik goed hiermee en het die wereld se geduld gehad met die nasie. Luka, wat eintlik n paar dae af was, het aangebied om saam met my te gaan vir die twee bokke en hy sou my met die dubbel 500 oppas, hy sou sy lewe verruil om met n dubbel te kon skiet. Dit was dus en ek Jas en Luka en Jeannie met twee voertuie. Die ander boesmans was by Xolile. Jas moes my 416 saam dra want hier waar ons sou gaan skiet was baie leeus en buffels.
Dit het my n paar male oorgekom dat buffels sommer sonder rede sou storm. Die ou manne was baie gepla deur leeus en as hulle die bevolkings gebiede betree het dan was dit mense en honde wat sou pla. Hulle humeur was kort en ons moes n paar klop wat selfs voertuie geskraap het, sonder enige rede. Ek het al vroeer verduidelik dat n buffel met n goeie skoot geswaai kan word tydens n stormloop, olifante ook maar leeus en selfs luiperds het nie gewyk van hulle teikens nie. Luiperds sou so veel as moontlik van die mense so gou as moontlik wou beseer. Leeus het vir een jagter gekom en jy moes hom plat maak, hy het nie maklik van koers verander nie. Buffels vat baie koper en lood as hy storm. Ek het baie male gewonder hoe hulle dit regkry en waar hulle pyndrumpel sit as hulle so n ding sou besit. Selby het die wereld se respek vir buffels gehad en hy het baie in die Delta geskiet. “ You can never shoot them dead enough Boertjie, they are as tough as can be, for me the real challenge of wounded game.” Dit was moeilik om te kies tussen die groot manne as hulle kwaad was, ek dink tog die luiperd het n voordeel gehad omdat sy teiken area baie kleiner was, met honde weer was dit makliker en so ook by leeus. Hier het die Rifrugte werklik gewys dat hulle nie bang was nie.
Ek het vanaf Nyati gery deur die Ghautumbi kanaal na die Makapa pan en wou oor die Zweizwei Panne gaan na die Savuti vloedvlaktes toe wat ten noorde van die Mababe laagland was. Dit was die gebied van die groot troppe lechwes en pukus en natuurlik baie ander soorte wild. Luka het so pas van die gebied terug gekom en hy het gepraat van baie wild en groot troppe. Hoewel die reenseisoen verby was het hier nog baie water geloop en ons het reggemaak vir twee aande se uitslaap. Ek het die stasiewa gehad en Luka se bakkie was leeubestand, hier moes n voertuig veral hiena bestand wees. Daar was gebiede waar hulle baie meer lastig as leeus was en ook meer slinks, byna soos die inheemse honde wat kom steel. Ons kon nie buite slaap nie, dit sou selfmoord wees. Dit was baie interessant om in die more die spore van so vele roofdiere om die voertuie te kon sien. Leeus het enkele male op die bakkies se neus gespring in die nag en dit het gewoonlik n paar skelwoorde los gelaat.
Die puku is byna die grootte van n bosbok hoewel ek dink sy ram dalk swaarder kan wees en sy agterkant is hoer as sy voorkant. Net mooi die omgekeerde van n tsessebe of n hartebees. Luka het gese dat hulle altyd afdraend loop. Waterbokke, pukus en lechwes is almal diesefde familie en behoort aan die “Kobus” latynse naam groep. By hierdie spesies het net die manlike diere horings. Ons het die voertuie gelos en is deur water wat omtrent kniehoogte was vir n hele ent om by n palm eiland te kon kom want die troppie was anderkant die eiland en het ook in die water gewei. Dit was n redelike trop en ek het nie werklik kennis van die horinglengtes gehad van die bokke nie. Luka het hulle in Zambie geskiet en hy het hulle geken. Die eiland was effens hoer as die gelyke wereld en ek het teen n Maroela gesit en die bokke wat meer as honderd meter weg was deur die verkyker dopgehou. Die ramme het vir my almal dieselfde gelyk maar Luka het n groter ram op die kant gesien en hy was so 150 meter volgens die afstandmeter. Ek het met die staat se 270 wat n M70 Winchester was geskiet, dit was n lekker geweer en ek het agter die blad gevat want dit moes n trofee wees en my skoot het hom laat bokspring na die duidelike doef geluid. Hy het so sestig meter gevorder en toe het sy asem op geraak en met n gespat van water neergeslaan. Dit was n baie mooi ram en ons het hom tot op die droe grond gedra en toe die voertuie gaan haal en die pens uitgehaal en gelaai. Dit was my eerste puku en dit sou ook van die spesies wees wat ek die minste geskiet het. Sy horings het my laat dink aan n blesbok, miskien effens nouer en sy kleur byna n kruising tussen n rooibok en n lechwe. Glad nie die mooiste bok in Botswana nie maar n baie gesogte trofee. Hy was in die prysklas van n bastergemsbok maar nog nie die van die situtunga nie. Ek het besluit om n groter kwota by die staat aan te vra want hier was werklik baie pukus.
