Jongste aktiwiteit:

Ons besoek weer die suide en die boere by Ghanzi en maak n draai in die Republiek
vir

Ons besoek weer die suide en die boere by Ghanzi en maak n draai in die Republiek

Herman en Xolile was nou die jagters wat die man van Siemens kon uitneem en toe ek by was met die eland en vark en tsessebe het ek gesien dat hulle in goeie hande was. Daar was gedurig verslae wat die staat wou he oor getalle van of boorgate en windpompe of probleem leeus by boere en ek kon nie net altyd mense se woord neem nie en moes gaan inspeksie doen. Daar was jagkonsessies waarby ek wou aan ry en Kabous het gese dat ons n paar dae moes Republiek toe kom want hy wou sy ouers sien wat by Hartebeespoort Dam gewoon het vir besigheid. Ek het vir Jakkie saam genooi maar hy was te besig en sou later as ons weer gaan saam gaan. Ek het my verskoning vir Lothar gaan aanbied dat ek nie sy jag sou voltooi saam met hom nie maar dat Herman Bekker en Xolile dit sou doen. Hy was baie tevrede daarmee en ek het geweet dat dit reg gedoen sou word.

Ek en Jeannie het gaan sit met die kaart en ek wou n roete uitwerk maar het daarteen besluit en ons sou net n aand by Selby slaap en dan na die suide gaan na die baie gawe boere want ek het dit nog steeds in my kop gehad om ook een dag te gaan boer in die dele wat so n goeie beeswereld was. Die staat het gesoek vir beleggers in die suide en dit was maar die rigting waarin ek opgelei was. Die hidroloog het my baie gehelp met die dokumentasie van die windpompe want ook dit moes maandeliks ingestuur word sodat Jakkie se ouers kon betaal word. Tog moes ek darem self gaan seker maak dat die state wat ons instuur elke maand reg en op datum was. Ek het n baie goeie verhouding met die staat gehad en wou dit nie laat skipbreuk ly nie. Ek het vir n goeie salaris gewerk en beide Selby en die staat het my goed betaal maar ek sou darem baie graag wou boer en miskien ook n staatshuurooreenkoms kry soos so baie boere gehad het. Ek het gedoen waarvoor ek na die land toe gekom het en het nie geweet of ek my lewe lank wou jag en bevolking tevrede hou nie. Kabous se ouers en Selby het my afgeraai, tog sou ek my eie huiswerk gaan doen. Ek het veeboerdery geken en het dit gestudeer en daarmee groot geword. Dit was net n vreemde wereld met ander uitdagings wat my sou verhoed en dan ook die ekonomie. Ek het nooit maer beeste gesien in Botswana waar daar werklik geboer en nie gespeel was nie, dit het maar sy aantrekkings krag gehad vir n historiese plaas kind.

Ek en Kabous sou mekaar oor vier dae kry in Maun an dan vlieg na ons land en vir bykans die eerste maal in jare het ons net die 270 saam geneem. Ek sou nie gaan jag nie maar net op n inspeksie toer gaan en veral op beesboerdery konsentreer en ook boerbokke. Ons het vleis en n rooster saam geneem en besluit dat ons sou braai waar ons sou honger word. Maria het my geliefde broodjie in gepak wat met bier en n blikkie “sweet corn” gebak was en dit was genoeg vir twee jong mense. Jeannie het genoeg klere in gepak en ek het die stasiewa “cruiser” wat die president vir ons gegee het geneem en gery.

Die Chobe is mooi in Maart en die baie reen het die wereld werklik n lushof gemaak en jy kon op enige plek stop en jy sou diere van n paar spesies sien. Omdat die bevolking so min was het die natuur homself geniet en daar was groot dele waar jy vir baie myle sou ry en nie n lewende mens sou sien nie. Dit was werklik vreedsame wonderlike Afrika met sy diere wat oor hulle self regeer het. Dit wat die jagters in n jaar afgehaal het was n klein breukdeel van die verliese. Botswana was mooi, baie, baie mooi en hy was stabiel en die gevoel van vrede en tydloosheid het oor my gekom. Ek het vir Selby die aand gese dat ek nou kon verstaan hoekom die boesmans nie wou anders lewe nie. Jy kon werkilik stop en met n geweer naby water kon jy vir jare oorleef en van die hele wereld vergeet. Net ten noorde van Shorobe het ons onder n Kremetart gaan stop en vuur gemaak en lekker teen die stam gaan sit en begin braai. Ek moes meer kwaliteit tyd saam met Jeannie deurbring en ek wou werklik die beste van die tyd maak. Daar het n toergroep mense gekom en ons het gesels en sy wat maar altyd beter met die Engelse taal as ek was het vertel en hulle het geluister. Ek het meer wors gebraai en ons kon ander mense van ander lande geniet en weer wereld nuus kry en almal het ons beny wat so sorgeloos was. Daar was n jagter by van Montana en ons kon lekker gesels, min toeriste het die siel van jagter verstaan. Hy kon nie glo dat daar in een deel van die wereld so baie soorte wild kon bestaan nie. Vanaf die braaivleisvuur kon ons sewe spesies tel.