Dit was laat middag en ons het die hele dag baie mooi wild gesien en veral swartwitpense en bastergemsbokke wat uitsonderlik mooi was. Dit was n gebied waar ek nog baie min werklik gejag het, ons het maar ten noorde en suide van die Chinamba heuwels gejag en baie min na die westekant toe want dit was n water ryke deel in die somer en die muskiete wou n mens wegdra. Ek het die bok met die bakkie van Luka aan n boom hoog opgetrek want hulle moes agter op die bakkie slaap en ons het vuur gemaak en die son gesien sak. Hulle het die lewer en die niere gebraai en ek het vir ons sommer wors gebraai en ons het vroeg gaan slaap. Alles moes in die voertuie gelaai word want die hienas sou alles wegdra deur die nag. Dit was n groot lawaai deur die nag by die boom waaraan die bok met die staalkabel gehang het maar ek het geslaap en geweet dat ons veilig was. Dit was nog skemer toe ek die as oopkrap en hout opgooi en my gesig was en koffie maak. Luka en Jas het vir my die spore gaan wys. Ek het deur die nag leeus en hienas gehoor om die voertuie en ook hulle gesnuffel onder die bakkies. Ons kon luiperd spore ook kry en natuurlik baie jakkalse en ratels en dan die kleiner muishonde en n entjie weg n ietermagog. Sy het n kleintjie by gehad en ek sou wat wou gee om haar te kon gesien het. Diere spore en veral die uitleg van Jas en Luka het my ongelooflik gefassineer. Die nag se verhaal was soos n boek wat hulle gelees het.
Dit het begin lig word en ons het gery meer noord na wat ek geken het as die Tiyendasi pan. Die omarambas het nog steeds water in gehad en vir lang ente is ons deur half band hoogte water. Luka het voor gery want hy wou na n spesifieke bok gaan soek wat hy gesien het toe hulle olifante uitgeskiet het. Daar was baie groot troppe buffels en baie kalwers by en dan ook die gewone ou moddermanne wat so van drie tot ses gewissel het. Hulle was die manne wat vir niks bang was nie, uit hulle pad moes n man maar wegbly want hulle was moeilikheid so groot soos hulle was. Die gedeelte was swaar met leeus besmet en dit het die ou manne gemaak saam staan om te oorleef. Ons het by die spesifieke plek gekom wat Luka in gedagte gehad het en dit was al na 10 uur die more en ons het gou n stukkie geeet en die troppe wild het bykans rondom die bakkies geloop. Daar was n groot trop lechwe ramme in een moeras gedeelte en hulle horings het my altyd aan waterbokke laat dink. Weer is ons met die drie gewere deur water omtrent kniehoogte en die enkele eilande was bykans n verligting maar tog ook gevaarlik. Slange en leeus en alles wat vies was vir water sou daar gaan vergader en dit kon nou situasies skep. Van die plekke was groot en ander net enkele meters in deursnee. Die eilande was ruig met alle soorte bome en veral palms en hulle was kaalgevreet deur termiete onder die ruigtes. Ons het maar probeer spore lees as ons op die droe grond gekom het om te bepaal wat alles op die eilande was. Werklik nie die ideale omstandighede vir jagte nie. Ons moes n hele paar kilos deur die water loop met al sy muskiete en bloedsuiers en het op n eiland gekom met n die trop wat Luka van geweet het en die groot ramme by gehad het. Anderkant die eiland en ook in die water en sommer baie naby was n groot trop lechwes en ons het agter n miershoop geskuil want die wind het redelik gedwarrel en die trop met die verkyker dopgehou.
Lechwes was volop in Botswana en hulle was ook die prooi van baie roofdiere want hulle was nes pukus maar stadig op droe grond en het gewoonlik die water gekies as leeus of wildehonde agter hulle was. Ek het ook baie male ooie en jonges gesien wat in bome luiperd kos geword het. Die ouer ramme het ook in groot troppe geloop en of hulle nog gepaar het het ek nie geweet nie. By die ooi troppe sou jy net enkele jong ramme sien en dan gewoonlik met paartyd het hulle ook baklei en dan sou van die groot ramme ook by die troppe aansluit. Weer het die trop ramme vir my dieselfde gelyk maar daar was n groot ram baie naby en Luka het gese dat dit die een sou wees. Die ram het reguit na my gekyk en ek sou wou he dat hy moes draai vir n bladskoot effe terug. Dit het n rukkie geneem en toe hy draai het ek my skoot laat loop en dit was bykans nes die puku en hy het n ent verder met die water se gespat neergeslaan. Dit werklik n baie mooi bok en die Duitser sou nie sommer drie groter trofee kry nie. Ons het die bok op die eiland op gedra en sy pens uitgehaal en terugtog aan gepak na die voertuie wat n hele ent weg was maar ons kon ten minste nou in n reguit roete loop.Ek het die 270 met sy patroon band met Jas omgeruil vir die 416 en seker gemaak dat hy nog gelaai was en ons het n die son in begin loop en probeer n droer terugtog aan pak want die tekkies het later n mens se voete gevreet van die nattigheid.
Ons was nie ver van n baie groot stuk droe grond nie en anderkant op die droe gedeelte het ons bakkies gestaan. Dit was redelik ruig en ons het geloop en gesels met Luka voor en ek en Jeannie agter hom en Jas heel agter. Selby het ons met die wegtrek in Botswana verbied om ooit geweerbande te gebruik om dit mee te dra, sy ondervinding was op veilig en die geweer in die hand. As jy onraad vermoed het, af van veilg met jou vinger weg van die sneller. Dit klink dalk onveilig vir baie mense, maar dit was soos ons maar grensdiens ook gedoen het en n mens leer dit vinnig aan. As ek dit in my groot word wereld sou gedoen het sou my Pa my nerwe afgetrek het. Veiligheids knippe en patrone in die loop was nie by hom toegelaat nie. Hy het ook nie gevaarlike diere op sy plaas gehad nie en dit sou werklik onnodig wees. Luka het gaan staan en ons was stil. Hy kon buffels ruik en het iets gehoor en later het hy my vertel van n voorgevoel. Jeannie en Jas was nou agter ons en ek en hy het langs mekaar die ruie bos in geloop, saggies en baie versigtig. Die sig was op die verste twintig meter en dan moes daar bykans onder deur die bome gekyk word. Daar het oral vars mis en spore gele van buffels en hulle moes in die bos gewees het, ons het besluit om deur die sykant van die bos te loop. My bekommernis was Jeannie en Jas.
Dinge gebeur baie vinnig by so n stormloop en as jy onkant gevang word kan dit groot probleme gee. Die meeste buffels wat my al gestorm het, het darem n kreun of geluid gemaak en my seuwees was werklik tot die uiterste gespan. Ons het gemik vir die kant van die bos om meer sig te kry en was bykans op die rant toe die buffel waarsku en ek my geweer net kon optel en die bul sien wat so dertig meter reg van voor kom. n Mens herleef sulke goed vir jare nog daarna want dit lyk byna soos stadige aksie. Sy twee skote het byna gelyk geklap en die bul het geswik en ek kon die stof teen sy keel en hoog op sy skof sien uitslaan toe ek my skoot laat gaan op vyftien meter en hy sy kop laat sak om te skep. Hier was ek werklik gelukkig want my 400gr het sy nek net voor sy skof afgeskiet toe sy kop laag was en sy horings het in die grond vasgesteek en hy het kop oor gat reg voor ons geval met sy kop wat wegle en hy op sy rug. Hy was nog besig om te skop en ek het hom n skoot reg onder die keel gegee en Luka het weer sy dubbel skote geskiet ook vir die kop en die bul het stadig op sy een sykant om gedop en later die bekende laaste asem brul gegee. Met die eerste kreun van die bul het Jas vir Jeannie onder n lae Mopanie ingeduik en die 270 weg gegooi. Ek het vinnig my geweer vol gemaak en gewonder of daar nog bulle was. Ek kon hoor takke breek soos die ander gehardloop het maar het hulle nooit gesien nie. Ek het so bly staan en n asvaal Jas het vir Jeannie onder die bos uit gehelp, sy net so bleek soos hy. Jas het my doppe gesoek en Luka syne en ons het niks gepraat nie. Dit was net die bekende buffelreuk in die lug van die bul wat besig was om af te blaas uit n koeelgat net voor sy naeltjie. Een skoot moes dus deur sy pens van voor af onder uit gekom het.