Ons het op Makuku gekom en weer die boesmans gaan besoek en die nonne en sy het soos altyd weer die lekkers uitgedeel en die mense was gelukkig. Ek het teen middag by Selby gekom wat nog steeds n voelskietspan gehad het en ek het almal gaan groet. Wandi was al vir n gruime tyd weer die sjef en ons kon lekker gesels oor die ou dae toe ek nog so vreemd en bang vir die nuwe land en my heerser, Selby was. Selby, wonderlike leermeester en mens het weer sy beste kant voor gesit. Hy kon nou al n paar woorde in my taal praat maar ek moes hom reghelp, die man wat hom geleer het se mond sou met peper by my ma uitgespoel gewees het. Hy het nie geweet dat hy verkeerd doen nie en ek het gese dat hy maar liewers die taal moes los. Hy sou sy goeie naam skade berokken. Ons het later n bietjie besigheid gepraat en hy was werklik tevrede en het soos altyd my nasie daarvoor geprys. Hy het weer n paar leerling jagters gehad en hulle het maar taamlik oor hom gekla. Toe die whisky so effens begin loop het hy weer vir almal vertel dat hy eintlik my oom was en dat ons sukses in Botswana eintlik daar aan moes toegeskryf word. Ek het hom laat begaan, ek het hom so goed geken en geweet dat as hy gelukkig was moes daar nie inmenging plaasvind nie. Weer het on die oligantskietry bespreek en weer was hy tevrdede met dit wat ek gereel het. Ons het geslaap en die pad na Ghanzi die volgende more gevat. Ons moes deur Maun maar ek sou met die terug kom by die winkels aanry.

Soos altyd was die Odendaals die gasvryheid van self en hulle bure wat sewentig myl verder geboer het, suid wes van Tswaane was ook daar en ons kon leeus en gewere en bees boerdery praat. Hulle het maar gedurig leeu probleme gehad en ek het dit werklik as iemand anders se probleem gesien, ek was in die Chobe wat baie ver weg was en kon onmoontlik nie die hele land se probleem leeus skiet nie. Die staat het dit so verstaan en die mense het hulle eie leeus geskiet met die nodige permitte. Dit sou binne kort verander toe die Sentrale Kalahariwildtuin gestig was en die natuur manne daar die suidelike dele oorgeneem het. Roofdiere was n probleem vir beesboere en met die maak van kusmatige water het ons gehoop om die beheer oor die beeste makliker te maak. Dit was nie net leeus nie maar ook luiperds en hienas en jagluiperds en toe al het die jakkalse ook begin om in groot troppe kalwers te vang. Ek het geweet dat die boere hienas en jagluiperds geskiet het maar het my net dom gehou want dit was teen die wet. Die mense het baie beeste aan gehou maar nie sulke groot troppe nie want die water was die probleem. Afhangende van die reenval en seisoen het die grootte van die troppe ook verskil. Van hulle het hulle eie gronde gehad maar dit was werklik die mindere mate. Die meeste het n 99 jaar huurpag met die staat geboer en die huur was min. Daar was nie heinings nie en die troppe is deur boesmans opgepas en saans in swarthaak krale gejaag. Die beeste was mooi, meestal Afrikaners of – kruisings en hulle het werklik gedy op n lae maar baie effektiewe reenval deel. Infra struktuur het ontbreek en paaie en huise moes hulle maar bykans self maak, net die windpompe was opgesit deur die staat. Daar is ook met Dorpers geboer wat toe nog maar n onbekende ras in die land was en met baie boerbokke, dit moes alles gekraal word elke aand. Staats veeartse het die inentings kom doen en daar was getoets vir bek en klouseer en korrdor siekte op n gereelde basis.

Bemarking was maar die meeste gevalle deur spekulante gedoen en omdat dit so ver van die beskawing was is die troppe met mense en perde aangejaag na sentrale punte waar hulle gelaai was. Baie boere het konstante marke gehad wat deur die jare opgebou was en hulle het goed gedoen. Dit was eintlik maar meer die groot getalle wat kon opmaak vir die lae pryse. Ek het dit nooit geweet nie maar hier was boere deur Cecil John Rhodes gevestig om die Duitse uitbreiding na die ooste van Afrika te stop. Baie se huistaal was Engels en ons het by vier boere aan gery en ek kon so min of meer n prentjie van landbou vir my self uitwerk en sien hoe die mense boer en wat die landbou ekonomie werd was. Ons het een aand by n gesin Hatherall geslaap wat baie gaaf was en ook die windpompe geniet het. Dit was n harde ongenaakbare wereld en jy moes dit geken het en daarvoor ingestel wees. Dit was bykans soos om in die boendoes met geen infrastruktuur te gaan boer, ver van die beskawing en ander mense af maar tog baie vreedsaam en die staat het hulle baie gehelp om finansieel te begin van voor af. Rente koerse was laag en subsidies het bestaan en die grond is baie goedkoop gehuur. Na baie oorweging het ek besluit om die boerdery maar vir eers as n onuitvoerbare droom te sien, tog was ek bly dat ek dit gaan ondersoek het. Dit sou baie beteken as ek dit tog een dag wou gaan doen. Nietmin het ek by die staat net vir die grap aansoek gedoen en dit was binne dae goedgekeur, ek het hulle gevra om dit eers op die ys te sit.

Ons het terug gery na Maun en weer by Rileys gaan eet en sy het weer gegaan vir mooi maak sessie en ek was vervelig en het maar deur die dorpie gery en die Asiatiese winkels deur geloop en die hordes vrouens wat oral mandjies verkoop het en ander goed eie aan Afrika. Ek het die lughawe by Maun gaan besoek en daar was vlugte wat daagliks na Johannesburg en ook Gaborone en die Valle gedoen was deur Air Botswana. Hulle het selfs Winhoek en Salisbury ook daagliks gedoen en dit was iets nuut vir my wat maar altyd van Kabous se pa se vliegtuig gebruik gemaak het. Ek was bly dat ek dit geweet het en het na Matlapaneng gery wat net n swart nedersetting was so n paar myl ten noorde van Maun en ek het deur die woonbuurt gery wat maar net eg Afrika was maar met baie vriendelike mense. In die middel van die nedersetting was n hele versameling mense besig om in lang rye te staan en daar was vragmotors en selfs busse. Ek wou weet wat daar aangaan en het wit mense gesien en met hulle gaan praat. Dit was agente van ons myne en hulle het kom werkers werf en dit was n hele versameling van tafels en stoele en ID boeke en tasse en die wat klaar was is weg gery na die suide. Daar is selfs mense van Mahembo gevlieg na Francistown en van daar per voertuig na ons land geneem. Ek het die bevolking geken en werklik geweet dat hulle nie die flukste mans in Afrika gehad het nie en het gewonder hoe die duisende mense op ons myne sou doen. Almal was ook nie Tswanas nie, daar was selfs rivier boesmans by en hulle is ook myne toe. Daar was selfs mense uit die Caprivi wat wou myne toe gaan want ek het een herken wat naby Mapatcha gewoon het en hom gaan groet, ons kon so biejie oor die Caprivi praat. Hy het gese dat die weermag baie doenig was met basisse en paaie en dat die wild baie skaars was.

Ons het die aand by Rileys geslaap en weer n paar manne onmoet wat ek geken het en Kabous en Monica was ook daar want ons sou die volgende more vlieg na ons land. Ons het soos gewoonlik op Waterkloof geland waar Kabous se pa maar altyd geland het op sy toere en was sommer vroeg middag by hulle huis by Hartebees poort. Dit was soos altyd lekker om in die Republiek te kon wees en dit sou net vir twee aande wees en dan weer terug Botswana toe. Die huis het n baie mooi uitsig op die water gehad en die motor bestuurder van hulle het vir my en Jeannie geneem na die waar die bote vasgemeer gele het. Kabous wou besigheid praat met sy pa en ek wou nie teenwoordig wees nie en het op n huurboot gegaan wat toere op die water gedoen het. Dit was in die middel van die week en ons was al mense aan boord en die boot het rustig geluier en al met die water op gevaar. Dit was werklik tyd om te geniet en ons het gesels soos baie lank laas en n drankie geniet en die land wat ek so lief gehad het dopgehou van die water af. Die rykdom van my land was werklik in skrille kontras met die armoede en onder ontwikkelde Botswana. Hier was egter nie diere nie en dit het teenoor Botswana byna soos die dood gelyk. Waar daar so veel water was in Botswana sou duisende diere en voels gewees het en ten minste baie krokke en seekoeie. Hier was net mense en bote en huise. Ons kon die beskawing geniet en weer by die “steak house” gaan eet waar ek was voor ek VSA toe gevlieg het. Hier kon ek koerante en tydskrifte koop wat en lank laas kon doen en net weer lees oor wat in my eie land aan die gang was. Ek kon my ouers bel op n gewone telefoon en baie lank met hulle praat en net die beskawing weer geniet.