Jeannie het my aan die arm kom vat en my styf vasgehou en ek kon die trillings deur haar lyf voel. Ek was dors en baie bewerig en lus vir my pyp, tog was ek half versteen en dit het n rukkie geneem voor ek kon praat. Die bakkies was so vierhonderd meter weg en ek het vir Luka en Jas gese in Matabele om die voertuie te gaan haal wetende dat Jas net eerste rat geken het. Hulle het geloop en ek het onder n boom gaan sit nog steeds taamlik vol senuwees en adrenalien. Ek het gesukkel met die pyp en eers weer water gedrink en Jeannie het eerste gepraat. “ Why did he do that Pine? I really don’t know Lovey, they do it because they are mean and because they can. He is an old warrior and they dislike people and lions. He gave me such a fright and he really has me shaken. I did not expect him to charge, he had no reason at all to do it, may be he wanted to commit suicide or even had a score to settle with hunters. This was close and my shot was a lucky one that broke his neck. Pine, Jas tackled me underneath that bush and he lay on top of me, I must thank him for that. He did it out of fear and nothing else. We will have to clean that rifle that he threw away before shooting it again.” Sy wou praat en ek wou stilte he en kon die bakkies hoor aan kom en het weer gaan staan waar vandaan ek geskiet het en die petalje probeer herleef. Die gedagtes het mekaar gejaag deur my kop en ek moes my self byna klap om weer reg te kom. Luka het gese dat hy en Jas gou die lechwe sou gaan laai en dan terug kom om die buffel te laai. Ek het my kop geknik, hy het geweet dat as ek stil was moes hy nie baie raas nie.
Ek het die buffel se tande gaan kyk, hy was al oud maar het nog n jaar of meer oor gehad. My bakkie was by my en ek het n klein vuurtjie gemaak vir koffie vir ons en begin om die 270 skoon te maak want sy loop was vol sand. Jeannie het vir haar koffie gegooi en vir my yskoue whisky sonder om my te vra of ek wou gehad het. Ons het n blikkie “bully beef” gedeel en kon begin praat. Ek was werklik lank laas in my lewe so geskud en ek wou n rede he daarvoor. Die fout moes by my gewees het, ek het dit al oorgekom maar was nog nie so geskud nie. Luka se eerste twee skote het die handbriek effens opgetrek en toe hy sy kop laat sak om te skep was my skoot die gelukkige een. Dinge kon baie maklik skeef geloop het. Weer het Selby, die meester wat hy was, se opleiding vir my alles in plek geval. Was dit net een jagter sou hy getrap gewees het. Luka se skote was beide goed, maar het nie die werwelkolom gebreek nie. Hy sou nie verder as honderd meter gegaan het nie. Dit was ver genoeg om nog baie skade te kon doen. Hy het so vinnig uit die ruigte gekom dat skootplasing blote geluk was. Dan het ek ook gewonder of dit altyd reg was dat een jagter op n slag skiet want dit was wat ek en Luka afgespreek het. Ek sou na hom skiet maar toe was sy kop nog hoog. Ek weet nie hoekom hy nie die bul tussen die oe geskiet het nie. Ek het die kans daarvoor gehad. Ek sou baie lank le en herkou oor die spesifieke buffel en nooit n ware antwoord kry nie. Ek het een besluit geneem, as ek reg was vir n skoot moes ek geskiet het en nie gewag het vir die ander jagter nie. Dit kon my duur te staan gekom het as my skoot nie goed was nie. Daar kon nie vir mekaar gewag word by n stormloop nie. Ek het dit lank met Jakkie bespreek en ook met Selby. Hulle raad was ook, as die teiken homself aanbied moet jy skiet, al is daar ook tien skuts, jy kon dalk nie weer die kans kry nie. Die idee was om so gou as moontlik die teiken plat te maak, dit moes die doelwit wees.
Die bakkie met die lechwe het gekom en ek het vir hulle koffie gegee en ook blikkies vleis en albei bedank vir hulle optrede en tog was ek nie tevrede met my eie optrede nie. Ons moes die bos ook vermy het en op die vloedvlakte gehou het. Dit was basies ons wat die bulle se gebied betree het, ek het darem die verskoning gehad van die muskiete en die warm son, die water en die bloedsuiers. Ons het die pens uitgehaal en ek was sommer vies want nou het die bakkie n swaar vrag gehad om deur die water mee te ploeter. Ek het besluit om noord te ry tot by die grootpad en dan padlangs huis toe te gaan. Toe ek die afdraai na Nyati vat het Jan Hugo op die radio geroep en gese dat daar n baie agterlike en honger groep boesmans in gekom het, ek moes tog iets skiet vir hulle. Daar was n puku en n lechwe en n ou taai buffel, dit sou hulle besig hou vir n paar dae. Die ou bul het so n bietjie meer sin begin maak.
21 April 1978