Ek het Pretoria maar swak geken maar Monica, Kabous se vrou kon ons rond ry terwyl hy en sy pa besig was. Hulle het my by die dieretuin gaan aflaai en hulle het die winkels binne gevaar. Dit was rustig en heerlik en ek het vir prof. Fritz Ellof gebel van die dieretuin af en ek en hy het saam middagete geniet. Die middag het hy my op n toer geneem na al die ou Boere oorlog forte en die Voortrekker monument en ek wou vir kolonel Paul Bothma gaan besoek by die polisie kollege. Hy was die bevelvoerder daar en ook die man wat die perde afdeling gelei het met die parlements opening elke jaar. Hy was n goeie vriend van n hele paar jaar en het my ouers geken. Om saam met prof te kon wees en die geskiedenis en die agtergrond van bykans elke gebou waar ons verby gery het was werklik n belewenis. Hy was n baie intelligente man en ons kon mekaar vir ure besig hou met natuur dinge en boesmans. Ek wonder of daar iets in die lewe bestaan het waaroor hy nie n intense intelligente gesprek kon voer nie. Hy moes die aand by Noord Tranvaal se rugby vergadering wees en het beloof om te kom kuier in Botswana. Baie baie wyd belese mens vir wie ek baie respek en liefde tot vandag nog het. Hy het vir my n kopie gegee van sy tesis oor die Kalahari leeu en dit is vandag nog een van my trotse leesgoed. Voor in staan geskryf. “Aan my goeie vriend wat sy drome in Botswana kom uitleef het en dit ten volle reggekry het. Geteken Fritz Ellof.” Ek het werklik baie nederig en dankbaar hieroor gevoel.

My Pa se broer het in Menlo Park gewoon en ek het hom geskakel en die aand by hulle gekuier, Kabous se pa se drywer het vir my en Jeannie geneem. Ek was te dom met Pretoria en ek kon darem weer familie sien wat ek baie lank laas gesien het. Alles was effe vreemd maar tog heerlik en ek het besef dat ek meer in die beskawing sou moes kom of ek sou heeltemal afsterf en begin anders redeneer as wat n mens moes. Hier kon ek ook die politieke situasie weer nuut hoor en dit het maar nie goed gelyk nie. Ons het lank oor Botswana gepraat en dit wat ons daar doen en hoe n mens eintlik maar afsterf van die beskawing af en leer om te oorleef met dit wat jy het en wat die wereld jou bied. Tog was ons gelukkig in Botswana en het dit werklik geniet. Dit was n groot familie grap dat die kleinseun van n Kaapse rebel waarvan hy ook die naam gedra het so verlief was op n meisie van die VSA. Ek was al wat my oupa se naam gehad het en sy geslag kon laat voort gaan en soos dit vir hulle gelyk het sou dit met n uitlandse meisie wees. Tyd sou leer.

Kabous het die volgende more gevra of daar nog iets was wat ons wou doen in Pretoria of dalk by wapen winkels wou wees. Ek het werklik niks nodig gehad nie. Selfs baie van my jagklere was deur kliente vir my gelos en rugbybroeke en tekkies het ek sommer op Maun gekoop. Dit was maar ons somer jagdrag. Ons winterdrag het ek so baie van gehad wat gewissel het van kamoeflering tot nog van die kakie hemde wat my Ma by die Jood gekoop het met jeans. Jeannie het in die VSA genoeg gekoop en my messe en gewere was genoeg. Ek het werklik sonder enige rede saam gekom na ons land toe. Jeannie het genoeg gekoop van dit wat hulle maar altyd nodig gehad het. Sy het gehou van mooi lyk as daar gaste sou kom. Ek het sommer by die tabak winkel genoeg voorraad vir my en die boesmans vir n paar maande gekoop. Ma het gese dat ek seker net kom twak koop het in ons land. Ons het weer derms en speserye gekoop en n paar goed wat maar skaars was in Botswana. Ek het werklik niks kom doen nie en net die klein breuk geniet. Kabous het kom se dat ons oor Windhoek moes vlieg want sy pa se mense het die lughawe daar vergroot en hy wou inspeksie gaan doen en ons sou n aand daar slaap in die vriendelike stad. Op pad terug van die VSA af het ek in die stad geslaap en my altyd belowe om dit weer te doen. Ek was werklik verlief op die wereld en sy mense.

Ek en Jeannie het n taxi geneem en die Ovambo het ons bykans die hele Windhoek en ook die woonbuurt Katatura gaan wys en die bobbejane by die ashoop en ook koedoes wat net n paar kilos buite die stad was. Werklik n baie mooi stad met baie vriendelike mense en ons het die aand daar geslaap en die gasvryheid geniet. Ek was by n wapenwinkel in waarvan ek die naam nie meer kan onthou nie en het die aand by die hotel die Duitse kos en musiek geniet. Ek het ongelukkig niks in my dagboek opgeteken of die bandopnemer gebruik nie en die deel is verlore en net op my herinneringe aangewese.

Ons is vroeg die volgende more weg met die vliegtuig en dit het na reen gelyk in die rigting van Botswana en toe ons Maun nader want ons kon nie op Makuku se grondaanloop baan land nie, het dit sterk gereen en het n n klompie kameelperde gesien wat met die agterkante reen op staan. Ons het darem veilig geland en ek wat maar nooit lief vir vlieg was nie was baie dankbaar om my voete weer op vaste grond te kon he. Ek het ons voertuie gaan haal en sopnat gereen, dit was werklike reen en die gedeelte sou baie mooi word want hy het al baie reen gehad. Ons het by Selby gaan slaap want ek was bang dat die paaie onrybaar sou wees. Vreog die volgende more is ons weg na my blyplek en ek was dankbaar om weer die bakkie noorde toe te draai. Ek het die uitstappie geniet en vir die vrouens was dit natuurlik n besoek aan bykans die hemel self. Die Duitser was nog daar en ook John Gleeson wat nou begin haastig word het om weer in die VSA te kom. Ek sou die man en sy dokter mis, hulle het vir my m mediese voorraad ager gelaat waarmee ek bykans alles me kon gesond maa.

“Thank you for taking me along, it was very nice to see civilisation again and do some shopping and also some girl talk. It was very nice being in Windhoek and we must surely visit there again. I also enjoyed it and it is as if I found new courage to go on. You will never have a lack of courage Pine. You will be surprised Lovey, I was nearly fed up when I got into that plane.”

9 April 1978

Opmerkings:

Toe ek die aanvanklike twee jaar in Botswana gaan aanpak het, het ek besef dat ek n fase van my lewe gaan betree wat ek moes kon onthou. Ek het begin deur dagboek te hou in ou A 4 oefeningboeke maar dit was gou te veel moeite en die lang dae en lee penne het my frustreer. Toe ek in die VSA by Jeannie was het sy vir ons twee bandopnemers en baie baie lee bande gekoop en ek kon dus as ek moeg was net le en praat en opneem en sy ook. Die bande is genommer en geliaseer en dit het my dae baie makliker gemaak.

Die spooropnames by waters het dertig bande van 90 minute elk opgelewer en ek het daar aan nog nie eens geraak nie. Hier is meer as 400 bande en n hele wynboks vol boeke wat ek neergeskryf het voor ek met die opnames begin het. Op twee maande na was ek ses jaar in Botswana en vir al die jare le die goed maar hier want daar was nooit werklik tyd om dit te begin boekstaaf nie. Nou het ek so af en toe bietjie tyd en sal ek daaraan werk. Dit was die dae voor die elektronika die wereld betree het en op fotos het ek geweldig uitgemis. Ek is besig om dit ook te versamel maar daar is maar min. Kameras het destyd nog los films gehad wat moes ontwikkel word en videos het glad nie bestaan nie. Dit was maar die ou 16mm rolprent goedjies wat baie breekbaar was en die ou filmpies is baie gou deur gespeel.

Ek probeer dit met die forum deel en met my goeie vriende hier wat dit waardeer. Die wat nie daarvan hou nie, soos Jakkals gese het, hou maar verby, doodmaak is nie vir amal nie en lang onsamehangende stories seker ook nie. Vir die wat dit geniet en positiewe terugvoer gee, baie dankie. Ek sal nog so n rukkie probeer aanhou maar het ook maar net so veel tyd tot my beskikking. Ek skryf maar net soos ek praat want ek het werklik geen opleiding daarin nie. Daar is n magdom kennis wat ek opgedoen het in die land wat so vele moontlikhede gebied het en ook was die land baie goed vir my. Ek wou dit maar net deel met mede jagters.

Geseend Manne en Loop Mooi, Pine.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed